Die drie-uurlange konsert sal ook Mandela se veldtog teen vigs ondersteun. Hy het sy seun in Januarie 2005 aan vigs afgestaan.
Presies 46 664 kaartjies is te koop aangebied.
Nelson Mandela het in Brittanje aangekom waar hy sy negentigste verjaardag sal vier. 'n 46664-konsert sal ter ere van hom in Londen se Hydepark gehou word.Die drie-uurlange konsert sal ook Mandela se veldtog teen vigs ondersteun. Hy het sy seun in Januarie 2005 aan vigs afgestaan.
Presies 46 664 kaartjies is te koop aangebied.
Norman Arendse het gister aangekondig dat Krieket Suid-Afrika hulle plaaslike ooreenkomste met die Zimbabwiese Krieketunie gaan opskort. Arendse sê hulle sal nietemin aanhou om hulle neer te lê by die Internasionale Krieketraad se toekomstige toerprogram wat Zimbabwe betref, omdat hulle as 'n volle lid van die Raad verplig is daartoe.
Suid Afrika se volgende reeks met Zimbabwe is geskeduleer vir September 2010, in Suid-Afrika.
Stikstof en fosfor wat hoofsaaklik van landbou afkomstig is, vloei in die see en dien as kunsmis wat sodoende plantegroei verhoog.
As al die oortollige alge na die bodem van die see sink, verrot dit en gebruik al die beskikbare suurstof op.
Die proses word eutrofikasie genoem en die aantal sulke dooie sones het vanaf 44 in 1995 tot 169 tans gestyg.
Daar was die afgelope tyd heelwat media-oproepe vir blanke Suid-Afrikaners om tuis te bly en nie te emigreer nie. Maar om tuis te bly beteken om misdaad, beurtkrag, vuil water en nou ook xenofobie teen te werk.
Sedert die elektrisiteitskrisis in SA, het die volgende langsamerhand na vore gekom:
80% van Eskom se winste kom van die residensiële mark wat minder as 20% van die elektrisiteit verbruik. 80% van hierdie winste gaan na die steenkoolverskaffers wat beteken dat die hoofsaaklik wit middelklas van SA sekere swart steenkoolmiddelmanne verskriklik ryk maak.
Wanneer Eskom dus beurtkrag toepas, sny hy krag by sy winsgewende kliente af – ons gewone middelklas – omdat ons geen politieke bedreiging is nie. Wat egter gebeur is dat die residensiele elektriese verbruik met ongeveer 10% daal wat beteken dat Eskom se (totale) winste ook met 10% daal. Die steenkoolmiddelmanne kry dus minder geld en dít is 'n politieke probleem.
Word Eskom verder ondersoek, word gevind dat die verwagte kosprys (wat hy van homself verlang), R00.18/kwu is, terwyl hy minder as dit verkry vanaf oorsese en nywerheidsentiteite. Wanneer die wins dus daal, kan minder en minder van hierdie subsidiëring plaasvind en kan die gevolgtrekking gemaak word dat die hele land en sy bure effektief op die rug van die wit blanke ry, vandaar die oproep na blankes om terug te kom na SA.
Die blanke in SA moet dus nie net die uitheemse swarte in Mosambiek of Malawi van (sy) krag voorsien nie, van (sy) kos en (sy) werk nie, maar moet na dit alles keer dat dieselfde monde wat hy gevoer het, hom vermoor. Dít verg 'n idio-emosionele balans.
Een ding wat mense moontlik kan help om hierdie emosionele balans te hou, is om 'n redelik onbekende wet te gebruik naamlik PAJA – Promotion of Administration Justice Act (Wet 3 van 2000).
Dit is nie van veel hulp vir die sakemanne nie. Maar die arme werknemers wat blootgestel word aan swak administratiewe bestuur, het hiermee 'n direkte heenkome tot 'n mosie in die hoër howe. Hierdie wet is direk afgelei vanaf die grondwet en val dus buite die arbeidswet. Personeel kan dus sonder die witboordjiestigma van vakbondhulp hulself wend na regsbevele. (Eskom se personeel byvoorbeeld.)
'n Ander wet waarmee die administratiewe foutjies vasgevat kan word, is natuurlik die Public Finance Management Act 1999.
