Die volk, die vlag, die vrees

ImageEk, anders as Desmond Tutu, wat kopiereg op die benaming het, is ten gunste van die ideaal van die Reënboognasie: Elke kleur anders, elke kleur presies op sy eie volwaardige plek, onvermeng – inderdaad onmengbaar. Dit is, as jy daaroor dink, ‘n eksie-perfeksie natuurbeeld van ‘n konfederasie van Suid-Afrikaanse state: Elke volk knus in sy eie land op sy eie grondgebied agter goeie grense waar hy sy eie politieke, militêre, ekonomiese, opvoedkundige en maatskaplike heil uitwerk; waar ‘n volk sterk en selfversekerd kan groei, vry om met die ander state saam te staan in die sake wat die hele streek raak.

Hierdie ideaal resoneer in die Nuwe Suid-Afrika se landsleuse, vervat in daardie onuitspreeklike x’e en uitroeptekens onder die dansende, boepens-en-boesmanboudjies figuurtjies: Eenheid in diversiteit. Die slagspreuk is ‘n eggo van die vorige landleuse, “Eendrag maak mag.” Diversiteit is ook daarin geïmpliseer want waar daar nie ‘n verskeidenheid is nie, is ‘n oproep tot eenheid oorbodig.

Verskeidenheid wat in ‘n huls van eenheid verskans is, is ‘n ideaal waarna selfs getas word met die ontwerp van die huidige nasionale vlag. Twee kulture word in kleurkode verteenwoordig. Afrika is te sien in die geel, groen en swart wat nie net die kenkleure is van die Afro-Nasionale Kongres nie maar veelseggend genoeg ook van die Rasta-beweging waarvan die hartland in Ethiopië is. Hierdie kleure druis van links na regs oor kleure wat onmiskykbaar en onbeskaamd Europees is: Die rooi, wit en blou soos uiteengesit in die Nederlandse vlag, die Franse tricolore en, les bes, ook in die Britse Union Flag en selfs Ol’ Glory, die Amerikaanse sterretjies-en-strepies vlag. Met die bekendstelling van dié vlag – toe dit nog die “oorgangsvlag” was – het Cyril Ramaphosa by die westekant daarvan, oorheers deur die groen, geel en swart, gestaan en Roelf Meyer by die rooi, wit en blou aan die ander kant. Roelfie, wat gewys het ‘n mens kan nog ‘n (flouerige) sin vir humor hê net voordat jy jou volk in die rug by die afgrond afskop, het geskerts: “Staan jy by jou kant van die vlag en ek by my kant.”

Nie al die Afrikaners het gegrinnik nie maar die meeste was tog naïef beïndruk deur die atmosfeer van die landsimbole wat skynbaar die bewaring van identiteite binne die inklusiwiteit van die Nuwe Suid-Afrika beklemtoon het. Kyk, ons kan Xhosa wees of Zulu, Basotho, Tswana of inderdaad Indiër of Kleurling. Ons kan selfs Afrikaner wees want ons is soos die rooi, of die indigo of die groen in die reënboog, herkenbaar ‘n afsonderlike volk en selfs wanneer hierdie rooi of indigo of groen oor die kromming van die reënboog gespan word bly rooi rooi en indigo indigo en groen groen. Daar is hoop! Ons kan hierdie reënboogding doen. Dit is in hierdie gees, het hulle geglo, wat Desmond Tutu – op sy flikflooierige beste – die uitdrukking “Reënboognasie” geskep het en net sy verklanking daarvan (“ê, ê, ê reinnn—bou nê-sjôn”) het dit laat klink asof dit ge-kerspit moet word en in ‘n blommetjiesraam skuins onder ‘n Madiba-portret in die voorkamer moet hang.

As dit die reënboog is, sê ek en sê miljoene ander Afrikaans, bring dit hier! Dit is ‘n herinterpretasie van die ou Verwoerdiaanse ideaal van afsonderlike ontwikkeling en die Afrikaner  voel gerieflik daarmee. Hy verkies om na homself om te sien en is tuis tussen sy eie mense en sku tussen ander. Maar, ê ê ê ê wag nou, wag nou net so ê ê ê ê bietjie… dit is glad nie wat die Aartsbiskop in gedagte gehad het nie. Dit omseil wat hy die “vryheidsdividend” noem, die swartmens se aanspraak op die Afrikaner se rykdomme. Dit laat die inboorling verantwoordelik vir sy eie gebreke en vergrype en dit sal nooit, nooit in die Nuwe Suid-Afrika deug nie. Nooit nie. Nie in Tutu se Reënboognasie nie.

So sou die Afrikaner leer, ‘n reënboog, nes skoonheid in die Engelse uitdrukking, is in die oog van die kyker. Een man se reënboog is nie ‘n ander man s’n nie en dit is duidelik dat die A.N.K. óf nooit soos die Afrikaner oor reënboë gedink het nie óf dit bitter gou herbedink het. In die Nuwe Suid-Afrika het die reënboog net een kleur. Natuurlik is daar net een manier om ‘n enkele kleur te maak uit die verskeidenheid kleure van die optiese verskynsel wat ons ‘n reënboog noem: Keer die prismatiese effek om. Wanneer al die rooie en oranjes en gele en groene en bloue en indigo’s en violette as een lig gesien word, is daardie lig wit; weliswaar, gesien die gekleurde mens in Suid-Afrika se nimmereindigende obsessie om wit te wees, ‘n ironiese kolskoot, maar waaragtig nie die effek wat die Tutus in ‘n populistiese slagspreuk wil besing nie. Die Tutu-reënboog, het ‘n dosyn jaar se rassisme, dorpsherbenamings, grondeise, regstellende aksie, hoë-vlak politiek-korrekte rowery en swart-teen-blank geweld ons geleer, is donker; donker soos die eindelose middelveld van Afrika wat ‘n mens in daardie satelliet nagfoto’s sien; nie blinkswart soos antrasiet nie maar grys, dofgrys soos aangepakte lood of die vel van ‘n Sjangaan wat op die N3 voor Vosloorus doodgery is. Die Reënboognasie reënboog, na alles, is nie ‘n begrip wat in terme van ‘n kaatsing van lig uitgedruk kan word nie. Dit is ‘n idee wat ‘n beter analogie vind in verf of, nog trefferender, in drukkersink.

In die vlakdrukproses word die illusie van volkleur geskep deur piepklein kolletjies wat in “rosette” van vier kleure – blou, rooi, geel en swart – gedruk word. Die intensiteit van elke kleur in verhouding met mekaar gee die indruk dat die beeld ingekleur is. Dit is nie ‘n besondere ingewikkelde proses nie, maar een wat groot noukeurigheid vereis om seker te maak die kleure is in registrasie. Omdat die kleure in volgorde met lang tussenposes gedruk word, smeer die onderskeie kleure ink nie. Maar as jy die blou en rooi en geel en swart ink in blertse langs mekaar sou aanbring en, terwyl dit nog nat is, deurmekaar sou smeer, sal daar ‘n nuwe kleur – onkleur? – op jou voorvingerpunt wees: Loodgrys. Dooie-Sjangaan-langs-die-N3 grys. Die soort  grys wat jy by ‘n Soweto-braai in die marog-bokvleis-en-stywepap bredie in die driebeenpot sal kry: Die grys van die Tutu-reënboog.

Die Tutu-rëenboog, ‘n visie van die natuurverskynsel soos deur die gerookte glas van ‘n sweisbril gesien, duld geen ander kleur as grys nie. Hierdie grys kan swart wees met wit kleurelemente en ons sien die manifestasie daarvan elke dag, die bemagtigde swartman as westerling oorgetrek in sy snyerspak, sy pinkiering, sy handgestikte skoene, sy Rolex en sy Police donkerbril. Hy ry by ons verby in  sy glimmende hoëwerkverrigting, lugversorgde, klankverrykte statusmissiel, op pad na ‘n megarand-per-vierkante-meter kantoor, iewers hoog in die korporatiewe of administratiewe atmosfeer waar hy gaan inpronk om gesien te word in die besetting van ‘n pos waarvoor hy nie gestudeer het nie, geen opleiding voor ontvang het nie, nooit voor beplan het nie; hy moet net gesien word, want hierdie grys, hierdie swart met deurskynende wit selofaanoortreksel, hoef geen waarde by ‘n organisasie te voeg nie, geen administratiewe behendigheid, strategiese aanvoeling, bestuursvernuf nie, hy hoef net aan die organisasie te behoort want hy is swart, hy is bemagtig en sy teenwoordigheid, word hy vertel en glo hy, is waardevol genoeg.

Maar hierdie grys kan ook uit wit bestaan met ‘n swart skimmellaag oor. In die Nuwe Suid-Afrika, grysboogland, moet die wit verdwyn, grys word, vervaag in die skadu’s in. En hy trek soos Denis Beckett sy Madiba-hemp aan, daardie los oortrekstuk met die etniese patrone op; daardie kledingstuk wat die verstommende vermoë het om ‘n swartman flambojant en sorgvry te laat lyk maar wat die middeljarige blanke draer se los keelvelle beklemtoon en hom hangskouerig en beboeppensd laat lyk. Maar die Getransformeerde! blanke is bedrewe daarin om die nuwe lewe se klein afjakke en verkleinerings met ‘n gestyfde grinnik op die gesig te aanvaar. Dis met daardie grinnik wat hy plek maak vir die getroue Selina om aan tafel met die gesin te eet en waarmee hy haar aanpor om haar belewenisse met hom en sy gesin te deel. Behalwe wanneer sy oor ernstige sake, soos haar kultuur en lewe in die township praat. Dan grinnik hy nie. Hy knik sy kop swaar en sy oë trek dán nou, dán wyd net sodat sy kan weet dat hy elke woord van haar met deernis ontvang en met ontsag in sy binneste bewaar. Grinnik. Kopknik. Kopknik. Grinnik, grinnik, grinnik. Met sy jongste se verjaarsdag sê hy vir haar om haar klein Precious te laat saamkom wanneer die kleuters dit by die Spur met papierhoede, ballonne, kinderporsies en ‘n kelnerserenade vier. En wanneer hy aandring dat Sipho, die kantoor se nuwe stelselbestuurder, saam met hom en ‘n paar kollegas by 41 in Groenkloof gaan eet, word daardie grinnik nóg breër, nóg stywer veral om Sipho se kwinkslae te bekragtig of sy faux pas toe te plak as hy sukkel om ‘n voorgereg reg uit te spreek. Hierdie Nuwe Gryse ken al die etniese gonswoorde waarvan “ubuntu” nie net die belangrikste is nie maar as’t ware die sosiale ideaal wat hy glo hy eendag sal behaal. Wanneer hulle Nkosi Sikelela sing, staan hy nie op aandag nie want aandag is ‘n wit postuur; hy staan regop met sy regterhand op sy linkerbors en hy sing saam want hy ken al die woorde in al vier van die elf landstale waarvan die volkslied gemaak is. Hy ken die name van die meeste kabinetslede, spreek “Xhosa” met ‘n tongklap uit, sing lofliedere oor Mboweni en Manuel wat hy as die beste finansiële span wat daar nog ooit in ‘n Suid-Afrikaanse regering was beskryf en hy praat van Rolliesjlasjla Mandela as “Madiba.” Hy is ‘n pasifis, het ‘n Nuwe S.A. vlag vir ‘n plakker in sy stasiewa se agterruit, verkondig die evangelie van anti-retrovirale middels en dra ‘n rooi strikkie in die eerste week van Desember. Hy stem DA maar is eintlik lief vir die A.N.K. Hy glo daar is ruimte vir almal, gun vir almal die beste in hierdie land waarop hy so openlik en verbete trots is. Maar om ‘n rewolusie te vier moet ‘n mens die teenslag afkeur. En so, omdat daar so iets is as geregverdigde woede, sien hierdie Nuwe Gryse, hierdie voorheen bevoorregte witte, rooi as ‘n bende reaksionêre idiote die ou landsvlag swaai wanneer die Springbokke in ‘n toets speel.

Wat hulle intellektuele standaard ook mag wees, ‘n klompie mense hét die ou vlag, die Oranje-Blanje-Blou, op die paviljoene geswaai toe die Springbokke einde verlede jaar nógmaals voetbalskande gemaak het op ‘n toer na Europa. Hierdie verfoeilike gedrag moes onmiddellik en ten sterkste in die openbaar uitgekryt word. Toe laat kom hulle die kaptein.

John Smit, soutierooi van haar, rooinekbleek van velkleur en gebou soos ‘n pond botter – en beweeglik soos een ook – frons, kug sy keel skoon en verklaar dat die Springbokke in die verleentheid gestel is deur dié vlagwaaiers. Enige iemand wat al sy goed-gerepeteerde post-wedstryd onderhoude (“… ek is trots op my ouens… hulle het baie karakter getoon… ons het onsself in die steek gelaat…”) gehoor het sal saamstem dat John nie die helderste sweetband op die veld is nie, dat dowwe instink eerder as volkleur verbeelding hom aandryf. Maar! Wanneer hy oor verleenthede praat – luister! want ons Springbok-kaptein is ervaringgewys ‘n wêreldkenner van verleentheid.

As daar ‘n trofee was vir voetbalverleenthede, was dit die John Smit beker. (Die trofee vir die swakste rugbyspeler van die jaar is Iafrica se “Rudolf”, vernoem na Rudolf Straeuli, voormalige Springbokafrigter. Die huidige houer van die trofee is….. John Smit!)

John laat na om die presiese vlak van verleentheid wat deur die vlagswaaiers veroorsaak is aan te dui. Is dit ‘n verloor-teen-Frankryk-in-Suid-Afrika verleentheid of is dit meer van ‘n verloor-met-16-52-teen-die-All-Blacks gevoel van skande of is dit die skaamte wat die kaptein ervaar wanneer die Springbokke op een toer met rekordtellings teen Wallis, Frankryk én Engeland verloor? Is dit in die graad van vernedering wat ‘n mens sou ervaar as jy, die kaptein, jou span lei (?!) in ‘n nederlaag van 49-0 teen ‘n pieperige span Wallabies of as jy ‘n beduidende bydrae gelewer het in die telling van 34 gemiste vasvatte in ‘n enkele wedstryd of wanner jou span bulvoorspelers as “poefters” afgeskryf is? Met die vertoninglys van die huidige korps Springbokke, waarskynlik die vrotste in geskiedenis, sou ‘n mens nie dink dat hulle ‘n paar lapsimbole op die paviljoene nodig sou hê om verleë te voel nie.

Maar daar is John, sy soutierooi gesig nog rooier en sy dik lyf in ‘n knellende wit hemp en ‘n Springbok-kleurbaadjie geskink. Sy breë gesig is net so weemoedig soos wanneer die Springbokke nog ‘n slag afgeransel word. ‘n Mens kan maar sê dit is sy gebruiklike gesigsuitdrukking. Daar om toe te sien dat hy sy rympies mooi voordra – en vermoedelik dat sy naels skoon is, hy binne-in sy naeltjie gewas het en ‘n gestrykte sakdoek by hom het – is ene Zola Yeye, die huidige Springbok spanbestuurder – een van daardie standaarduitgawe politieke kommissar wat, so wil dit voorkom, in ‘n ondergrondse laboratorium in Uzbekistan  of iewers geproduseer word vir die uitsluitlike rede om witmense te irriteer. Die inhoud van Johnny se voordrag is dat die Springbokke skaam gevoel het toe hulle die ou vlag op die paviljoene gesien het.

En ‘n mens dink, ja wraggies, ons kan verstaan dat hulle verleë voel. As jy ‘n span is wat so gereeld uitoorlê, papgeskrum, kisgehardloop, voosgeduik is, en jy dink aan die Springbokke wat op hulle tyd die Oranjé-Blanje-Blou gesalueer het – ysters soos Frik du Preez, Mannetjies Roux, Jan Ellis, Danie Craven, Hennie Muller, Hansie Brewis, Japie Krige – nou ja, dan is dit maklik om te bloos, skaam te voel en weg te kyk. Neeneeneenee! Nie dáárdie soort verleë gevoel nie. John Smit praat van iets heel anders.

