Intussen beoog die studente-organisasie, SASCO, om vandag ’n protesoptog na Pandor se kantoor omdat hulle ontevrede is met die manier waarop die universiteitsowerhede die saak hanteer het.
Die Minister van Onderwys, Naledi Pandor, wil toesien dat owerhede ferm optree teen die vier studente wat verantwoordelik was vir die produksie van die rassistiese wat verlede week soveel opslae veroorsaak het op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.
Myns insiens was die insident by Reitz-koshuis wat op video vasgelê is en reeds CNN gehaal het ‘n grap; enigeen wat al in ‘n koshuis was, weet tot watter belaglike optrede groepsdruk veral jong seuns of mans kan oorreed. Maar ons moet ook toegee dat ons in ‘n abnormale land woon wat deur intense geweld en wedersydse rassegevoelens gekenmerk word. Die blanke Afrikanerman is van alle mag en invloed gestroop en word openlik deur die media en reklamebedryf (vgl. maar die Vodacom-advertensies) bespot as ‘n soort gekastreerde imbesiel. Een moontlike verklaring vir die seuns se optrede kan dus daarin geleë wees dat hulle ‘n magsfantasie probeer uitleef het deur swart vroue te verneder terwyl dit in die werklike lewe anders gesteld is en hulle waarskynlik daagliks deur swart amptenare of maghebbers verneder word. Trouens, die transformasie van die UV-kampus en koshuise verteenwoordig ‘n verskriklike demonstrasie van swart mag wat selfs bepaal met wie ‘n student sy kamer moet deel.‘n Johannesburgse Engelstalige koerant (The Star) het die gebeure met ‘n Leon Schuster-film vergelyk. Dit wás uiters banaal. Maar daarom is die ongekende reaksie van die media, sowel plaaslik as internasionaal, so interessant. Hierdie banale en onbenullige insident word aangebied asof dit van dieselfde belang is as Iran se kernprogram, die Amerikaanse presidentsverkiesing of die jongste nuus oor die Israel-Palestinakonflik. Ook die plaaslike politici het nie op hulle laat wag nie en veral die DA het onmiddellik op sy mededinger, die Vryheidsfront Plus, toegesak en hom daarvoor geblameer. In Suid-Afrika is urine politiek en elkeen wil graag toustaan vir sy beurt by die urinaal.
Die feit dat soveel kommentaar op die Afrikaner fokus, ook in die Britse koerante, wil vir ons sê dat Engelse dit as ‘n geleentheid sien om tot hul eeue-oue spel van Afrikanerverguising oor te gaan. Waar Engelse hulle aan dieselfde of soortgelyke "rassistiese" gedrag skuldig maak, word dit eenvoudig afgelag en in ‘n "goeie gees" aanvaar. So was daar vandeesweek, te midde van die Reitz-bohaai, ‘n episode op Hoëveldstereo waarin Jeremy Mansfield ‘n swart vroulike leerlingbestuurder op die lug verneder het met allerlei absurde vrae en ook toespelings gemaak het dat die hele land se verkeerspolisie korrup is. Van die vrae wat aan haar gestel is, was onder meer hoeveel sy dink die gangbare bedrag is waarmee mens ‘n verkeerspolisieman moet omkoop.
Waarskynlik die enigste positiewe uitslag van die hele bohaai is dat die reënboognasieteorie nou finaal ontmasker is as ‘n blote set om die Afrikaner van sy politieke, institusionele, kulturele en taalregte te ontneem. Reitz en veral die oorreaksie daarop sê vir ons dat ons dringend ‘n ander politieke model nodig het as die fantasie van demokrasie en versoening wat onlangs aan ons opgedis is en in die praktyk niks beteken nie.
In die VSA het gedwonge integrasie na 50 jaar nie tot groter harmonie en wedersydse begrip gelei nie, maar tot meer de facto-segregasie en rassehaat. Tans word hier by ons ʼn geslag blankes op die skoolbanke groot wat hul eie status as tweederangs ervaar. Daar word teen hulle gediskrimineer sover dit toegang tot universiteitstudie en uiteindelike werkgeleenthede betref. Sowel die staatsdiens as groot maatskappye reserveer deesdae feitlik alle poste vir “voorheen benadeeldes”, wat ʼn eufemisme vir swartes verteenwoordig.
Transformasie, regstellende aksie en alles wat daarmee saamhang, veroorsaak onvermydelik rassespanning, selfs rassehaat, veral onder jongmense wat die ergste daaronder deurloop. Die gebeure by Reitzkoshuis en veral die reaksie daarop, verteenwoordig ʼn byna volmaakte illustrasie hiervan.
Terwyl blanke rassisme jeens swartes in Suid-Afrika ʼn marginale verskynsel verteenwoordig, kan dieselfde nie van anti-blanke gevoelens gesê word nie. Miljoene swartes, vanaf president Mbeki wat reeds herhaalde anti-blanke uitsprake gemaak het, is van mening dat blankes boos is en nie in Afrika hoort nie. Trouens, tydens inbelprogramme op radiostasies het vele swart inbellers vandeesweek van ʼn komende rasseoorlog gepraat. Indien ʼn onbenullige studentepoets in Bloemfontein genoeg is om emosies so op te jaag dat mense dreig om mekaar oor rasgrense heen te begin doodmaak, is dit mos duidelik dat die huidige stelsel en veral die ANC-leierskap totaal misluk het om enige harmonie of vrede in die land te bewerkstellig.