Hierdie wet is amper drakonies in wese en amper onoorwinbaar indien toegepas. Al wat moet gebeur, is dat die gewone (Eskom-) man in die straat hierdie wette in hul volle omvang moet gebruik. Meestal is 'n mate van regshulp nodig en daar is vakbonde van nut. Maar die bereidwilligheid van kundiges moet nie onderskat word nie. Om emosionele balans te behou, moet mens soos die advertensie sê “sien die potensiaal (van die wette) en wag dan vir die (oortredings-) geleentheid om voor te kom”.
Morgan Tsvangirai het hom tot die Nederlandse ambassade in Harare vir skuiling gewend.
Nietemin ontken Tsvangirai se woordvoerder, George Sibotshiwe, dat die leier van die MDC in die ambassade skuil, en beweer dat sulke berigte vals is.
Die ambassade kon nie sê hoe lank Tsvangirai daar gaan bly nie.
Intussen het oproepe om 'n regering van nasionale eenheid in Zimbabwe gister op dowe ore geval en is deur sowel Zanu-PF as die MDC geïgnoreer.
Bantu Holomisa vra dat daar 'n einde kom aan die struikelblokke wat in die weg Duitse en Britse owerhede geplaas word in 'n ondersoek na die wapentransaksie.Hy sê hy is bekommerd oor berigte dat Justisieminister Brigitte Mabandla die saak verder laat sloer.
Die UDM-leier het aan die ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe geskryf om hom te vra om Mabandla te keer om die NV se ondersoek te kortwiek.
Holomisa het ook 'n beroep op Mantashe gedoen om die wapentransaksie-ondersoek op die sakelys gedurende die ANC se nasionale werksvergadering vandeesweek te plaas.
Twee lede wat voorheen na bewering vir Mcebisi Skwatsha, die Weskaapse provinsiale sekretaris van die ANC, aangeval het, is gister na 'n dissiplinêre verhoor uit die party geskors.
Die twee mans, Ndikho Tyawana en Sicelo Mvunyiswa het nie die verhoor bygewoon wat gister by die party se provinsiale kantoor in die Kaapstadse middestad gehou is nie.
Vroeër in die dag is Tyawana op borgtog van R1000 vrygelaat toe hy in die landdroshof op Worcester verskyn het op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Na bewering het hy Skwatsha twee weke gelede tydens 'n partyvergadering in dié Bolandse dorp met 'n mes in die nek en rug gesteek.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het gister die Zimbabwiese regering afgeraai om voort te gaan met die opvolgverkiesing vir die presidentskap.
Na 'n vergadering van die Veiligheidsraad van 15 lande, het Ban Ki-moen die owerheid van daardie land gevra om Vrydag se opvolgverkiesing te kanselleer. Volgens hom sal dit net verdeeldheid in die land verhoog en tot 'n uitslag lei wat nie geloofwaardig is nie.
Ban het ook begrip uitgespreek vir die besluit van opposisieleier Morgan Tsvangirai om van die presidentsverkiesing te onttrek. Die VN-hoof meen dat daar te veel geweld en te veel intimidasie was.
Hy het bygevoeg dat die probleme in Zimbabwe die hele streek beïnvloed en dat dit die grootste enkele uitdaging vir streekstabiliteit in Suider-Afrika verteenwoordig.
Hy sê dit is tragies om te sien hoe Bafana Bafana die grap van die internasionale sokkerwêreld geword het.
Queiroz sê dit is pateties wanneer mense Suid-Afrika se oorwinning oor die ongerekende Ekwitoriaal-Guinee vier.
Queiroz, wat Sir Alex Ferguson se hulpafrigter by Manchester United is, sê die behoorlike strukture ontbreek.
Hy sê Bafana Bafana het 'n wonderwerk nodig anders gaan hulle verneder word tydens die 2010-wêreldbeker.
Die olieprys het weer gestyg in weerwil van pogings deur olieproduserende lande om 'n manier te vind om dit hok te slaan.
Die wêreld se grootste produsent, Saoedi-Arabië het vroeër planne aangekondig om produksie te verhoog. Dit sal 'n algehele verhoging van vyfhonderdduisend vate per dag sedert Mei tot gevolg hê.
Die nuus het egter geen demper op stygende oliepryse geplaas nie.
Londense Brent-ruolie se prys het gister tot $136,24 per vat gestyg.
Die prys van olie het sedert die begin van die jaar met veertig persent toegeneem.