Johnny resiteer mooi maar effe eentonig. Die enigste vlae wat hom skaam maak is dié met ‘n Afrikaner-verbintenis: Die Oranjé-Blanje-Blou, die Transvaalse Vierkleur en die vlag van die Oranje Vrystaat. Die ander vlae word deur sy verstek om hulle te noem as onbesproke verklaar. Sy verklaring is so onoortuigend as wat verwag kan word van ‘n rugbyspeler vir wie ‘n eenvoudige wedstrydplan ( hou die bal, moet dit nie wegskop nie; hou die bal moet dit nie wegskop nie; hou die bal moet dit nie… JOHNNNY! Wat MAAK jy?!) ‘n intellektuele brug te ver is.

Zola Yeye het duidelik nie ‘n hoë agting vir die kaptein se verstandelike spierkrag nie. Met die matelose arrogansie van ‘n nuutbemagtigde lid van die Grys Reënboog, bewe hy vir die geleentheid om sy rewolusionêre ywer te demonstreer. J.J. Harmse, Rapport se verslaggewer op die toer, skimp kliphard dat Yeye een van daardie selfbehepte administrateurs is wat geen moeite of sonde ontsien om in die kalklig te gloei nie. Niemand mag, byvoorbeeld, voor hom die spanbus verlaat nie en hy reserveer die perskonferensies met die meeste publisiteitswaarde vir homself. Wat hom, ‘n minderwaardige rugby-apparatsjiek met ‘n armsalige verlede as speler en onbeduidende loopbaan as administrateur, betref, is hierdie die Zola Yeye-toer met die Springbokke bloot as ondersteunende item. Hy hef een van daardie onsamehangende, siedende, verontwaardigde monoloë aan waarvoor swart retorici berug geword het.

Volgens hom het mense vir John, die gedienstige kaptein, gevra om ‘n ou vlag te teken en toe hy geweier het, het hulle “hom in Afrikaans gevloek.” Dit is af te lei dat dit die Afrikaans eerder as die skelwoorde was wat die dwarsgraat in Yeye se keel is. Dit, reken hy,  is dit die gedrag van mense wat nie wil “aanvaar wat in die land gebeur het nie.” “Die ou vlag behoort aan gister,” mor hy en voeg onheilspellend, indien ietwat kripties, by: “’n Publieke onreg gun jou nie ‘n private reg nie.” Waarna hy aanbeveel dat ‘n publieke onreg gepleeg word: “Hulle [met die ou vlag] moet nie die geleentheid gegun word om dit te doen [die ou vlag op die paviljoen te waai] nie.” Hierdie vlagswaaiers beduie hy, “probeer oneer aan ons nasionale simbole bring. Ons vlag is ons hart en siel.” Wat beteken hy iets gesien wat die res van ons misgekyk het. Hoe ‘n goeie idee ek by myself mag dink dit is, ek het niemand in die paviljoene gesien urineer op die Nuwe Suid-Afrikaanse Jockey Junior Zolroker Vlag nie. Hy voer aan dat die Springbokke teen “elke land” wil speel – ‘n begeerte wat nie sondermeer ooglopend op die veld is nie – en “hulle gee nie om oor jou politiek of jou ideologie nie.”

Reg. Hulle (die Springbokke) gee nie om oor jou (die Afrikaner) se politiek of ideologie nie. Mooi. So waaroor die bohaai dan?

Want ‘n yslike bohaai was daar ‘n bohaai. Die vlagswaaiers is wyd uitgekryt; die woord “idioot” is algemeen gebruik, gewoonlik in die styl van John Robbie (“Kry daardie idioot van die veld af!”) Dit is lank reeds duidelik dat die bewakers van goeie Grys Suid-Afrikaanse politieke sedes die vertoon van die Oranje-Blanje-Blou as barbaars en aggressief beskou. Maar dit is nie net die ou vlag wat nie die nuwe populêre sensor se skêr ontglip nie, dit is ook die Stem, ander volksliedere, die gebruik van tradisionele Afrikaanse dorpsname en selfs Afrikaanse popmusiek.

‘n Rits van hierdie klagtes is in Oktober in Business Day aangehef deur Christi van der Westhuizen, ‘n liberale navorser van Natal oor wie se prosa die hale van haar uitgebrande buustelyfie lê. Nadat sy die Afrikaner – en veral in sy manlike gestalte – van bakboord na stuurboord sleggesê het, hyg sy gebelgd oor ‘n Afrikaanse musikant, ‘n “sanger du jour” soos sy hom noem (“daar is hordes van hulle”) wat opspraak verwek het deur die Stem op die verhoog te sing. (Dié maaifoedie is Pieter Smith wat ‘n ritueel daarvan maak dat sy gehoor aan die einde van ‘n vertoning op aandag staan terwyl hy voorgaan met Die Stem. Alles behalwe ‘n musikale wasempie gaan sy loopban van krag tot krag, dankie.) Sy sien in Steve Hofmeyr se albumverkope ‘n sieklike hunkering na apartheid en sy skel die groep Kobus! uit oor die titel van hulle nuutste CD: “100% skuldgevoelvry.” Dit is natuurlik hoe sy die Afrikaner verkies – struikelend, stamelend, deurtrek met skuldgevoelens, afgerem deur sy sondelas. Dat die vooruitgang van almal in hierdie land en die behoud van die strukture daarvan afhanklik is van ‘n sterk, selfversekerde, positiewe Afrikaner roer haar geensins.

En dit is wat mens die meeste tref in hierdie hele protes oor die huldiging van die Afrikaner se simbole: Die algehele gebrek aan gesonde verstand daarin. Selfs ‘n takties gestremde haker behoort dit te kan insien maar, indien nie, laat ons nie versuim om hom in sy dinkprosesse te help nie.

Laat ons dan stadig met hom praat, soos met iemand wie se verstand nog in ‘n losskrum is terwyl die spel al na die oorkant van die veld verskuif het:

 

Nou kyk Johnny, jy weet daardie ding wat julle altyd sê oor skeidsregters, dat al wat vir julle as voetbollers tel is dat hy “konsekwent” moet wees; dat wat onkant is vir een span, onkant moet wees vir die ander een, en so aan? Net so met vlae, Johnny. Sien jy? Die reëls wat geld vir een vlag, moet geld vir ander vlae ook.

Sal ons dan by die ou landsvlag begin en kyk hoe dit gaan? So, sê vir ons, Johnny, wat is dit van die ou vlag, die Oranje-Blanje-Blou, wat vir jou soveel aanstoot gee? Nee, Johnny, nee, jy’s verkeerd. Yeye is verkeerd. Christi van der Westhuizen is verkeerd. Die Oranje-Blanje-Blou is geensins die “apartheidsvlag” nie. Dit is al in 1928 amptelik gehys, ‘n goeie twintig jaar voor die uitvinders van apartheid, die Nasionale Party, hulle eerste algemene verkiesing gewen het. Niemand het dié vlag ontwerp om die ideale van apartheid te verteenwoordig nie. Dink jy iemand het gaan sit, ‘n kleurpotlood se agterpunt gekou en gemymer: “Hmmm… hoe sal ek nou weer apartheid op ‘n vlag voorstel? Ek weet! Ons begin met oranje, wit en blou bane en sit die Union Jack en die Boererepublieke se vlae in die wit baan!” ?.

Wat ook al die politieke prestasies of sondes van die verlede, Johnny, dit maak nie saak nie. ‘n Vlag, sien jy, is nie veronderstel om ‘n politieke beweging se simbool te wees nie. Die funksie daarvan is om ‘n volk te identifiseer. Die Oranje-Blanje-Blou is die vlag van die Afrikaner – vóór, týdens en ná apartheid. Dit was veronderstel om elke Suid-Afrikaner se vlag te wees maar terwyl die Afrikaner dit omhels het, het die gekleurdes en die Engelse weggeskram daarvan. As jy dié vlag as ‘n verleentheid sien, trek jy jou neus vir die Afrikaner op. (Jy weet mos wie die Afrikaner is, Johnny? Dis nou sulke ouens soos Os du Randt, Bakkies Botha, Jacques Cronjé, Danie Rossouw, Schalk Burger, jy weet mos, die ouens wat jou moet uithelp elke keer as jy droogmaak op die veld en in wie se oë jy weier om te kyk as jy wéér ‘n keer die bal aangeslaan het.)

Die Afrikaner het finaal sy rug op apartheid gedraai. Gaan vra maar vir daardie lede van die publiek wat die ou vlag by hulle het, Johnny, daardie ouens wie se vlag jy te nougat was om te teken, en hulle sal jou vertel, apartheid is nie ‘n stelsel wat hulle wil herbesoek nie. Hulle waai nie die vlag om te sê “Gee ons apartheid terug” nie. Hulle wys die vlag en sing Die Stem om te sê “Hier is ‘n Afrikaner, een van die afsonderlike kleure van die aartsbiskop se Reënboognasie!” As jy dit nie kan verdra om die Afrikaner trots op sy eie te midde van die verskeidenheid te sien staan nie, weet jy wat doen jy, jy voeg jou stem by dié wat reken die Afrikaner moet padgee – in sy eie grondgebied in waar daar geen politieke korrekte koliekeriges is wat deur hom ontstel kan word nie. En waar hy sy eie vlag sonder teenspraak kan hys al is dit die vlag wat julle verkeerdelik die “apartheidsvlag” noem.

Ja, niemand stry nie, dit wás die vlag waaronder apartheid ontwikkel en toegepas is. Die apartheidsregering het nooit enige ander vlag gesalueer nie. En kom ons aanvaar dat apartheid die ongenaakbare onderdrukking was wat jy vertel is dit was – en… so…? Onthou net, dit was onder die Oranje-Blanje-Blou wat die Afrikaner – en niemand anders nie – die stelsel van apartheid afgetakel het. Die vlag behoort mos dan, soos julle daaroor dink, gerehabiliteer te wees.

Maar daar was nie net ellende onder die ou vlag nie, was daar? Daardie vlag was die simbool van ‘n land waar daar vrede, veiligheid en vooruitgang was. Inwoners van lande wie se vlae jy met eerbied op Ellispark sal aanvaar, het hongersnood en uitdelging in hulle eie lande onder sadistiese despote probeer ontkom deur te vlug na die land van die Oranje-Blanje-Blou.

Dink so daaroor, as dit nie vir apartheid was wat die regering as beleid in 1948 ingestel het nie, was daar nie vandag ‘n Loftus, ‘n Ellispark of ‘n Nuweland vir jou en jou dapper manne om julle toetse op te verloor nie. Suid-Afrika sou, met die uitsondering van die gebiede rondom die genasionaliseerde myne, uit stofstrate bestaan het waar verflenterde, verhongerde kaalvoetklonkies leë Rooikruis kosblikkies rondgeskop het voor buitemuurportrette van korrupte vetvark diktators in heroïese postuur. Onder die gewapper van die Oranje-Blanje-Blou is ‘n sterk, welvarende, veilige land gebou. ‘n Verpletterde volk het sterk en trots geword en was uiteindelik in die posisie om sy hand ondertoe te hou om ‘n primitiewe inboorlingras boontoe te trek na die beste lewenstandaard Suid van die Sahara.

Ja, daar was vergrype deur die inwoners van die land onder die Oranje-Blanje-Blou maar hulle het self hierdie tekortkominge ontleed en weggedoen daarmee. Dit is, na alles, in die aard van die westerling. Hy het nog altyd die nasionale karakter gehad om sy eie onreg aan te spreek al was dit, sê nou maar, slawerny. (Hierdie is nie ‘n Afrika-eienskap nie. Slawerny sou nou nog in Suid-Afrika gedy het as die blankes nie die inboorlinge verplig het om dié praktyk te staak nie.)

Nou kyk Johnny, wanneer jy sê dat die vlag van jou pa en jou oupa vir jou ‘n verleentheid is, vat jy hulle in die gesig, as jy volg wat ek sê. Ek weet dat vir iemand wat so hard moet werk om lynstaankodes te memoriseer dit moeilik is om nou nog oor die geskiedenis ook te gaan oplees. (Terloops, is dit waar dat jy jou vinger onder die lyntjie hou en jou lippe beweeg as jy lees?) Die waarheid, Johnny, is dat jou oupas nie sommer net op ‘n regeringstelsel besluit het omdat hulle nie van “kaffers gehou” het nie. Hulle opsies was beperk. Het hulle die regte een geneem? Wie is ons om te sê? Miskien, miskien nie. Maar sê jou wat, Johnny, die alternatief – om die land se regering aan swart mense oor te laat – lyk vir my, na twaalf jaar se knoeiwerk deur die A.N.K., al hoe onaanlokliker.

En kom ons praat nou oor die ander vlag, Johnny, die Nuwe Suid-Afrika s’n. Meneer Yeye sê julle is baie trots daarop en ek sien jy stry nie met hom nie. Sien jy iets raak as jy na die vlag kyk: Die grootste deel daarvan is die presiese kleure van die Afro-Nasionale Kongres, die A.N.K? Ek kan onmiddellik aan twee ander politieke partye dink wat hulle eie simbole deel van hulle landsvlag gemaak het: Die Kommuniste van die U.S.S.R. en die Nazi’s van Adolf Hitler.

En wat het Suid-Afrika onder die A.N.K. vlag bereik? Wel, eintlik het dit die vlag geword waaronder moord, diefstal en rassehaat aangemoedig word. Die regeerders onder dié vlag begaan die misdaad teen die mensdom om ewe vroom hulle stilswyende goedkeuring gee terwyl honderde duisende mense gemartel en vermoor word. Die leiers onder dié vlag tree, in die woorde van Anton Barnard, soos gulsige varke by die trog op. Hulle roof en plunder die eiendom van hulle eie mense terwyl die armes en siekes van suiwer ellende vergaan. Die ou, ou Afrika-storie, of hoe sê ek?

Maar weet jy wat, Johnny, al sou ek die leiers onder hierdie vlag nooit kan respekteer nie, weet ek daar is mense – mislei sou ek dink – wat lief is vir hierdie vlag. En ek sal staan op hulle reg om daardie vlag te waai net waar hulle wil, net wanneer hulle wil. Ek sou dink julle sal dieselfde basiese hoflikheid aan die Afrikaner en sy vlag gun.

Jy gun dit vir die vlae van ander lande, Johnny, lande met menseregte rekords wat apartheid skugter en filantropies laat lyk. Soos Pakistan. (A, ja, weer daardie verpeslike ding, geskiedenis, Johnny. Ek weet jy verpes dit en probeer dit vermy.) Pakistan is gebore uit die magsug van ‘n enkele Moslem, Mohammed Ali Jinnah, en die ontstaan daarvan is gekoop met die bloed van amper ‘n miljoen hulpelose Hindoes. En tog, ek sien nie dat jy piep of mompel wanneer Suid-Afrikaanse Moslems die vlag van Pakistan by ‘n krieketwedstryd op Supersport Park waai nie. En dink daaroor, is hierdie mense nie verraaiers nie? Suid-Afrika sit kos op hulle tafels maar hulle ondersteun vir Pakistan! Konsekwent, John, wees konsekwent. Kry vir Meneer Yeye om ‘n perskonferensie te reël waar jy kan vertel hoe hierdie renegaat vlagwaaiers die sportlui van Suid-Afrika in die verleentheid bring. Ek wag.

Ek wag ook dat jy iets vir die Pakistanis se bure te sê het. As ‘n vlag regtig skakelwerk doen vir die misdade wat onder dit gepleeg word, hoekom word die Indiese vlag hoegenaamd nog geduld? Het jy al gehoor van die tienmiljoen babadogtertjies wat die afgelope paar jaar in Indië vermoor is, Johnny? Baie Indiërs wil mos eintlik net seunskinders hê. Daarom, as ‘n kind gebore word en dit is ‘n dogtertjie word haar boudjies gepiets en, wanneer sy skree, gooi hulle haar mond vol grond sodat sy verstik en sterf. Hoe vergelyk die plan om ‘n land in dele op te deel waar elke volk in vrede en sy eie weergawe van voorspoed kan leef met sulke grootskaalse kindermoord?

John, John, John, dis nou vir eers genoeg. Jy het baie om oor te dink en ek weet jy het ‘n vol program. Jy moet daardie lynstaankodes gaan opswot. Maar belowe my, in die vervolg, as Meneer Yeye wil hê jy moet resitasies gaan opsê oor vlae en verleenthede, né, weet jy wat, al wat jy doen is, sê vir hom… “ek sal ’ie!”

 

Tragies genoeg is dit nie net ‘n voetbalspeler wat gebelgd is oor die vertoon van die Oranje-Blanje-Blou en ander Afrikaner simbole nie. Skrywers, kommentators en akademici hyg en sis oor ‘n breë boeg by aanskoue van die vlag. ‘n Mens moet wonder wat die emosionele stoom is wat al dié venyn aandryf. Suiwer woede en preutse verontwaardiging verduidelik nie alles nie. Sulke emosies word gewoonlik getemper deur die geringste flentertjie logika. As daar enige redelikheid in die kabaal was, was die debat al verby. Westerse kleure en Die Stem is na alles in die landsvlag en volkslied opgeneem en kan dus nie só radioaktief wees nie. Nee, hier is iets anders aan die werk en, by oorweging, kan dit net een dryfveer wees, die mees voor die handliggende, die eenvoudigste, die een waarby ‘n mens met ‘n enkele haal van Occam se skeermes uitkom. Die Oranje-Blanje-Blou, Die Stem en ander Afrikaner afdrukke verwek nie eenvoudige weersin nie, nee, dit laat iets heel anders opwel in die gemoedere van die liberalis, iets magtig en ononderdrukbaar: Vrees.

Dit is vir ons wat weet hoe gemoedelik, vrygewig en besorgd ons mense is, vreemd om in te sien dat enige iemand se hele gedragspatroon verwring kan word omdat hy bang is vir die Afrikaner. Maar dink ‘n mens daaroor, ja wraggies, dit móét intimiderend wees om saam met die Afrikaner in een land te bly.

Die Afrikaner, wanneer hy nie uitgehol is met selftwyfel nie, is onstuitbaar. Hy het die dictum “’n volk red homself” ontwerp en hy onderskryf dit. Jy kan, deur verraad, hom onderkry maar jy kan hom nie onderhou nie. Hy kan nie afgepers of omgekoop word nie en as hy ‘n rigting ingeslaan het, wyk hy nie af daarvan nie. Hy het die geduld van Afrika en die energieke rusteloosheid van die Europeër. Watter intellektuele of professionele gebied hy ook al inneem – landbou, die spoorweë, administrasie, die regte, medisyne, ingenieurswese, die krygsbedryf – oorheers hy vroeër eerder as later. En enige volk met ‘n nasionale selfvertrouekrisis of met ‘n gebrekkige vertoningsrekord raak ongemaklik, verbouereerd en self bevrees as die Afrikaner naby is.

Vrees? Maar is vrees nie ‘n blanke ingesteldheid nie, net soos wat slagofferskap en status as Grys Suid-Afrika voorspoedikoon die reserwe van die swartman is nie? Blanke vrees is ‘n opgeruimde tema van die liberale pers en smalende swart kommentators. Hulle sien dit as die dryfveer vir wat hulle waarneem as Afrikaner agterdog, traagheid om te transformeer en oorreaksie op misdaad. Nou ja, ek is ‘n Afrikaner en derhalwe blank en ek erken, ek is bang. Ek is bang om oorval te word, gemartel te word en wreedaardig vankant gemaak te word en elkeen van ons wat in Grys Suid-Afrika woon, staan ‘n werklike kans op sulke behandeling. Dit is vrees ja, maar nie onredelike vrees nie.

Die liberalis en die swarte se gesamentlike vrees lyk anders. Dertien jaar van Afrikaner verdraagsaamheid het vir hulle die valse gerustheid gebring dat die blanke weerloos teenoor geweld is en gaan bly. Maar ‘n rusteloosheid knaag aan hulle want die Afrikaner se tradisionele taaiheid, vindingrykheid en energie is eienskappe wat ‘n indruk gelaat het op die kollektiewe geheue van die res van die inwoners. Elke keer wat hulle verbitterd sis oor die verdrukking wat hulle moes ervaar, besef die swartman, die Afrikaner het hulle onderdruk want hy kón.

“Wat julle nie besef nie,” vertel ‘n inwoner van Fouriesburg my die ander dag, “is hoe vreeslik bang die swartes vir die Afrikaner is.” Hy behoort te weet want hy het ‘n wit pa wat, in sy eie woorde, “ontugtig” geraak het in Lesotho en ‘n gesin van gemengde ras verwek het. Hy ken beide kulture vorentoe, agtertoe uit.

Die vrees waarvan hy praat is geensins die produk van blank-op-swart geweld nie. Vir meer as ‘n eeu was daar geen sprake van georganiseerde of selfs grootskaalse lukrake geweld deur Boere op swartmense in die Oos-Vrystaat nie. Maar hier, soos in die res van Suid-Afrika, het die Afrikaner gekom en die wêreld deur die mag van sy wil verander. George Bernard Shaw het roemryk gesê dat die redelike mens by die wêreld aanpas en dat die onredelike mens die wêreld by hom aanpas. Sy gevolgtrekking is dat alle vooruitgang op die onredelike mens berus. Die Afrikaner kan as bewys van dié stelling dien.

Die Boer van die negentiende eeu was tevrede met die eenvoudige lewe. Hy was in pas en in beheer van die natuur. Hy was materieel arm maar het die weelde van geloof en ‘n hegte gesinslewe gehad. Dit was ‘n harde bestaan, maar ‘n bevredigende een. Dit alles het verander in die puin wat deur die Tweede Vryheidsoorlog gelaat is. Die Boer is verskuif na ‘n nuwe bestaansarena. Meeste het verstedelik en moes eers leer om aan te pas  by die ritmes en eise van lewe in die stad. Maar hy het gou genoeg daardie ritmes en eise herprogrameer om by sy ideale en doelwitte aan te pas. Hy het die een na die ander gebied wat deur sy Britse veroweraar verskans is, binnegedring en oorheers. Die boere wat op die plase gebly het, moes ook hulle benadering verander. Hulle moes eenvoudig kommersieel mededingend word eerder as om bloot op bestaansboerdery ingestel te wees. En so word hulle, die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing in ag geneem, die mees vindingryke, doeltreffende boere op die planeet. Die Afrikaner, om die minste te sê, is ‘n nasionale handvol en op sy beste was hy onaantasbaar.

Derhalwe het dit as ‘n skok gekom, nie net vir homself nie maar ook vir die blanke liberalis en die algemene swart bevolking, toe die Afrikaner verslaan is in ‘n rewolusie, nie deur eksterne druk of binnelandse rewolusionêre magte nie, maar deur sy eie gemanipuleerde sin vir regverdigheid. Die liberalis en die swartman was die onverwagse begunstigdes van die verstommendste magsoorgawe in die geskiedenis. Aanvanklik was dit maklik genoeg om hulleself deur hulle eie lofsange te oortuig dat hulle die oorwinning self behaal het. Die moeilike deel van dit alles was die oorname self, het hulle tipies geglo. Om ‘n land te regeer, nou ja, is ons nie die nuwe Übermensch, die Novus Negro nie? Maar twaalf jaar se administratiewe onbeholpenheid en algemene hopeloosheid het dit al hoe moeiliker gemaak om die gedagte te onderdruk dat hulle nuwe status nie toe te skryf is aan hulle eie skranderheid nie maar dat dit ‘n toegewing was deur die Afrikaner. En in die nasionale geheue roer herinneringe van die forse, doelgerigte, kragdadige Boer. Dit is net ‘n kwessie van tyd, is dit nie, dat die Boer sal sê “Genoeg!” en sy posisie as die toonaangewende volk in die streek opeis.

En die Nuwe Gryse, die swartman, maak nie saak hoe hard hy sy Brenda Fassie laserplaat oor die 24 luidsprekers van sy nuwe Lexus speel nie, hoeveel geld hy en sy departement by onthale op kos uitgee waarvan hulle nie hou nie of met hoeveel drif hulle nuwe planne, idees, strukture, herorganiserings en herstrukturerings by werkswinkels, konferensies, konvensies, imbizos of seminare bespreek asof hulle regte administrateurs is nie, in sy binneste, net bo die sooibrand van sy nuwe stres, is daar ‘n gedagte wat kronkel soos ‘n paling in ‘n modderpoel en wat so dan en wan met die stert sweepslaan sodat jy hom vir ‘n oomblik duidelik bo al die ontkennings en bravado kan raaksien: Die Boer… ek weet wie die Boer is… en hy is nêrens heen nie… hy’s nog hier en sy geduld gaan een van die dae opraak en as ‘n Afrikaner ongeduldig is met die swart volk… nou ja… ons almal weet wat dit beteken… Hierdie emosie is na driehonderd jaar deel van die swartmens se DNS. Net so min as wat hy homself kan kielie dat hy lag, kan hy dié gevoel kan ignoreer. Dit is… vrees… vrees dat hy met die Afrikaner op ‘n gelyke voet moet meeding. Vrees om homself te moet handhaaf waar die Afrikaner aktief is.

Die blanke vrees geweld. Die swarte vrees vrede.

En wanneer die mens vrees, het hy net ‘n paar meganismes om dit mee aan te spreek.

Jy kan die voorwerp van vrees wegwens of probeer wegpraat. Die blanke doen dit deur sy ontkenning van die omvang van misdaad of dat dit deel van ‘n omvattender strategie is. En as dit nie heeltemal oortuigend is nie, is daar nog altyd die laaste toevlug van ontkenning: Dit gebeur met ander maar nie met my nie.

Die konfederasie van die swartman en die blanke liberalis probeer mekaar onderskraag met die gedagte dat die Afrikaner pap en magteloos geword het. Hy het sy stoom verloor, soos wat ‘n ontleder – ‘n Venter nogal! – in die Citizen aangevoer het. En hy is bang: Daardie blanke vrese! Jou ma het mos al kleintyd vir jou vertel dat wanneer jy vir ‘n spinnekop gril, jy net in gedagte moet hou dat hy banger vir jou is as wat jy vir hom is. Maar hierdie ontkennings begin toenemend vibreer in ‘n desperate crescendo. Hoe harder en skriller die liberaliste aandring dat die Afrikaner sy laaste assegaai gewerp het, hoe opvallender word die nuwe Afrikanerbewustheid, hoe meer swel die volume van “De la Rey” op die hoëtroustelle uit, hoe meer CD’s verkoop Steve Hofmeyr, hoe hoër word die premie wat op Skouspel kaartjies geplaas word.

So, jy kan hom nie wegpraat nie maar miskien kan jy, uit desperaatheid, hom aanval en vir jouself ‘n illusie van sy swakhede skep. As jy dié illusie glo, wat bly daar oor om te vrees? Dié dat dit so opvallend is dat die lesbiese Christi van der Westhuizen haar eie geslagtelike onsekerheid, wat so duidelik afgetrek staan teen die morele fermheid van die Afrikaner, probeer verlig deur die Afrikanerman se “manlikheidskrisis” aan te val. Dit het ontstaan, wensdink sy hardop, omdat hierdie man “moeilikheid ondervind om aan te pas” nadat hy van sy politieke mag “beroof” is. Maar… maar… daardie ellendige gesing van Die Stem…

Uiteindelik, as al die ontkennings en beledigings nie die gevoel van naderende onheil in die inboorling se gemoed kan verlig nie, nou ja, dan kan hulle die blanke bliksems aanval, letterlik fisies aanval, en uitwis. En daar is ‘n landswye orgie van geweld – teen wit bejaardes en swakkes want die swart rampokker is net te bang vir die Boer om ‘n fikse, geharde Afrikaner aan te pak. Maar die dag is op ons wat die Afrikaner sy verdediging op homself gaan neem en bewaar die lafhartige hond wat hom en syne sal probeer aanval. En so sal die Grys Reënboogman weer gereduseer wees om bloot te wens die Afrikaner wil – kul jou hier! kul jou daar! – net verdwyn.

En net daar lê die krisis van die Tutu-reënboog. Die swartman en die liberalis kan homself handhaaf as wetgewing en die projektering van nasionale sentiment ‘n doelvervaardigde reënboog kan skep, ‘n grys een, waarin die Afrikaner gedienstig sal wegraak. Dit is die primitiefste en kinderlikste beswering van ‘n vrees: As jy jou kop onder die karos intrek en jy kan nie die tokkelos sien nie, dan bestaan hy nie.  So ons kleur die Afrikaner grys. Gee vir hom ‘n nuwe vlag. Leer hom ‘n nuwe volkslied. Meng hom in die vaal stroop van ons sepiereekse in. Gee vir sy dorpe inboorligname. Maak sy skole Engels praat. Trek vir hom ‘n Madiba hemp aan.

En… die verligting! Die Afrikaner het onsigbaar geword. Nou! is die Grys Reënboog perfek… Die Afrikaner is nog met ons en dit verlig ons grootste afgryse want die enigste moontlikheid wat meer vreesaanjaend as die teenwoordigheid van die Afrikaner is, is dat hy sal verdwyn en die kinders – die swartmense en die paplyf liberaliste – alleen sal los om hulleself in ‘n ongenaakbare omgewing te handhaaf. Buitendien, hoe nodig het ons hom nie in die enjinkamer van die ekonomie nie! So hy is daar maar, verstaan dit tog, dis die wonder van ons Reënboognasie – al is die Afrikaner nog met ons, ons kan hom nie sien nie. As jy om jou kyk is daar net… grys… hemelse, heerlike, salwende grys. En ons kan ons uitnemendheid vier want as hy onsigbaar is staan die Afrikaner se vertonings nie in kontras met ons s’n nie. Sy prestasies word ons s’n. Ons kan die motors ry, die kantore beset, die grootpraat praat, ons en jou en die ander vermaak met visies van ‘n toekoms wat aan Afrika behoort…

O die onmeetbare volmaaktheid van die land van die Grys Reënboog. Maar dan sal iemand – ongetransformeerde idioot of idiote – ‘n vlag, ‘n oranjé-wit-en-blou banier waai – op ‘n pawiljoen! –  waar almal… dit kan sien.

мой домик для барбиалександр лобановский супермаркет класс

Blankes: vyande van die revolusie?

ImageNelson Mandela se eerste toespraak ná sy vrylating uit die tronk in 1990 was ‘n ysingwekkende stuk Stalinistiese retoriek, wat elke regdenkende inwoner van die land koue rillings moes gee. Dit was weliswaar die uitlatings van ‘n ylende ou man, wat klaarblyklik glad nie die impak van die val van die Berlynmuur ‘n jaar vantevore begryp het nie. Ongelukkig vir die inwoners van die land, was en is dit egter verteenwoordigend van die ANC se ideologie.
Mandela het dit byvoorbeeld omomwonde gestel dat nasionalisering steeds deel was van die ANC se beleid. Mettertyd is die retoriek oor dié kwessie versag, maar mens moet nooit uit die oog verloor dat die ANC sterk Marxisties-Stalinistiese wortels het nie. Baie van die lede van die regime se Alma Mater is die politieke indoktrinasiesale van die voormalige Oosblok.

Die ANC se Freedom Charter maak ook geen geheim van die feit dat daar twee revolusies moet plaasvind nie. Die eerste is die sogenaamde "nasionale demokratiese revolusie", waarvolgens die verwronge “demockracy”, ook bekend as die vertrapping van minderhede deur die elite wat voorgee hulle praat namens die massas, ingestel moes word. Dit het sedert 1994 gebeur. Die tweede fase is ‘n sosialistiese revolusie.