ʼn Tyd gelede het sms’e rondgevlieg om teen die “nag van die lang messe” na Mandela se dood te waarsku. In Rwanda is die staatshoof se vliegtuig darem afgeskiet voordat Hutu’s begin het om Tutsi’s voor die voet uit te moor. In ekstremistiese Suid-Afrika is geen ernstige politieke insident blykbaar nodig om volksmoordgevoelens onder die swart bevolking gaande te maak nie. Al wat nodig is, is ʼn paar bottels bier, ʼn rugbybal en sprake van urine.
Die Franse maatskappy Alstom gaan ‘n reusekragstasie naby Witbank in die Oos-Transvaal aanbring.
Die kragstasie naamlik Bravo, is ontwerp om vier duisend sewe honderd en vyftig megawatts elektrisiteit te produseer.
Die vise-president van Alstom, Philippe Joubert, sê die transaksie sal Vrydag deur die Franse president Nicolas Sarkozy en President Thabo Mbeki onderteken word.
Die transaksie is vyftien miljard rand werd.
ʼn Video van Kovsie-werknemers op hul knieë wat vleis eet waarop daar geürineer is, is gister in die “sterkste moontlike terme” deur die universiteit verwerp.
Die video, wat by die Reitz-manskoshuis gemaak is, het Dinsdagoggend aan die lig gekom en volg op onluste op die kampus verlede week oor die universiteit se gedwonge integrasiebeleid.
“Die uitvoerende bestuur van die UV verwerp die video in die sterkste moontlike terme as ʼn growwe skending van die werkers se menswaardigheid,” het die universiteit in ʼn verklaring wat op sy webwerf gepubliseer is, gesê.
Die woordvoerder van die Demokratiese Alliansie in die provinsie, Liana van Wyk, wat die video gesien het, het dit as “skokkend en onmenslik” bestempel.
Die video toon vier blanke mansstudente wat vier swart, bejaarde vrouewerkers ʼn bottel bier laat drink, ʼn wedren hardloop, rugby speel en dan kniel om vleis te eet waarop daar geürineer is, het sy gesê.
“Dit lyk asof hulle gewillig deelgeneem het maar hulle het nie geweet watter doel die video dien nie… dit was besonder vernederend om die taamlik senior dames op hul knieë te sien terwyl hulle die vleis eet.”
Die manskoshuis is gevra om ʼn video te maak en hulle het integrasie as die onderwerp gekies.
Die koerante en nuuswerwe is vol van die sogenaamde walgvideo, waarin studente in ‘n manskoshuis op Kovsies glo swartes vleis maak eet waarop daar geürineer is.
Die studente se manier van kommunikasie is weliswaar kru en ongevraagd, maar dit het tog hulle punt effektief oorgedra: integrasie stuit hulle teen die bors. Dis ‘n vorm van kommunikasie, byna nes die afbrand van ‘n paar treinwaens weliswaar ‘n oortreding van die wet is, maar wel die punt oordra dat pendelaars moeg is vir vertragings. Of wat van swart studente wat gereeld slaags raak met die polisie en kampusse verwoes? Dis ook ‘n vorm van kommunikasie met die owerhede.
("Ontheffing" is natuurlik ‘n welbekende ritueel in koshuise. Ek moes self walglike brousels eet en drink toe ek onthef is. Ek het vir dae lank moes skrop om die mengsel van olie en mercurochrome af te kry. Of ontheffing in dieselfde liga van kriminele gedrag val as die afbrand van ‘n treinwa of die verwoesting van ‘n kampus, is nie seker nie.)
Professor Fourie, die rektor, se hoogheilige weersin in die voorval word ook in die berig weergegee. Siestog. Ek het geen simpatie met die rektor nie. Die walglike beleid van gedwonge integrasie, waaraan Fourie regstreeks aandadig is, is die grondoorsaak van hierdie voorval. Was dit nie vir Fourie-hulle se Orwelliaanse agenda nie, waarin mense teen hulle sin gedwing word om te integreer, sou hierdie voorval nooit plaasgevind het nie.
As Professor Fourie enige integriteit van welke aard ook al gehad het, sou hy die eerbaarheid aan die dag gelê het om te bedank. Sy optrede en sy afstootlike beleid van gedwonge integrasie het regstreeks gelei tot hierdie voorval.
Tata Motors van Indië het Jaguar en Land Rover by Ford gekoop. Die motorvervaardigers, Tata en Ford het met die Britse motorbedryf vergader om die transaksie te beklink.
Motorvoertuigeienaars kan hulself maar voorberei op ʼn reeks petrolprysstygings wat aanstaande week sal begin met die hoogste enkele verhoging in die geskiedenis.
Ekonome voorsien dat die prys van brandstof aanstaande week met tot 63 sent per liter kan styg.
Gesamentlike optrede deur polisie en doeanebeamptes by Jan Smuts-lughawe het vroeg vanoggend daartoe gelei dat daar op 122 kilogram kokaïne beslag gelê is.
Koerantberigte dui aan dat die ANC-president, Jacob Zuma, verlede week blykbaar privaatontmoetings met die eerste minister van Mauritius, Navichandra Ramgoolam, gehad het. Dit wil voorkom asof die vergadering deel uitmaak van Zuma se pogings om die Suid-Afrikaanse owerheid te verhoed om getuienis teen hom uit daardie land te verkry.
Amptenare van Mauritius het blykbaar volstrek geweier om op oproepe van Zuma se regsverteenwoordiger te antwoord.
Zuma het verlede week ʼn beëdigde verklaring van 12 bladsye by die Hooggeregshof van Mauritius ingedien.
Dit is deel van sy pogings om die land te verhoed om getuienis aan die Suid-Afrikaanse owerheid te oorhandig wat teen hom gebruik kan word in sy komende verhoor op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery.