Sedert die elektrisiteitskrisis in SA, het die volgende langsamerhand na vore gekom:
-
80% van Eskom se winste kom van die residensiële mark wat minder as 20% van die elektrisiteit verbruik. 80% van hierdie winste gaan na die steenkoolverskaffers wat beteken dat die hoofsaaklik wit middelklas van SA sekere swart steenkoolmiddelmanne verskriklik ryk maak.
-
Wanneer Eskom dus beurtkrag toepas, sny hy krag by sy winsgewende kliente af – ons gewone middelklas – omdat ons geen politieke bedreiging is nie. Wat egter gebeur is dat die residensiele elektriese verbruik met ongeveer 10% daal wat beteken dat Eskom se (totale) winste ook met 10% daal. Die steenkoolmiddelmanne kry dus minder geld en dít is 'n politieke probleem.
Word Eskom verder ondersoek, word gevind dat die verwagte kosprys (wat hy van homself verlang), R00.18/kwu is, terwyl hy minder as dit verkry vanaf oorsese en nywerheidsentiteite. Wanneer die wins dus daal, kan minder en minder van hierdie subsidiëring plaasvind en kan die gevolgtrekking gemaak word dat die hele land en sy bure effektief op die rug van die wit blanke ry, vandaar die oproep na blankes om terug te kom na SA.
Die blanke in SA moet dus nie net die uitheemse swarte in Mosambiek of Malawi van (sy) krag voorsien nie, van (sy) kos en (sy) werk nie, maar moet na dit alles keer dat dieselfde monde wat hy gevoer het, hom vermoor. Dít verg 'n idio-emosionele balans.
Een ding wat mense moontlik kan help om hierdie emosionele balans te hou, is om 'n redelik onbekende wet te gebruik naamlik PAJA – Promotion of Administration Justice Act (Wet 3 van 2000).
Dit is nie van veel hulp vir die sakemanne nie. Maar die arme werknemers wat blootgestel word aan swak administratiewe bestuur, het hiermee 'n direkte heenkome tot 'n mosie in die hoër howe. Hierdie wet is direk afgelei vanaf die grondwet en val dus buite die arbeidswet. Personeel kan dus sonder die witboordjiestigma van vakbondhulp hulself wend na regsbevele. (Eskom se personeel byvoorbeeld.)
'n Ander wet waarmee die administratiewe foutjies vasgevat kan word, is natuurlik die Public Finance Management Act 1999.
Hierdie wet is amper drakonies in wese en amper onoorwinbaar indien toegepas. Al wat moet gebeur, is dat die gewone (Eskom-) man in die straat hierdie wette in hul volle omvang moet gebruik. Meestal is 'n mate van regshulp nodig en daar is vakbonde van nut. Maar die bereidwilligheid van kundiges moet nie onderskat word nie. Om emosionele balans te behou, moet mens soos die advertensie sê “sien die potensiaal (van die wette) en wag dan vir die (oortredings-) geleentheid om voor te kom”.

Daar was die afgelope tyd heelwat media-oproepe vir blanke Suid-Afrikaners om tuis te bly en nie te emigreer nie. Maar om tuis te bly beteken om misdaad, beurtkrag, vuil water en nou ook xenofobie teen te werk.