Die sosialistiese revolusie sou glo in die naam van gelykheid en broederskap geskied: the land shall belong to the people, ensovoort. Bogenoemde geur van sosialisme, gegewe die regime se Stalinisties-ideologiese wortels, is egter nie die goedhartige, afgewaterde soort sosiaal-demokrasie wat mens in Skandinawiese lande aantref nie. Dit het veel meer in gemeen met die soort sosialisme wat mens in Kuba of Noord-Korea aantref. Is enige iemand verras deur die noue bande tussen die twee onwelriekende regimes in Pretoria en Havana, met Kubaanse soldate wat in die monsteragtige, miljardrand-ANC-monument in Pretoria vereer word, maar gesneuwelde Afrikaner-krygers nie?

Hierdie stuk is nie ‘n simplistiese stuk oor ‘n Rooi Gevaar nie. Van puriteinse kommunisme is daar min sprake binne die ANC, die teenwoordigheid van kommuniste soos Alec Erwin in sy geledere nieteenstaande. Vir die ANC-elite, en inderdaad vir die meeste huidige en vorige kommunistiese leiers, is sosialisme en broederlike mededeelsaamheid iets wat liefs met ander mense, hul onderdane, moet gebeur.

Die voormalige leiers van die Sowjetunie sou hul eerder bekommer oor watter datsja om te gaan besoek hierdie naweek as om soos hul onderdane in toue vir brood te staan. Kim Jong-Il drink konjak en eet kaviaar terwyl meeste van sy onderdane daagliks honger ly. Oorgewig voormalige onderwyseresse wat in die aangesig van geen opsigtelike aanleg vir die pos nie nietemin adjunk-presidente word, vlieg op staatskoste na Doebaai vir inkopies terwyl hul onderdane in plakkershutte moet krepeer.

Kom ons dink dus weer aan Mandela se stelling van 1990, en vergelyk die elite se gesnuffel in die trog van gesteelde rykdom teenoor die armes se ellende in Kuba of Noord-Korea met dié in Suid-Afrika. Is die obsene rykdom soos onverdiend vergader deur die Ramaphosas en Sexwales nie net bloot ‘n vorm van kruipende nasionalisering en die sentralisering van bates in die hande van ‘n grypsugtige binnekring, terwyl hul onderdane krepeer nie? Verskil Sexwale en Castro moontlik bloot in dié sin dat Castro boonop oor ‘n weermag wat nie vrot van die MIV is nie, beskik?

Vir magshonger despote soos Castro en die ANC is die kommunisme waarskynlik bloot ‘n handige ideologie om mag en veral bates te sentraliseer in die hande van die klein kern apparatjieks. Is kommuniste van hierdie soort nie terloops in werklikheid aartskapitaliste nie?

As mens Marxistiese revolusies bestudeer, kom jy agter dat vrees en gedagtebeheer sleutelbestanddele van ‘n suksesvolle revolusie is. Vrye denke en die stem van die rede is die aartsvyand van sulke revolusies. Die gepeupel moenie vrae vra oor hoe regverdig Kim Jong Il se voorliefde vir Hennessey is nie. Opponente van die revolusie, afvalliges en veral vrye denke moet verkieslik geëlimineer word, deur opponente te vermoor soos Pol Pot gedoen het, of indien dit nie moontlik is nie, moet hulle geneutraliseer word, byvoorbeeld om hulle na die Goelag te verban. Baie van die oorblywende opponente vlug dan uit vrees, soos die Jode wat uit die Sowjetunie na Israel gevlug het, of bly dan bloot stil uit vrees vir vervolging. ‘n Baie effektiewe manier om afvallige denke en stemme stil te kry, is vrees.

My tese is dat blankes in Suid-Afrika hulself tans in dieselfde bootjie bevind as die “vyande van die revolusie” wat deur die Rooi Wagte in China geïdentifiseer is en vervolg is, of die teenstanders van die voormalige Sowjet-regime. Vir die ANC met sy massa klaarblyklik onnadenkende stemvee wat so ‘n vreemde verskynsel in Afrika se verkiesings is, verteenwoordig die blankes die enigste struikelblok onderweg na ‘n totalitêre staat.

Daar is daarom openlike pogings van die regime om vrye denke onder blankes te onderdruk, byvoorbeeld deur selfs uiters redelike klagtes met ‘n koor van “rassisme” dood te skree. Die elemente van voorbereiding vir ‘n Marxistiese rebolusie is almal daar: die identifisering van vyande van die revolusie, die pogings tot gedagtebeheer deur dít wat die regime nie aanstaan nie, stil te maak (onder andere deur aantygings van “haatspraak” en politieke onkorrektheid wat verbied word), asook moedswillige intimidasie, dikwels deur middel van geweld.

Elke blanke wat durf kla wanneer ‘n matrikulant met ses onderskeidings moet plek maak vir ‘n swart kind wat skaars kan lees en skryf, op grond van die skreiende swart-op-wit rassisme wat ten hemele stink onder die dekmantel van die term transformasie, word onmiddellik met die “rassis”-kwas bygekom. Hy word uitgeken as ‘n vyand van die revolusie, iemand wat gekant is teen transformasie, gebrandmerk en sodoende stilgemaak.

Die minister van landbou demoniseer byvoorbeeld doelbewus (blanke) boere in haar Kersboodskap, ten einde die propaganda van die blanke vyande van die revolusie nóg duideliker aan die gedienstige massas tuis te bring. Tot onlangs was die regime se veldtog – in teenstelling met ‘n moontlike sluikveldtog van geweld – beperk tot die demonisering van blankes as diegene wat nie wil deelneem aan die revolusie nie. Het ons egter ‘n nuwe fase binnegegaan?

Alhoewel die vermeende godsdienstige sienings van die Boeremag vir my persoonlik nou maar eenmaal te vreemd is om ‘n vatplek aan hul ideologie en doelstellings te kan kry (en kennelik weet ek min van hulle ideologie af, en kan ek min sin maak van dit wat ek wel gelees het in die pers), is die doelbewuste mishandeling van die Boeremag-verhoorafwagtendes, en die maksimum teistering van simpatiseerders – waarvan daar terloops duidelik hordes is as mens in ag neem hoe vinnig die borgtog vir die paartjie wat glo die voortvlugtiges gehuisves het, ingesamel is – ewe kenmerkend van ‘n regime wat doelbewus ‘n skrikbewind wil voer.

‘n Veel meer vreesaanjaende verskynsel wat alle blankes raak is egter die stelselmatige eliminering van vyande van die revolusie deur regime-gesinde Einsatzgruppen: gewapende bendes wat met die maksimum geweld, bedoel om verskrikking te saai, met militêre presisie teen blankes optree. Vir jare sedert 1994 is daar ‘n stelsematige veldtog van plaasmoorde, waar boere nie net beroof word nie, maar ook gemartel en vermoor word. Is dit bedoel om ‘n boodskap aan die breë blanke bevolking te stuur?

Sedert 2006 het ons klaarblyklik ‘n volgende fase in die georganiseerde terreur teen blankes betree. Daar is minstens tien blankes sedert 1 Januarie 2007 net in voorstedelike Pretoria vermoor in ‘n soort aanval wat voorheen grootliks net op plase gebeur het. Gewapende bendes storm blanke huishoudings binne, martel die inwoners, vermoor hulle dikwels, en verdwyn dan met ‘n paar selfone of beursies. Is die risiko van sulke aanvalle ‘n paar selfone vir die aanvallers werd?

Apologete vir die regime het in die verlede aanspraak gemaak daarop dat plaasaanvalle gebeur het omdat plase geïsoleer en derhalwe sagte teikens was. Ook dat boere plaaswerkers glo sou mishandel en dat dit tot aanvalle sou lei. Ek wonder hoe gaan hulle soortgelyke aanvalle in digbevolkte woonbuurte soos Faerie Glen probeer verduidelik? Het die slagoffers skeef gekyk vir hul bediendes?

Hoeveel doelbewus geteikende slagoffers het die Boeremag se “terreur” gehad? en kontrasteer dit met die aantal boere of inwoners van Pretoria wat al in terreuraanvalle gesterf het. Is die teatrale verhoor van die Boeremag nie maar bloot ‘n rookskerm vir ‘n veel groter georganiseerde veldtog van doelbewuste terreur teen blankes nie?

Rusland in 1917
China in die 1960’s
Kambodja in die 1970’s
Suid-Afrika in die een-en-twintigste eeu?

play slots online for free with bonus gamesФильчаков Александр Васильевич

Suid-Afrika op ‘n mespunt

ImageOral waar mens tans in Suid-Afrika – of Sowjet-Afrika soos Joseph Secrève dit noem – reis, heers die gevoel dat 2007 ‘n waterskeidingsjaar gaan wees. Die wanorde en geweld in die land is nou erger as ooit in die geskiedenis, met die moontlike uitsondering van die Tweede Vryheidsoorlog.

Die algemene gevoel onder Afrikaners is dat “dinge nie langer so kan aangaan nie”. Een deel van die Afrikanervolk is besig om op die vlug te slaan en in Australië en veral Nieu-Seeland word daar gepraat van ‘n “instroming” van Suid-Afrikaanse immigrante.

Elke dag vind die gruwelikste geweldsmisdade plaas terwyl die ANC-president dit as ‘n “persepsie” afmaak. In Pretoria en in Johannesburg kry die munisipaliteite dit nie eens meer reg om nuwe voertuie by die lisensieafdelings te registreer nie en eienaars moet weke en maande lank vir registrasiesertifikate wag.

Dan is daar nog die dreigende elektrisiteitskrisis wat veroorsaak is deur onbekwame topamptenare van Eskom wat hulself tien jaar lank astronomiese salarisse en bonusse betaal het, sonder dat daar die nodige beplanning en belegging in toekomstige opwekkingskapasiteit plaasgevind het.

Maar nog erger as die geweld, wanadministrasie, spandabelheid en korrupsie, is die onwettige immigrasie oor ons grense heen. Volgens amptelike statistieke wat laat verlede jaar vrygestel is, ontvang ons tans 85 000 onwettige immigrante per maand, oftwel 1 020 000 per jaar. Oor tien jaar is dit tien miljoen. Hierdie onwettiges koop vir hulself ID-dokumente waarmee hulle toegang tot die ANC-welvaartstaat met sy gratis gesondheidsdienste, opvoeding, kindertoelaes, staatspensioene, ens. verkry.

Die vraag is: hoe lank kan so ‘n stelsel hou?

Omdat rekordbedrae belastings ingesamel word, mag die maatskaplike krisis nie onmiddellik in ‘n finansiële krisis oorslaan nie, maar vir seker gaan die toenemende verlies aan staatsgesag met oop grense en misdaad wat heeltemal handuit ruk, binnekort tot groter onstabiliteit lei.

Onder hierdie selfde omstandighede woed ‘n magstryd binne die ANC tussen die Zuma-faksie en die Mbeki-faksie om ‘n nuwe leier vir die party aan te wys. Dit moet in Desember vanjaar by die party se kongres geskied, maar lank voor daardie tyd mag sektariese geweld tussen die strydende faksies uitbreek. In soveel Afrikalande was demokrasie al die aanleidende oorsaak tot burgeroorlog. Ons het in die Ivoorkus en in Zimbabwe gesien hoe betreklik welvarende lande eensklaps in chaos en ellende gedompel kan word deur ‘n leierskapstryd en ‘n verkiesing. In daardie opsig is Suid-Afrika kwalik anders as enige ander Afrikaland, gegewe die staat wat nóg die wette kan handhaaf, nóg sy grense teen indringing kan beskerm.

Die Afrikaner as die mees sigbare minderheidsgroep in die land, is juis die kwesbaarste as dit by etniese geweld kom. Net soos wat Mugabe sy visier op die kommersiële boere gestel het in sy magstryd met die MDC, mag een van die swart faksies die Afrikaner as die “derde mag” aanwys wat swart eenheid beduiwel. Dan sal die gort gaar wees.

Wat nou van die uiterste belang is, is dat strukture gevestig word om misdaad te bekamp en sodoende lewens te spaar. Gegewe die staatsverval, is ons op onsself aangewese om ons te beskerm. Maar daar sal ook helder gedink moet word oor die politieke opsies wat daar vir ons oorbly ná De Klerk en Meyer ons kanse op onderhandeling verspeel het. Die versugting van baie Afrikaners na ‘n volkstaat of eie gebied waar vroue, kinders en bejaardes veilig sal wees teen die aanslag van moordbendes wat hulle tans afmaai en waar Afrikaans ampstaalstatus sal geniet, behou sy stelligheid. Maar om daarby uit te kom, sal ons die ontwikkelende politieke, maatskaplike en veiligheidsituasie baie fyn moet dophou en op die regte oomblik eise van dié aard begin stel.

Die beriggewing oor geweldsmisdaad in die media geskied in ‘n bykanse vakuum, sonder dat die onderliggende oorsake van staatsverval en aanhitsing tot rassegeweld deur radikale swart leiers, asook die SAUK met verlede jaar se Sowetodagherdenkings, ooit ontleed word. Nog nooit in die geskiedenis was joernaliste in die land so naïef en blind vir ‘n naderende konflik soos tans nie.

Ook die DA en ander opposisiepartye sal baie meer realisties na die huidige toestand in die land moet kyk en besef dat Sowjet-Afrika geen normale, stabiele demokrasie is nie, maar eerder ‘n ramp van die Afrika-tipe wat reeds besig is om te gebeur.

free casino online no downloadданильченко юрій Харків

Pawlik Morozof, die Boeremag en die SA polisie

ImageDie aggressie waarmee die taakmaglede van die SAPD tekere gegaan het teen die bure van die Bogaards-gesin is ‘n interessante studie werd. Die sogenaamde "Boeremag", waarvan die bestaan nog amptelik bewys moet word, het letterlik die vyand geword waarmee die huidige Sowjet-Afrika sy moraliteit mee regverdig.

Soos dit ‘n kommunistiese of fascistiese staat betaam, is hul voortbestaan puur gebaseer op ‘n vyandbeeld waarteen agressief gereageer moet word. Die Jode en Sigeuners was die teendeel van Ariese superioriteit tydens Nazisme, en staatsvyande van die Sowjetunie was enigiemand wat die staat nie as die hoogste gesag wou erken nie. In die geval van die Sowjetstate, was die kriteria moeiliker om vas te stel wie presies die vyand was. Die oppergesag het die vryheid gehad om die bakens te skuif van wie "vriend" en wie "vyand" was, afhangende van die vereistes van die beweging.

Hierdie Boeremag-tameletjie is ‘n klassieke voorbeeld van hoe ver die Suid-Afrikaanse regering al gegaan het om sy ware totalitêre vleuels te wys. Teenoor die vyftig babaverkragtings wat daagliks plaasvind, die 17 plaasaanvalle per week, onwettige immigrante en derglike ellendes, jaag die SAPD met fascistiese ywer agter ‘n spook aan. Die Boeremag is by verre die Suid-Afrikaanse apparatjieks se eerste prioriteit. Duisende Suid-Afrikaners sterf elke maand as gevolg van aanhitsing, plaasmoorde en die newe-effekte daarvan (soos misdaad as gevolg van honger), Mbeki se weiering om miv as ‘n probleem te erken, die kranksinnige soustrein-vir-swartesbeleid en onvermoë om werk te skep, maar die Boeremag is geteiken as staatsgevaarlik.

Tydens Stalin se terreurveldtogte het hy gebruik gemaak van Pawlik Morozof, ‘n seun van ‘n Kossakboer wat sy "dissidente" vader aan die staat verklik het. Pavlik is later deur sy familie gedood, waardeur hy tot ‘n martelaar van die Sowjetstaat uitgeroep is. Die geskiedenis aangaande Pavlik is baie interessant en het historici al lank besig gehou, maar daar is te veel onbekendhede wat nooit goed opgehelder is nie. Die algemene konsensus onder die geskiedkundiges blyk te wees dat dit alles op ‘n relatief klein familierusie berus het wat deur die staat heeltemaal buite verhouding opgeblaas is. Die staat se patologiese behoefte aan nuwe helde en martelare bied ‘n verklaring vir hierdie ywerige soeke na ‘n nuwe gesig vir die Sowjetstaat. Dit is origens nie seker of Pavlik werklik deur sy familie gedood is nie. Die simbool is belangriker as die werklikheid. Dit vervang as’t ware die werklikheid. 

Met hierdie verheerliking van ‘n naïewe tiener in gedagte, is ‘n mens outomaties geneig om te dink aan die "wise and pensive" nuwe gesig van Pretoria, die eunug Tshwane, en natuurlik die Boeremag, wat tot agtien jaar in voorarres moet sit voordat hulle voor die regter mag verskyn.

Om mense van dieselfde etnisiteit as die voortvlugtiges te gebruik om hulle te arresteer is ‘n manier om die uitgangspunt te bevestig dat die staat as oppergesag erken moet word. Pawlik se familie was ondergeskik aan die staat, en diegene wat familie bo die staat wou stel is destyds ook as gevaarlike reaksionêre beskou. Dit was die doel gewees van Stalin se verheerliking van Pawlik. Wie weet, dalk gaan Oom Thabo ook ‘n standbeeld laat oprig vir die taakmaglede wat die arrestasies verrig het.

Sulke aksies word geskep om verdeeldheid onder Afrikaners te saai. Kom ons hoop Thabo maak eendag martelare van hierdie taakmaglede. Dan kan Afrikaners hulself weer verenig met oranje, wit en blou verfblikke.

осушитель длялобановский депутат

Ek skiet jou soos ‘n hond dood, oom!

Boeremaglede in beskuldigde bank.

V.l.n.r.: Rudi Gouws en Herman van Rooyen

Die nuus oor die inhegtenisname van die voortvlugtige Boeremaglede, Herman van Rooyen en Rudi Gouws, het die kollig geplaas op die SAPD se hoofsaaklik blanke taakmag wat hemel en aarde beweeg het om die twee weer agter tralies te kry.

Op Nylstroom waar die egpaar Bogaards gearresteer is omdat hulle na bewering die twee voortvlugtiges op hul plaas laat kampeer het, het ‘n blanke taakmaglid aan ‘n bejaarde buurman van die Bogaardse gesê, “Oom, as jy deur dié hek gaan, skiet ek jou soos ‘n hond dood!” Die buurman wou gaan ondersoek instel op die plaas nadat daar aanvanklik geglo is dat die Bogaardse dalk die slagoffers van ‘n plaasaanval was.

In die Sondagblad Rapport is ‘n groot foto van die gearresteerde Boeremaglede geplaas, maar slegs met swaar gewapende swart polisiemanne by die beskuldigdes. Die vraag ontstaan waarom die blanke taakmaglede wat hoofsaaklik die verskillende operasies op die Bogaardse en die meenthuis in Centurion (voorheen Verwoerdburg) uitgevoer het, nie ook afgeneem word nie?

Tydens die Rebellie in 1914 het die destydse Eerste Minister, generaal Jan Smuts, seker gemaak dat hy slegs Afrikaners teen die rebelle ontplooi. Dit wil voorkom asof die ANC ‘n soortgelyke strategie voer teen die Boeremag, deur grotendeels blanke Afrikaner-polisiemanne teen hulle in te span.

Oor die naweek het ook bewerings in die pers verskyn dat die polisie doodsdreigemente van die Boeremaglede se familie en ondersteuners sou ontvang. Dit mag een verklaring bied waarom die blanke polisietaakmag wat tot dusver soos in Hollywoodfilms in die vroeë oggendure deur dakke klim of in helikopters bo plase sirkel onsigbaar gebly het: hulle vrees weerwraak vanuit hul eie gemeenskap.

Uit die berigte wat tot dusver oor Herman van Rooyen en Rudi Gouws verskyn het, is daar ‘n merkbare toonverskuiwing, vergeleke met enkele jare gelede toe die Boeremag uiters onsimpatiek in die koerante van Nasionale Pers uitgebeeld is. Tans val die klem op die menslike sy van die gevangenes, hoe hulle die sonsopkoms en -ondergang of Kersfees waardeer het terwyl hulle op vrye voet was.

Die borgaansoek van die Bogaards-gesin kom vandag in die Nylstroomse landdroshof voor. Deels vanweë die hardhandige optrede van die polisietaakmag, is die hele dorp blykbaar in rep en roer en word ‘n groot skare mense by die hofverrigtinge verwag.

Hoewel die Boeremag aanvanklik as ‘n randeiergroep afgemaak is, mag dit wees dat die staat en veral die oorywerige blanke polisietaakmag se optrede besig is om simpatie vir die beskuldigdes by die publiek te wek.

липецк опцииtopcargo

Die morele absolutisme van rasvermenging

ImageEen van die eienskappe van ons revolusionêre samelewing is dat die universiteite en die media toenemend deur ‘n soort revolusionêre roes verteer word. Die grootskaalse verandering wat ons tot dusver beleef het, is nie genoeg nie. Die revolusie moet altyd verder en verder gevoer word, op politieke en maatskaplike vlak, maar ook en toenemend op biologiese vlak. Toevallig sien ek nou die dag ‘n artikel deur ene Desmond Painter van die Stellenbosse Universiteit wat ‘n pleidooi lewer dat Sewendelaan op TV gebruik moet word om die bevolking te breinspoel om biologiese rasvermenging te aanvaar.

Vir Painter is die huidige gemengde sosiale situasies wat op Sewendelaan uitgebeeld word nie genoeg nie, want daar vind nie werklike kopulasie tussen mense van verskillende rasse plaas nie. Hy verwys ook in Die By van 13 Januarie na "die morele paniek oor seks oor die kleurgrens, oor ondertrouery, vermenging en verbastering, en oor die gevolge hiervan vir die suiwerheid en voortbestaan van die Afrikaanse volk, loop soos ‘n goue draad deur die geskrifte van apartheidsideoloë – van Geoffrey Cronjé in die 1930s tot Dan Roodt vandag."

Waarskynlik het Painter nog nie veel gelees van wat ek geskryf het nie, maar dan is dit ‘n kenmerk van die baantjies-vir-boetiesbedryf wat die akademie by ons geword het dat daar nie veel gelees word of alte noukeurig met begrippe omgegaan word nie. Ek sou graag wou weet waar en wanneer ek enigiets gesê of gesuggereer het wat juis ‘n morele beswaar teen rasvermenging opper?

Aan die ander kant is Painter se siening – soortgelyk aan die negentiende-eeuse piëtisme wat met afgryse vervul is deur Darwin en ander se oorerflikheidsteorieë – geheel en al gebaseer op die moraliteit van rasvermenging wat toevallig die heersende moraliteit is. Nadat Stalin en Pol Pot nie die wêreld beter kon "maak" nie, om nou te sinspeel op Hanna Arendt se definisie van totalitêre politiek, gaan Painter en sy geesgenote dit nou vir ons beter teel. Die DNS-revolusie moet dus nou instaan vir die maatskaplike revolusie wat in 1989 gesneuwel het toe die Berlynse muur afgebreek is.

Na Painter se mening verteenwoordig rasvermenging die summum bonum wat ons almal moet nastreef. In Mexiko het hulle na 500 jaar nog nie daarin geslaag om ‘n homogene tipe métis of mezisto te teel nie, maar ek veronderstel hy dink langtermyn. Sowel in Liberië as in Haïti het konflik telkens tussen rasgemengde bevolkings en swartes wat tradisioneel deur hulle oorheers word, uitgebreek. Moontlik het sy biologiese bevrydingsprojek nog bietjie navorsing nodig; nie dat enigiets in die werklikheid sy piëtistiese geloof dat God ons almal gelyk en dieselfde geskape het, gaan stuit nie.

Waarskynlik beskou Desmond Painter logika as ‘n oorblyfsel van die vergange Eurosentriese tradisie, maar hy verwys na "die mitologie van ras" waarmee hy seker bedoel dat biologiese ras (maar wat van die onderskeid tussen spesies?) nie bestaan nie en dat ras dus ‘n blote illusie of "sosiale konstruk" verteenwoordig. Dat dit strydig is met die negentiende- en twintigste-eeuse biologiese wetenskap skeel hom seker min. Maar indien hy nog enige waarde heg aan die beginsel van logiese konsekwentheid, met ander woorde dat mens nie tegelyk A en nie-A kan beweer nie, dan wys ek hom bloot daarop dat hy kennelik onfeilbaar (selfs op die katodestraalbuis) tussen rasse kan onderskei. My eie kinders, sonder dat ek hulle hoegenaamd vooraf attent gemaak het op die bestaan van rasse, het op die ouderdom van drie jaar spontaan tussen rasse begin onderskei. Selfs diere onderskei tussen menslike rasse en bokke vrees hetsy swartes, hetsy blankes, afhangend daarvan of wildstropers (gewoonlik swartes) of jagters (gewoonlik blankes) in hul omgewing aktief is.

My punt is eenvoudig: hoe kan Painter self tussen rasse onderskei indien hy ras as ‘n "mitologie" beskou?

Terloops behoort hy sy belangstelling in populêre kultuur uit te brei na TV-advertensies waar blankes (veral Afrikaners) gewoonlik as "dom en agterlik" voorgestel word en swartes as "slim en gesofistikeerd". Maar miskien verkeer hy reeds onder die invloed van sodanige TV-advertensies; vandaar dus sy eugeniese projek om Afrikaners beter te teel deur hulle, soos hy dit stel, "oor die kleurgrens gemeenskap te laat hê". Die vraag is natuurlik ook hoe ver Painter bereid is om te gaan in hierdie biologiese sosiogeniëringsprojek? Gaan dit bloot om propaganda om mense te oorreed dat assosiasie binne die eie ras verkeerd en ongewens is, of voorsien hy dat ons iewers ‘n nuwe wêreld tegemoet gaan waar blankes verbied gaan word om met ander blankes op daardie vlak te assosieer?

Ek vra die vraag omdat sy denke duidelik daarvan uitgaan dat die natuur boos is omdat sy mense in biologiese rasse van mekaar afgegrens het. Die nuwe mens met ‘n nuwe DNS kan noodwendig net deur radikale ingryping geskep word. In dié sin het die natuur ‘n soort biologiese apartheid geskep waarvoor ons haar moet verkwalik en wat reggestel moet word, ‘n soort radikale "regstellende aksie" vanuit die métissage-laboratorium.

‘n Ander intrigerende kwessie is: siende dat Painter die "bose wetenskap" van Darwin, Galton en ander verwerp en steun op ‘n rassepiëtisme wat ‘n utopie van rasgemengdes ten doel het (ek wonder net in watter mate swartes, gegewe hul sterk ontwikkelde rassebewussyn en -politiek, bereid is om afstand van hul ras te doen?), waarop baseer hy hierdie rassemoraliteit? Waarom is sy moraliteit beter as myne of dié van Darwin of van die hedendaagse genoomnavorsers wat wel genetiese diversiteit by homo sapiens bespeur en veral ook tussen die sogenaamde "geografiese rasse"?

Met ander woorde, waarop grond hy die morele absolutisme van rasvermenging?

Die ironie is dat gedwonge integrasie in Suid-Afrika ‘n veel groter probleem van rassisme as ooit tevore geskep het. Slegs as ons die hele bevolking onderwerp aan TV-programme, skoolopleiding, preke, bidure en ander vorme van beïnvloeding, sal ons daarin slaag om die euwel uit te roei. Vandaar dus ook Painter se pleidooi dat gesimuleerde seks tussen mense van verskillende rasse op TV uitgesaai word tydens ‘n tydgleuf wanneer die meeste jong kinders ook voor die TV is.

Ek kan sien dat ons onder invloed van mense soos Desmond Painter al hoe nader aan die ideale samelewing gaan beweeg.

free online slot games with bonusФильчаков прокурор отзывы

ANC se landsbestuur stort in duie – HNP

Die eerste politieke party wat reageer op die nuwe elektrisiteitskrisis is die HNP. Volgens mnr. Louis van der Schyff, hoofsekretaris, "is die ANC se landsbestuur besig om in duie te stort".

Hier volg sy volledige verklaring: "Die Koeberg kragsentrale in Kaapstad het vir die tweede keer in ‘n betreklike kort tydperk gesorg dat die land in ‘n elektriese krisis sit.  Bronne in die kragsentrale berig dat daar ‘n ontploffing was wat sy turbines tot stilstand laat knars het.  Feitlik onmiddellik is groot gebiede in die Wes-Kaap sonder krag gelaat, terwyl die effek daarvan in die res van die land ook gevoel word, selfs in die hoofstad waar buitelandse missies waarskynlik op hierdie wyse eerstehands kan voel hoe basiese dienslewering onder die ANC werk.

Die elektrisiteitsprobleme word al hoe groter, en probleme word al hoe korter op mekaar gevoel.  Ons kan ons net indink hoe dit gaan lyk teen 2010."

Die HNP blameer restellende aksie en transformasie vir die elektrisiteitskris en het voorts gesê: "Dit word met die dag al meer duidelik dat die ANC-regime nie kan regeer en nie kan bestuur nie.  Hy kan nie daaglikse dienslewering aan die gang hou nie.  Nou word die wrange vrugte voelbaar gepluk van sy beleid om bekwame blankes te vervang met onbekwame Swartes — net omdat hulle swart is.

Ons hoop dat die ambassades en konsulate wat in die land is en hierdie wantoestande nou byna daagliks begin voel, hulle regerings daaroor gaan inlig.   Maar dit word al hoe meer duidelik dat, ten spyte van al die ander faktore wat ‘n rol speel, geen wêreldbekersokkertoernooi aangebied kan word as daar nie eens ‘n waarborg is dat die stadions se liggies kan brand nie."

жилета для девочкилобановский александр отзывы

SA ervaar elektrisiteitskrisis – Eskom

Suid-Afrika het te min elektrisiteit om in die vraag te voorsien, het Eskom vandag aangekondig.

"Eskom ervaar onbeplande kragonderbrekings van 4600 MW as gevolg van tegniesesentraleprobleme. Dit is 3000 MW hoër as die verwagte syfer vir die huidige tydperk," het die maatskappy se direkteur: verspreiding, Jacob Maroga, in ‘n verklaring gesê.

Eskom is besig om alle voorafbeplande noodmaatreëls in werking te stel. Dit sal egter nie genoeg wees om die elektrisiteitstekort vir vandag en moontlik die volgende week te oorkom nie.

Volgens Maroga is die nasionale verspreidingsnetwerk wel stabiel, maar die land staar ’n tekort aan beskikbare opwekkingskrag gedurende dié periode in die gesig. Hy beskryf die situasie as “krities”.

Koeberg-kernkragsentrale se eerste eenheid het om 2.18 v.m. op Donderdagoggend gaan staan toe die turbine uitgeskakel het.

“Die reaktor verkeer in ’n veilige afskakeltoestand. Die oorsaak van die turbine-uitskakeling word tans ondersoek.”

Verpligte ladingverligting sal landwyd geïmplementeer word, indien nodig, om die balans tussen vraag en aanbod te handhaaf.

Eskom het ‘n beroep op die publiek gedoen om alle nie-noodsaaklike elektriese toerusting soos lugreëlaars, warmwatertoestelle en swembadpompe af te skakel. (Gegewens van Sapa)

запчасти на насосные станцииФільчаков прокурор

Die rykdom van ellende

ImageChinua Achebe en hoe die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag verlustig.

Onkonkwo, as julle nie geweet het nie, is soos ‘n hond begrawe.

Wel, ás julle dit nie geweet het nie, kan julle dit vir julleself lees op die blakerteks van die Nigeriese skrywer Chinua Achebe se oorprese boekie Things fall apart. Dit is selfs destyds tydens die sestigerjare  in Afrikaans vertaal onder die titel, ’n Pad loop dood.

‘n Blakerteks se woorde, moet ‘n mens onthou, word met groot sorg gekies. Jy het ‘n karige getal woorde om die lukrake boeksnuffelaar te oortuig om dié een te lees. Die goue reël, sou ek reken, is om in die blakerteks aan te dui wat dit in die boek is wat die moontlike koper sal wil lees. Daar is bepaal dat by verre die meeste lesers van Achebe se boek Afrika inboorlinge sou wees en ‘n Pad loop dood moes noodwendig ‘n weerklank van swartmense se emosies wees. Wat die potensiële lesers – mense van Afrika – van die inhoud van Achebe se boekie wil weet, het die uitgewers besef, is dat Onkonkwo soos ‘n hond begrawe is.

“Onkonkwo,” skryf die blakerouteur, “was een van die magtigste manne van sy stat. Toe kom die Europeërs en verwoes alles. En hulle verwoes vir Onkonkwo. Hulle het hom soos ‘n hond begrawe.” En? En niks. Hierdie is nie maar ‘n uittreksel uit die blakerteks nie. Dit ís die blakerteks, die hele blakerteks. Die uitgewers en Achebe het saam raakgevat. Duidelik. Meer as 10 miljoen eksemplare van die oorspronklike Engelse uitgawe van Things fall apart is verkoop, hoofsaaklik aan swartmense wat hulle verlustig het aan die gedagte van ‘n rasgenoot wat vernederend aan sy einde gekom het, nie om hom te verguis nie maar juis omdat sy verkleinering hulle verkleinering is en sy ondergang hulle ondergang is.

Hierdie aansporing om die boek te lees lê vreemd in die Westerse oog. In die Weste word heldhaftigheid en oorwinning gevier. Selfs as hy vergaan, moet die held se lewe deur sy oorwinning gedefinieer word. Die blakerteks op die rugkant van ‘n biografie oor Piet Retief, byvoorbeeld, sal nie vassteek by die verslag van hoe hy en sy troue kamerade verraai, vermoor en vir die aasvoëls gevoer is nie. Geen blanke leser sal gewen word deur die indruk dat Retief se algehele lewensbydrae in ‘n bloedige bondel verbryselde bene aan die voet van ‘n krans geëindig het nie. Die blakerteks sal noodwendig moet fokus op die vervulling van Retief se visie en die impetus wat dit gegee het vir die totstandkoming van die Afrikanervolk. Daar sal verduidelik word dat sonder Piet Retief se offer daar geen Bloedrivier sou gewees het nie. Oorwinning uit die roet van neerlaag is ‘n gewilde Westerse motief.

In teenstelling daarmee verlustig die Bantoe hom in sy eie vernedering en nederlaag. Hy het gou besef hy kan nie met die Westerling meeding op militêre, ekonomiese of administratiewe gebied nie. Maar daar is wins te maak uit die een posisie wat die Europeër verseg om in te neem: Dié van slagoffer, en nie bloot slagoffer van die algemene wispelturigheid van klimaat, epidemie of noodlot nie maar as ‘n ellendige wat juis deur die Westerling omvergewerp, neergevel en verdruk is.

 Die blakerteks het duidelik daarin geslaag het om potensiële lesers te oortuig dat daar welig namens hulle gely word in ‘n Pad loop dood. Tienmiljoen kopers kan nie verkeerd wees nie. Nie net is dit van Lagos tot Luanda voorgeskryf vir die leerlinge van Afrika nie, dit is met amper histeriese lofgesange in die Weste self ontvang waar mense amper ewe veel gefassineer is deur verhale van swart smart. Dit is tot meesterstuk geslaan en daar word slaafs onthou om dit in te voeg op 100-besteslysies. (My enigste verklaring vir dié ophemeling is dat die Westerse kritici so geskok was dat ‘n Bantoe ‘n hele boek waarskynlik op sy eie in Engels kon skryf dat hulle dit ongereserveer tot klassieke status verhef het.) Om uit die ganse letterkundeskat van alle kulture slegs 100 boeke te keur as die beste romans ooit is natuurlik ‘n intense subjektiewe oefening.

My subjektiewe mening is dat ek aan eenhonderd boeke net in Afrikaans kan dink wat beter is as ‘n Pad loop dood. Achebe se toegejuigde werkie het ‘n onsamehangende struktuur, die gebeure daarin en die karakters se reaksie daarop is onbestendig en die karakterisering is maar efferig en alles behalwe konsekwent. Die skryfstyl is eenvoudig, gestroop van fieterjasies ja, maar ook van atmosfeer. Die boekie is in 1958 geskryf en Achebe is net nog ‘n skrywer wat sy skryfstyl daardie jare in Ernest Hemingway se sleurstroom versuip het. Hemingway se styl is sterk en manlik. Hy het die oog van ‘n verslaggewer gehad en gebruik detail, dialoog en ‘n presiese beskrywing van dade om die leser te betrek. In die jare na die oorlog is sy styl wyd bewonder en deur troppe skrywers sonder noemenswaardige sukses nageboots.

Achebe se prosa is eerder kinderboekstyl en is skraps verdoesel as ‘n propagandatraktaat. Resensente het gepraat van sy “misleidende eenvoudige styl.” Daar was geen misleiding nie. Sy styl is net eenvoudig, miskien effe pretensieus so, soos die pseudo-mistieke selfhelpboekies van vroeër, geskryf deur iemand soos Og Mandino. ‘n Mens kry die indruk van ‘n skrywer wat sy potlood se punt natlek voordat hy skryf en, wanneer hy skryf, sy oë op skrefies trek van konsentrasie om tussen die lyntjies op die papier te bly. Dit is die soort prosa wat staatmaak op die keisersklereformule: Omdat daar min voor die oog aangaan, aanvaar kritici al te maklik dat daar iets meer substansieels iewers in die teks versteek is, al kan hulle self dit nie sien nie.

Inderwaarheid is daar weinig meer aan die boek as wat in die lyfteks te lees is. En die blakerteks is ‘n getroue eggo van die inhoud van die boek. Albei gebruik dieselfde klemsin: Hulle het hom soos ‘n hond begrawe. Dis asof Achebe ‘n baken, gevorm soos ‘n reuse uitroepteken, in die grond langs die lae, langwerpige duintjie in die harde Nigeriese grond gaan plant het. “Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe!”

Vergeet van sy status as ‘n kampioenstoeier en stamleier, vergeet van sy drie vroue, sewe kinders, sy plaas – die sentrale feit van Onkonkwo se lewe is sy einde of, meer presies, die post scriptum na sy einde, meer spesifiek dat hy soos ‘n hond begrawe is. Bliksemse witmense!

Ek sou dink dat Onkonkwo, soos Achebe hom aan ons verduidelik, ruimskoots verdien het om soos ‘n hond begrawe te word. (As ons aanvaar dat die mens se beste vriend tradisioneel op ‘n afgeskeepte wyse ter aarde bestel word.) Hy is ‘n ongenaakbare karakter, vol neuroses en wantroue, afsydig teenoor sy vroue en afkeurig teenoor sy oudste seun, Nwoye. Daarby is hy deurtrek met bygeloof en pomp bloedlus styf deur sy Afrika-are. Wanneer ‘n “orakel” aanvoer dat die gode vereis dat Ikemefuna doodgemaak moet word, is Onkonkwo meer as bereid om daarby in te val, selfs al dui dieselfde siener aan dat Onkonkwo nie aan die moord mag deelneem nie. Dat iemand op die wispelturige woord van ‘n toordokter vermoor kan word, is gruwelik genoeg, maar Ikemefuna is nie sommer net ‘n toevallige kennis van Onkonkwo nie. Hy is ‘n jongman wat deur Onkonkwo as sy eie seun grootgemaak is. Dit keer nie vir Onkonkwo om opgewonde deel te neem aan die verraderlike lokval waarin die jongman vernietig word nie. En die een wat sy skedel uiteindelik met ‘n kapmes oopsplits is niemand anders as daardie pilaar van die samelewing, Onkonkwo self, nie. (Die stam reageer in afgryse op Onkonkwo se daad, nie omdat hy sy pleegkind wreed vermoor het nie, maar omdat die orakel gesê het hy moet dit vir die ander los.)

Hierdie is, volgens Achebe se denke, ‘n algehele onbenulligheid. “In Afrika,” lyk dit of hy sê, “kap ons ons kinders met pangas dood, en wat daarvan? Kom ons fokus op die belangrike dinge. Die Europeërs het gekom. Onkonkwo is soos ‘n hond begrawe.”

As ‘n mens met die blakerteks moet kibbel, is hierdie die aangewese punt. Dit is nie dat die waarheid nie gepraat word nie – die Engelse het Onkonkwo inderdaad begrawe en dit blykbaar soos ‘n hond – maar dit is nie die volle waarheid nie. Dit het Onkonkwo se stam vrygestaan om hom met alle teerheid en eerbetoon te begrawe maar hulle wou nie want… hy het selfmoord gepleeg en dit is teen hulle bygeloof om ‘n selfmoordenaar te begrawe.

Die besluit om met homself weg te doen het gevolg nadat hy een van die Engelse se boodskappers met daardie selfde getroue panga doodgekap het. Uit pure moedeloosheid oor sy stam se papbroekigheid om sy voorbeeld te volg, hang hy homself op. Sy dood, lei ‘n mens by Achebe af, was algeheel sinneloos.

Maar was dit regtig? Die waarheid is dat die fiktiewe Onkonkwo se dood meer as net winsgewend was, dit het die model van ‘n enorme industrie geword. Dit het gedemonstreer, as demonstrasie nog nodig was, dat daar ontsaglike profyt in die Afrikaan se selfbejammering is.

Sommer so met die intrapslag het dit van Chinua Achebe ‘n multi-miljoenêr gemaak en dit terwyl duisende meer verdienstelike boeke, artistiek en sosiaal, deur uitgewer en leser afgeskeep is. Achebe se genialiteit, indien enige, lê daarin dat hy sy rasgenote se ondergang en vernedering met soveel klem gevier het in die boek. As hy ‘n boek geskryf het oor ‘n Afrika inboorling se triomf, sou die Bantoe sy neus daarvoor opgetrek het en sou dit nie soveel as ‘n bries in die laning van die Westerse bewussyn gewees het nie. Maar die toonlose vertelling van ‘n Bantoe se vernedering het weergalm in die gesamentlike gemoed van ‘n Weste wat toe reeds in die liberalistiese maar geensins libererende greep van selfverguising was.

Die Westerling was, in ‘n vrugbare toeval vir Achebe, in 1958 besig om die formuliere en rituele van sy nuwe godsdiens, selfaanbidding, te ontwerp.

Friedrich Nietzsche het reeds in die 19de eeu opspraakwekkend verklaar: “God is dood.” Tom Wolfe noem dit die “tweede belangrikste stelreël in moderne filosofie". Nietzsche, verduidelik Wolfe, het hierdie nie as ‘n uitdaging aan God beskou nie. Hoe kon hy? Hy was nog altyd ‘n onwrikbare ateïs. Hy het eerder daardeur aangedui dat die rol van godsdiens in die lewe van die moderne mens aan die kwyn was en in die twintigste eeu sou verdwyn en daarmee saam sy morele ankers. Die mens se instinktiewe soeke om lojaal te wees aan ‘n mag sterker as hy en een wat oorwegend goedgunstig teenoor hom is, sou hom lei om “nasionalistiese broederskappe” te stig om aan te behoort. Hierdie broederskappe sou vir hulle die morele reg toe-eien om op die eiendom van ander nasionale groepe beslag te lê. Die hoogste reg behoort aan die broederskap self. Die filosoof het reg geprofeteer en in die twintigste eeu was die Nazi’s en die Kommuniste die presiese vergestalting van Nietzsche se “nasionalistiese broederskappe".

Maar hierdie broederskappe was nie die enigste ersatz godsdiens in die dorp nie. Die mens het reeds vir millennia ‘n ywer gehad om homself as god te verklaar en te aanbid. Die oersondaar, Adam, is na alles juis verlok deur die slang se belofte dat hy “soos God” sou wees. Hierdie entoesiasme was nog altyd enigsins gedemp deur die eenvoudige besef dat die mens nie homself of die res van die heelal geskape het nie – ‘n voorvereiste vir godstatus. Dié lastigheid is omseil deur Charles Darwin se gedagte dat indien die mens homself nie geskep het nie, het hy darem vanself ontstaan en dit is ‘n baie bevredigende naasbeste. Dit het vir die Westerling die filosofiese beweegruimte gegee om homself as god aan te stel. Die kwyning van die kerk se gesag, die stukrag van die Tyd van Rede en die tegnologiese uitbarsting van die twintigste eeu het die beslag gegee aan ‘n nuwe interpretasie van ‘n baie ou godsdiens.

Die votum van hierdie geloof is in die wekroep van die Franse rewolusie verskans: Vryheid! Gelykheid! Broederskap! Daaruit het die sillogisme gevolg dat as alle mense gode is en alle mense is gelyk, dan moet alle gode dieselfde status hê. Daar is nie sprake van “mindere gode” nie, om die titel van ‘n snikfliek van die tagtigerjare te leen en te vertaal. Aanvanklik het ekonomiese wedywering en ekspansionistiese koors veroorsaak dat hierdie leerstellinge tuis deur avant garde ghoeroes ontwikkel is maar nie op vreemde vastelande toegepas is nie. Oorlewing en nasionale wedywering was nog altyd die grootste mededinging vir godsdienste.

Maar na die helse ontwrigtinge van die vroeë twintigste eeu, het die Westerling in die vyftigers opsy gestaan van die inferno van sy militêre avonture en oorgegee aan die gedagte dat die mens skrander en wys genoeg is om sy eie tekortkominge aan te spreek en om die krisisse van die wêreld te besleg. Die Westerling het ‘n ywerige proseliet van sy eie godsdiens geword: Die mens is sy eie god en daar is geen onderskeid tussen gode nie. Ons is vry! Ons is gelyk! Ons is broers!

Toe “Things fall apart” in 1958 verskyn het, was die Westerling te gelyke tyd profeet, hoëpriester en ketter van die selfaanbiddingkultus. Die afvalliges was hulle voorgeslagte wie se entoesiastiese gierigheid en hardkoppigheid almal binne ‘n ommesientjie in twee en ‘n halwe wêreldoorloë (as die Koreaanse misverstand bygetel word) gedompel het. Die voorgangers se sondes het arrogansie ingesluit en daarmee saam die gedagte dat die Westerling superieur is en die vreemdeling, vernaamlik die Afrika-inwoner, minderwaardig. Dit was ‘n gruwelike godslastering. Maar daar was ‘n heilsplan vir die verlore Westerling.

Die idee was dat die blanke sy eie godepotensiaal vervul het en dat die bantoe dit eweneens sal doen as hy net die ruimte vir ‘n aanloop gegun word. Enige blanke geluide oor kultuurgebreke en etniese verskille was brandstapelsake. Die geloofsverraaier moes verdelg word! Die balanse in Elisium moes herstel word! Die verguisde gode moes opgehef word! Die hele godedom moes gemobiliseer word in dié edele onderneming en daarvoor was dit nodig om te beklemtoon presies hoe pateties, agterlik en verkleineer die godsgenote in Afrika gelaat is deur westerse gierigheid en ongevoeligheid. Daarom dan dat, in hierdie selfgeselende manie, Achebe se werkie oor Onkonkwo – hy wat soos ‘n hond begrawe is – met soveel prewelende eulogieë ontvang is.

Die Afrikaan, buiten die bygelowige afgodeslaaf wat hy is, is ook ‘n pragmatiese oorlewer. Hy het gou geleer om  openbare selfbejammering na waarde te skat. Vandat hy vir die eerste keer die wonderwerke van Westerse tegnologie aanskou het – in “Things fall apart” is dit ‘n fiets – sou die Bantoe nooit weer rus hê in sy primitiewe paradys nie. Kinderlik betower deur krale en blinkware moes hy dit hê, dit alles, nie net die fiets nie maar ook, later, die motor, die vliegtuig, die ontwerpersjeans en die stereostel, ja, maar ook die masjiengeweer, die mortier, die vuurpyllanseerder en die pantserkar wat sy stamkonflikte tot ‘n hele nuwe, opwindende dimensie sou neem.

Maar, sou hy uitvind, selfs in Elisium moet daar vir die dekor en die rekwisiete betaal word. Afrika het rykdomme, natuurlik, goud en olie en landbouprodukte, maar dit het skaars die gulsige bankrekeninge van ‘n indrukwekkende lys diktators versadig en die res van die swart vasteland so arm soos Onkonkwo se stat gelos. Om soos ‘n god, ‘n witman, te leef, sou die inboorling van Afrika iets anders moes kry om te verhandel. Hy was nie kultureel toegerus of vindingryk, skrander en geduldig genoeg om rykdom te versamel nie. Maar hy kon selfbejammering verbou en het ‘n groot, ryk en oneindig simpatieke mark daarvoor gevind. Dit het die patroon geword: Die Afrikaan sal tjank en verwyt en die witman sal sy hand in sy beursie steek. Hy doen dit al meer as ‘n eeu lank en dit werk elke keer.

Booker T. Washington, ‘n intelligente Negerleier van die negentiende eeu, het van hierdie handel in volksmart as ‘n siekte gepraat: “Daar is ‘n ander klas van gekleurde mense,” het hy gesug, “wat daarvan ‘n besigheid maak om die probleme, die onregte en die swaarkry van die Neger ras voor die publiek te hou. Nadat hulle geleer het dat hulle in staat is om ‘n lewe te maak uit hulle moeilikhede, het hulle hulleself gevestig in die gewoonte om hulle onregte te adverteer – deels omdat hulle simpatie wil hê en deels omdat dit lonend is. Party van hierdie mense wil nie hê dat die Neger sy griewe sal verloor nie want hulle wil nie hulle werke verloor nie… Daar is ‘n sekere klas beslegters van rasseprobleme wat nie wil hê die pasiënt moet gesond word nie want so lank as wat die siekte uithou, het hulle nie net ‘n maklike manier om ‘n lewe te maak nie maar ook ‘n maklike medium waardeur hulle hulleself prominent voor die publiek kan maak.”

Hierdie krankheid is vandag nog net so lonend. Bantoes verlustig hulleself nog ewe ywerig in hulle eie verliese en vernederings. So is Cassinga Dag, die hoogheiligste vakansiedag op die Namibiese kalender, insiggewend genoeg nie die viering van ‘n grootse militêre oorwinning nie maar van ‘n verpletterende neerlaag wat hulle aan hande van die Suid-Afrikaanse Weermag in die tagtigerjare gely het.

Variasies van hierdie tema word opgeneem in Drum Magazine se uitgawe van 11 Januarie 2007. Daarin word afgeskop met ‘n reeks waarin hulle pronk met 100 hoogtepunte uit “swart mense se bydrae aan die wêreld.” Van hulle presteerders sluit in die Zoeloe hoofman, Bambatha, wie se rebellie nek omgedraai is deur die Engelse in Natal; diverse Nigeriërs wat hulle land amper in ‘n burgeroorlog verwoes het; Emmett Till, ‘n Neger wat in Mississippi vermoor is; arm Negers wat in die “skrikwekkende Tuskegee eksperiment” besmette bloed ingegee is sodat wetenskaplikes vir ‘n kuur vir sifilis kon soek; Rodney King wat deur Los Angeles se polisie-paaiboeilies opgefoeter is en die swart marsjeerders wat tydens Bloedige Sondag in Selma, Alabama geskiet is.

(Twee militêre triomfe word wel genoem. Een daarvan is die verdrywing van die Italianers uit Ethiopië. Veelseggend genoeg verswyg die kopieskrywers dat dit inderwaarheid die Suid-Afrikaanse leër, hoofsaaklik deur Afrikaners beman, wat die bakleiwerk vir Selassi se oorwining gedoen het. Die skrywers voer ook aan dat die genoemde Bambatha rebellie wel verpletter is maar dat dit die saad gesaai het vir die toekomstige ANK gewapende stryd. Mislukking is gevolglik gebore uit nederlaag.)

Die Bantoe se onvermoeide bondgenoot in hierdie smartryke dwepery is die moderne westerse pers.  DSTV het drie rolprente met moderne Afrika-temas bymekaar gehark vir wat hulle ‘n “filmfees” noem. ‘n Gewigtige stem intoneer in die lokprent: “In 1955 is 30,000 mense uit hulle huise in Sophiatown gesit. Die wêreld het weggekyk.” Dit om die rolprent “Drum” mee te adverteer. “Hotel Rwanda” trek in dieselfde juk en die verteller dreun: “In 1994 is 800,000 mense wreed in Rwanda vermoor. Die wêreld,” herhaal hy weemoedig, “het weggekyk.”

Wat hom by “Country of my skull,” gebaseer op Antjie Krog se skuim-om-die-mond verslag van die WVK, bring. Dit moet die klimaks wees in die advertensie. Hierdie is ‘n apartheidsfliek en apartheid is mos die klimaktiese sonde van die mensdom. Maar hoe vergelyk jy die Nasionale Party se paternalisme met die Hoetoes se bloedige kranksinnigheid? Daar was reeds ‘n progressie van 30,000 ontseteldes tot 800,000 uitgewisdes. Maar hoe oortref jy amper ‘n miljoen mense wat aan stukke gekap is deur hulle bure? Vir ‘n DSTV kopieskrywer is daar geen sprong in logika te hoog of te ver nie. “In vyf-en-veertig jaar van apartheid,” jodel die verteller, “is 19 miljoen mense verontmenslik.” En, reg geraai, die wêreld het weggekyk.

Daar het ons dit: Verwerping! Massamoord! Verdrukking! Dit is – alles! – goud, of ten minste dollars en ponde en euros, werd, en rande; baie, baie, baie rande. O rykdom van ellende! Selfs Afrika se grootste en heiligste held, Rolliesjlasjla Mandela self, se roem is ‘n vaandel wat nie uit die weefwerk van ‘n grootse oorwinning of ‘n briljante veldtog gesny is nie. Hy, die middelmatige leier van ‘n onbeholpe terroriste-organisasie, is as superheld verhef omdat hy gevang en vir die grootste deel van sy produktiewe lewe in die tronk gestop is. Elkeen van sy tienduisend dae in die gevangenis was uiteindelik honderde miljoene rande werd.

Rande vir trane ten spyt, daar is niks onbenullig aan die swaarkry van die inboorling van Afrika nie. Maar ook op lyding het hy nie patentreg nie. Ek dink aan ‘n ander volk wat verpletter is deur ‘n veel groter een, ‘n gulsige en ongenaakbare nasie. Maar hierdie verbryselde volk het nie ‘n industrie van hulle smart gemaak nie. Hulle het eerder met waardigheid en onbuigbare vasbeslotenheid hulleself en hulle land opgehef uit hulle nasionale ellende. Ek weet, ek weet: Omdat die Afrikaner dit reggekry het, is dit geensins gewaarborg dat enige swart nasie hom dit kan nadoen nie. Maar dit gee vir ons die reg om te verwag dat die Bantoe van êrens die trots sal ontwikkel om op te hou om homself so te bejammer begin om sy gewig te trek. Hy moet besef dat sy verlustiging in sy eie smarte ‘n snoeiskêr is wat aan sy wortels lê en hom sal verhoed om ooit selfstandige vooruitgang te beleef.

Afrika se smarte is juis ‘n bedryf wat sy glans verloor. Dit was lonend in ‘n tyd wat die Weste die mag en die vryheid gehad het om neerdalend vrygewig te wees. Maar daar kom ‘n nuwe era, ‘n Götterdämmerung van die Westerse kultuur in die gloed van die verrysing van die Ooste, en die blanke sal verbete moet veg vir sy eie oorlewing. En dan sal hy nie die geduld of die geneigdheid oorhê om vir die smartsug van ‘n vreemde ras te betaal nie. Die Afrikaan sal sy eie heil moet uitwerk, sy eie weg op ‘n mededingende planeet moet vind. Maar so lank as wat hy daardie skisofreniese skepsel is – half primitiewe tradisionalis, half moderne leë dop; half verflenterde kaalvoetklonkie, half novus negro, die nuwe knipogende, flinkvoetige, pittige, selfvoldane maar onbeholpe swartman – sal hy nie die aansporing hê om sy eie voortreflikhede te ontdek en, oneindig belangriker, om sy eie tekortkominge te konfronteer nie.

Die gevaar is dat die Afrikaan uiteindelik verswelg sal word in sy verlustiging in sy eie smarte. Die logo van die Nuwe Suid-Afrikaner het ‘n swartman geword wat uit sy M-klas Benz klim, kruk in die een hand en bedelhoed in die ander. Een swartman, die Amerikaanse skrywer Keith Richburg, het darem die intellektuele eerlikheid gehad om na nadere kennismaking met Afrika te skryf: “Dank God hy [sy voorvader] het uitgekom [as slaaf uit Afrika na Amerika.]” As die swart Suid-Afrikaner ewe eerlik sal wees, moet hy prewel: “Dank God vir apartheid, vir verkleinering, vir verdrukking, vir diskriminasie. Dit het my veel ryker gemaak as wat ek gedroom of verdien het.”

Die Afrikaner wat wag dat die Bantoe uiteindelik sal afsien van sy smartsug sal oud word sonder om dit te beleef. Uiteindelik sal hy besef dat daar nie genoeg geld in die heelal is om die swartman van sy selfbejammering te laat afsien nie. Die Afrikaner sal om hom kyk en sien hoe hierdie selfvernietigende aanspraak op lyding ‘n eens trotse en welvarende land afgetakel het tot net nog ‘n stowwerige Afrika-mislukking. En dan sal hy gaan. Hy sal ‘n deel van die land vir homself afbaken en die swart stamme los om by mekaar te neul oor hulle swaarkry.

En oorblyfsels van Suid-Afrika sal weer word soos die Afrika van Onkonkwo waar ‘n grootman sy pleegkind met ‘n panga kan doodkap omdat hy glo die toordokter het so gesê. Die kind sal vergeefs in sy sterwensnood vir geregtigheid uitroep. Daar sal niemand wees om hom jammer te kry nie.

сколько стоит циклевка паркетаЛобановский Харьков

Tegnofiel of tegnofoob?

ImageVerruil eerder jou multimediahandtoestel vir ‘n vulpen.

Tot my spyt moet ek erken dat ek my hele lewe lank al ‘n tegnofiel is. Bygesê: ek was nog nooit verslaaf aan drank of dwelms of dobbel nie. Dus het ek nog altyd gedink dat my versugting na die jongste en vinnigste Intel-skyfie of multimediahandtoestel ‘n skadelose gewoonte was.

Nou onlangs het ek egter tot ander insigte begin kom. Of stel dit so: SonyEricsson en Vodacom is besig om ‘n nuwe deernis met potlode en uitveërs by my te wek. Ek geniet dit al selfs om poskantoor toe te gaan. Nie net is daar al hoe minder mense in poskantoortoue nie – want almal buiten ouetehuisinwoners stuur mos deesdae e-posse – maar die posdiens sorg soms vir aangename verrassings.

So het ek onlangs vir twee mense oorsee elkeen ‘n eksemplaar van my nuwe boek, Aweregs, gepos. Dit weeg ‘n allamintige een kilogram en sou te duur wees om lugpos te versend. Dus stuur ek die boeke toe maar seepos. Ses dae later kom een boek in Londen aan en ‘n ander in Toronto. My leser uit Toronto merk toe op dat Suid-Afrika oor baie vinnige skepe beskik!

Die enigste aangename verrassing wat ek nog ooit van ‘n blikbrein of elektroniese toestel ontvang het, was toe ek doer iewers in 1983 die eerste “woordverwerker” aanskou het waarvoor mens nie Tippex nodig gehad het nie. Dié wonderwerk het my aangevuur om my heel eerste prehistoriese Apple Macintosh in Orwell se jaar 1984 te koop.

In my jeugdige voortvarendheid het ek daardie Apple tot my vrou se verdriet op huurkoop aangeskaf omdat ek dit nie anderins kon bekostig nie. Vriende en familie wat my gesien het met ’n groot bruin sak waarin ek die blikbrein liefderik rondgedra het soos op Steve Jobs se advertensies, kon sien dat ek ‘n skroef – of liewers ‘n halfgeleier – los had, want almal het my voortdurend gevra: “Maar wat wil jy tog met die ding maak?”

Hoe dit ook al sy, van daardie dag af toe ek Apple se kleurbrosjures in ‘n Pretoriase winkel raakgeloop het, was ek ‘n bekeerde tegnofiel wat slaafs elke nuwe kinkel in die IT-revolusie nagevolg het. Toe selfone Suid-Afrika in 1994 tref, het ek naarstiglik tydens die toetsperiode elke diensverskaffer gebel en was ek die eerste persoon in my omgewing met ‘n kousfoon ‘n Nokia 2110i wat op daardie stadium die topmodel was. Dat dit so groot soos ‘n baksteen was en my broeksak lelik afgerem het, was ‘n bysaak. Ek moes die diensverskaffer amper smeek om dit vir my te gee teen die afgryslike bedrag van R4500 nog voor ek die eerste oproep gemaak het.

Terloops, waarom noem die Duitsers ‘n selfoon ein Handy? Het hulle swaksinnig geword?

Toe kom internet en natuurlik was ek weereens voor in die koor en het ‘n hele naweek deur gesukkel om my e-pos op Windows 3.1 in te stel. Kan iemand nog Windows 3.1 onthou? Dit was iewers vóór Windows 95 en ná DOS. Omdat Apple Suid-Afrika geboikot het, was die meeste Suid-Afrikaners toentertyd onbekend met vensters op hul rekenaars totdat Bill Gates besluit het om Steve Jobs se masjiene te begin na-aap. Daar was mos ‘n hofsaak daaroor.

Een van die kenmerke van ‘n tegnofiel is dat hy (dis gewoonlik ‘n hy; vroulike tegnofiele is yl gesaai) gewoonlik sy eie Kersgeskenk aanskaf, verkieslik iets wat met ‘n handleiding in ‘n kunstige verpakking verkoop word. Iets soos ‘n Ipod byvoorbeeld, Steve Jobs se jongste foefie ná hy die stryd met Grootbroers IBM en Microsoft in die rekenaar-arena verloor het.

Tot onlangs kon ek nie verstaan waarom sommige mense “‘n selfoon wat net kan bel” wil hê nie. Ek het gedink sulke siele is van lotjie getik. Wie wil “net bel” as jy ‘n multimediahandtoestel kan besit waarop jy e-pos kan ontvang, op die internet kan seil, jou banksake kan doen, foto’s of video’s mee kan neem en, les bes, in verveelde oomblikke op die vliegtuig skaak kan speel of musiek kan luister as jou Ipod nie saamgekom het nie?

Dis nog ‘n wet van tegnofilie: die aantal toestelle wat jy in jou broeksak kan ronddra of aan jou gordel kan vasgespe, verteenwoordig ‘n eindige versameling. As ek ‘n dagreis ver gaan, moet ek gewoonlik ten minste drie of vier soorte laaiers saamneem want niks plaas so ‘n demper op tegnogenot soos ‘n pap battery nie.

Die Franse filosoof Jean Baudrillard het iewers beweer dat tegnologiese vooruitgang nie eintlik lei tot groter produktiwiteit nie. Beter vervoermiddels lei tot verkeersknope, goedkoep e-pos lei tot gemorspos, ens. Met al ons kommunikasiemiddele kommunikeer ons eintlik swakker as ooit tevore. Enigeen wat al gesien het hoeveel boeke C.M. van den Heever met ‘n tikmasjien geskryf het of Honoré de Balzac met ‘n gansveer en ink, sal verstaan wat ek bedoel.

Toe ek ‘n kind was, het die bank jou rekeningsaldo met die hand in jou spaarboekie ingeskryf met ‘n rubberstempel daarnaas. Mense het sonder rekenaars opgetel en afgetrek, die boeke gebalanseer en om een of ander onverklaarbare rede was die toue in die bank korter en die mense agter die toonbank vriendeliker.

Het tegnologie die wêreld verbeter? Dis die soort onderwerp waaroor hoërskoolkinders ‘n opstel sou kon skryf. Maar ons weet dat kinders, juis vanweë tegnologie, vandag nie meer kán skryf nie en selfs universiteitstudente die woord lekker as “lekr” skryf en nie meer tussen eksamen en sms-klets kan onderskei nie. Terloops, die korrekte Afrikaans vir “sms” is “kortboodskap” wat mens seker tot kbs sou kon afkort.

Daar is koerantrubriekskrywers wat nie ‘n paragraaf in Afrikaans kan skryf sonder om die Amerikaanse cliché te gebruik wat hulle in gisteraand se Hollywoodfilm gehoor het nie. Ek wonder altyd hoe lyk hulle rubrieke voor die subredakteurs hulle op ‘n manier reggedokter het.

Behalwe jong barbare wat nie sonder speltoetsers kan spel nie, is daar twee dinge wat veroorsaak dat ek met verlangende oë na potlode en uitveërs begin staar: Sony Ericsson se nuwe P990-selfoon en Vodacom se 3G-kaart. As ongeneesbare tegnofiel, het ek natuurlik in die slaggat getrap om die sogenaamde “rooi kaart” van Vodacom aan te skaf. Van dag een af het die ding nog nooit behoorlik gewerk nie. En natuurlik het ek dit in die vroeë dae verkry toe jy nog vir die apparatuur moes betaal en jy soos op daardie Virgin Mobile-advertensies tot twee jaar kontrakstraf gevonnis is.

Ek het al meer e-posse aan Vodacom geskryf as wat Steve Hofmeyr van sy bewonderaarsklub ontvang het. ‘n Mens het ‘n groter kans om die Lotto te wen as om ontvangs op die rooi kaart te kry. Op ‘n stadium het Vodacom ‘n Oosterse man na my huis toe gestuur wat glo aan die selfoontoring sou verstel en vir ‘n paar dae was daar ‘n verbetering.

Die jongste toertjie wat die rooi kaart egter aanvang, is om elke tien minute of so my hele rekenaar af te skakel, met so ‘n vriendelike blou skerm wat verskyn met die boodskap: Fatal error; I am saving a dump file. Dan kos dit herlaai en wag, wag, wag.

Die vorige Sony Ericsson P900 was enige tegnofiel se droom. Jy kon ‘n foto van Washington neem en dit met ‘n vinnige epos na jou kind in Johannesburg versend of Wagner se Walkurerit van ‘n CD af in MP3 omskakel en as ‘n luitoon gebruik. Iets wat ek natuurlik gedoen het, om my foon tussen al die lawwe deuntjies by die Spur of Pick’n Pay te onderskei.

Ek het seker ses maande gewag vir die P900 en toe ek dit uiteindelik kry, was die nuwe P910 al uit. Dis een van die probleme van tegnologie: alles is verouderd sodra jy dit uit die ontwerpersverpakking haal.

Dié keer het ek dus seker gemaak my naam is eerste op die waglys vir die nuwe P990 en ná vyf maande se gewag het ek uiteindelik die sellofaan van die kartondoos kon afskeur. Maar wat ‘n teleurstelling! Nie net is die foon veel stadiger as my oue nie, dit het lyk my by die 3G-kaart aangesteek en kom gereeld tot stilstand, soms selfs tydens ‘n oproep. Dan kan ‘n mens dit nie eens afsit nie; al wat deug, is om die battery uit te haal. Anders as Vodacom, beantwoord Sony Ericsson nie e-posse nie en moet ek dus maar opsukkel met ‘n seweduisendrandfoon wat soms verseg om te bel.

Na ‘n lang gesukkel, het Vodacare vir my die programmatuur op die P990 verander, nadat ek twee keer al die pad Midrand toe moes ry. Nou werk dit beter, maar steeds vang dit eienaardige dinge aan. So byvoorbeeld toon dit nie vir my die naam van ‘n beller nie, al is die persoon in my adresboek. Na afloop van die oproep wil die foon die “nuwe nommer” in my adresboek opslaan, al is dit reeds daar.

Wanneer gaan Sony Ericsson wakker skrik en vir ons selfone in Afrikaans gee? Gelukkig kon ek darem ‘n Nederlandse taalpakket van die internet aflaai en spreekt mijn foon nu Nederlands. Maar dis maar ‘n tweede beste. Veral omdat die Hollanders soveel tegniese taal uit Engels ontleen. Hulle kort ‘n paar lesse van Afrikaners. 

Deesdae vermy ek Jan Smuts-lughawe, enersyds omdat ek nie van naamsveranderings hou nie, andersyds omdat daar soveel advertensieborde vir my twee bêtes noires, Sony Ericsson en Vodacom se 3G-kaart, tot vervelens toe uitgestal word.

Vir iemand wat al meer as twee dekades lank aan tegnologie verslaaf is, het dit miskien tyd geword om een of ander rehabilitasiesentrum vir tegnofiele te besoek, ‘n soort Noupoort vir bandwydtevrate en silikonafhanklikes.

Ek begin terugverlang na die dae toe skrywers hubare tiksters met stemmige pakkies en gepunte brilrame in diens gehad het. Geklee in sirsakarpakke en Panamahoedens, het hulle lekker agteroor in ‘n lessenaarstoel gelê om hul jongste meesterwerk te dikteer wat deur aanvallige “stenograwe” in snelskrif afgeneem is. In daardie dae was daar ‘n gesonde onderskeid tussen skrywers en tiksters. Deesdae is ons almal tiksters of tikkers, wat seker die manlike vorm is. Selfs Bill Gates, die rykste man ter wêreld, is ‘n tikker wat sy eie e-posse tik. Ons is geneig om nie-tikkers wat nie weet waarvoor SMTP staan nie, as oorblyfsels uit die vroeë steentydperk te sien.

Nietemin is daar iets te sê vir ink of grafiet op papier. Dis baie outydse tegnologie en daarom is die foute lankal uitgestryk. En as jou potlood se punt afbreek, maak jy hom net skerp. Jy hoef nie ‘n hulplyn te bel wat vir jou musiek gaan speel waarvan jy nie hou nie, totdat iemand met ‘n haas onverstaanbare aksent gaan optel met die idiotiese vraag, How are you? As jy ná vyf minute se verduideliking besef dat jou “helper” heelwat minder van jou defektiewe multimediahandtoestel verstaan as jyself, breek jou oomblik van tegnologiese waarheid aan. Jy ontwikkel ‘n hunkering na die smaak van gom op ‘n posseël en ander argaïese dinge.

Om inkvlekke op jou vingers te kry as jy jou vulpen volmaak, lyk skielik na die betere opsie.

купить диагностический адаптерАлександр Фильчаков

Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?

Die nuus dat ‘n boere-egpaar van Nylstroom, Jaco en Bess Bogaards, tans sonder verhoor op Warmbad aangehou word, is op sy minste kommerwekkend. Die Bogaardse word beskuldig van “hoogverraad, terrorisme en dat hulle glo hulp verleen het aan voortvlugtige verdagtes.”

Klink dit dalk bekend? Hulle mag ook nie besoek by hul selle ontvang nie. Dit gaan hier nie om hulp aan gemeenregtelike verdagtes soos Tony Yengeni of Robert McBride wat as’t ware amptelik verleen word nie, maar om bystand aan politieke beskuldigdes wat tydens die sogenaamde Boeremagverhoor vanuit die Paleis van Justisie ontsnap het.

Toe die NP finaal in 1994 oorgegee het en die nuwe “demokratiese” grondwet aanvaar is, is ons belowe dat niemand ooit weer sonder verhoor aangehou sal word op vae klagtes van sedisie nie of bloot om ideologiese redes nie.

Trouens, in die tydvak vóór 1994 was daar ‘n hele bedryf van menseregte-aktivisme wat met oorsese geld aan die gang gehou is sodat enigiemand wat met ‘n kattebak vol AK-47’s gevang is die beste en duurste advokate in Johannesburg kon bekostig. Vanuit die parlement het mev. Helen Suzman en ander liberale luidkeels beswaar gemaak en dit gereeld bekla dat die regstaat en menseregte in die naam van staatsveiligheid vertrap word. Linkse akademici het Suid-Afrika gereeld as ‘n “polisiestaat” uitgekryt.

In die Bogaards-geval is presies dieselfde nou besig om te gebeur. Behalwe dat die Bogaardse nie met enige plofstof of onwettige wapens in hul besit betrap is nie, maar met – luidens berigte – ‘n motorfiets en ‘n tent. Indien die besit van ‘n motorfiets en ‘n tent genoeg is om van hoogverraad en terrorisme aangekla te word, dan is u en ek en ons almal potensieel skuldig.

Die Zimbabwifisering van Suid-Afrika is moontlik al heelwat verder gevorder as wat ons dink. Dat die ANC-staat vinnig besig is om by die glybaan van totalitarisme af te daal, soortgelyk aan soveel ander state benede die Sahara, is gewis. Nie net verskaf geweldsmisdaad ‘n dekmantel vir staatsterreur teen politieke dissidente nie (moord is so alledaags, wie sal nou agterkom as ‘n paar mense om politieke redes omgebring word?), maar enige lid van die opposisie kan van hoogverraad en terreur beskuldig word.

Die dawerende stilte wat rondom die Bogaards-geval in linkse en liberale geledere heers, toon net weer aan ons hoe skynheilig die menseregtekritiek op die vorige bewind was. Soos die politieke ontleder Raymond Aron reeds in die vyftigerjare aangetoon het: solank menseregtevergrype deur Links gepleeg word, is hulle aanvaarbaar.

online casino games to play for freeпрокурор харьковской области

Dan Roodt: Is ons ‘n intellektuele volk?

Dan Roodt antwoord ‘n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen.

My gewaardeerde jong vriend Zandes,

Dankie vir u ope brief aan my wat hom inderdaad tot breedvoerige repliek mag leen. Ook Van Wyk Louw het in sy essay “Is ons ‘n intellektuele volk?” uit die bundel Maskers van die erns (1955) ‘n sekere twyfel hieroor uitgespreek. Trouens, sy vraag het hy met “‘n bietjie vrees of droefheid” gestel.

In die huidige tydsgewrig waar ons byna daagliks aan oorheersing, asook toenemende diaspora en staatloosheid blootgestel is, is dit seker maklik om aan die intellektuele vermoëns van jou eie mense te begin twyfel. En gedoriewaar, die kombuisstyl van radio-TV-Huisgenoot, om van die geradbraakte slonstaal van sangers, akteurs en popskrywers nie te vergeet nie, laat ons soms dink dat die Afrikaner reeds geregresseer het tot die gemiddelde IK van ons vasteland wat blykbaar 70 is en in sommige lande ‘n nasionale gemiddeld van benede 60 bereik.

Nietemin het die Afrikaner ‘n aantal intellektuele prestasies behaal wat in Afrika en selfs in die suidelike halfrond ongeëwenaard is. Om maar enkeles te noem:

  • Die Afrikaanse letterkunde wat die enigste in Afrika is wat maar hoegenaamd met die groter Europese letterkundes kan vergelyk
  • ons uraanverrykingsproses wat onder dr. Wally Grant se span by Pelindaba ontwikkel is en wat deur ‘n bekende Amerikaanse kernwetenskaplike as “’n bydrae tot die mensdom” bestempel is;
  • die Afrikaanse skole wat tot onlangs waarskynlik die hoogste matriekslaagsyfer ter wêreld gehad het en wat nieteenstaande ‘n gebrek aan die kweek van ‘n kritiese ingesteldheid ‘n hoë standaard gehandhaaf het;
  • ons dokters en mediese professie wat op ‘n stadium van die beste ter wêreld was en waarvan prof. Chris Barnard se eerste hartoorplanting ‘n aanduiding was;ons Gereformeerde teologie met sy Noord-Europese filosofiese onderbou wat van die deursnee-predikant ‘n gekultiveerde geestelike leier gemaak het;
  • die klassieke-musiektradisie wat in Suid-Afrika hoofsaaklik deur Afrikaners beoefen word en wat hoë eise stel sover dit die intellek en deursettingsvermoë betref.

Ek staan maar skepties teenoor ‘n wêreldranglys van universiteite wat noodwendig meer aandag aan die Angel-Saksiese universiteite gaan gee. Ek weet nie watter ranglys u gebruik nie, maar een wat ek gesien het beskou Harvard as die beste universiteit ter wêreld en Cambridge as die beste in Europa. Gaan vertel dit in Duitsland of Frankryk en daar sal waarskynlik ‘n gelag opklink. Op die betrokke ranglys word die Universiteit van Parys VI as die beste in Frankryk aangedui, terwyl die Napoleontiese kolleges waar Frankryk se intellektuele elite opgelei word soos die Ecole Normale Supérieur of Polytechnique met hul moordende toelatingseksamens nie eens figureer nie.

Dus sou ek sulke lyste met ‘n knippie sout neem. Om bepaalde redes en ook omdat ek avontuurlustig was, het ek destyds aan Wits en nie aan die RAU of Tukkies nie gaan studeer. Eintlik was dit nie ‘n goeie keuse nie, want ek het so te sê niks van die Europese filosofie kon leer nie, behalwe in die staatsleerdepartement met ‘n bepaalde (oud-modiese) Marxistiese of links-Hegeliaanse sous daaroor. Ons moet ook nie vergeet watter kolossale bydrae Afrikaner-intellektuele en –wetenskaplikes tot Engelstalige universiteite hier te lande gemaak het nie. In my dae was die hoof van die destyds hoog aangeskrewe mediese skool by Wits ‘n Afrikaner, D.J. du Plessis, wat ook later rektor geword het. In die chemiedepartement was daar die indrukwekkende prof. Jan Booyens wat hom met moeite in Engelse uitgedruk het, maar wat al sy kollegas met sy intellek verblind het. In die dertiger- en veertigerjare het T.J. Haarhoff die Klassieke departement aan Wits gevestig, maar self verkies om sy vertalings uit Latyn en Grieks in Afrikaans te publiseer.

Dit is wel waar dat Joodse akademici en wetenskaplikes ver bokant hul eweknieë in die Westerse wêreld presteer het, ook wat die toekenning van Nobelpryse vir wetenskap betref. Maar ook dit is geneties bepaal, aangesien Asjkenazi-Jode oor ‘n gemiddelde IK van 115 beskik.

Trouens – en is dit nie ‘n interessante punt nie? – die eerste vorm van regstellende aksie wat in die VSA toegepas is, was juis om Jode in die eerste helfte van die twintigste eeu uit elite-hoërskole en uit die Ivy League-universiteite te probeer hou waar hulle gemiddeld veel beter as die WASPs presteer het. Daaruit het die gedagte ontstaan dat nie soseer WASPs nie, maar swartes teen akademiese mededinging beskerm moes word. As u meer in dié onderwerp belangstel, het een van my oud-dosente in Klassieke Tale aan Wits, ‘n Amerikaner van geboorte genaamd Steven Farron, onlangs ‘n uitstekend nagevorste boek daaroor gepubliseer, The Affirmative Action Hoax.

Hoewel ons nie gemiddeld so intelligent soos Asjkenazi-Jode is nie, is ek oortuig dat Afrikaners ten minste by die Noord-Europeërs kan kers vashou, ‘n groep waaruit 95% van die wêreld se wetenskaplike ontdekkings, musiek, letterkunde en filosofie afkomstig is. Volgens IK-deskundiges is ons voorouers, die Hollanders, die intelligentste blankes ter wêreld, amper so slim soos die Chinese van Hong Kong. Al wat ons benodig, is ‘n eie staat Dan Roodt antwoord ‘n ope brief van Zandes Burger vanuit Londen.sonder regstellende aksie en barbaarse misdaad waarin Afrikaner-genieë weer sou kon blom.

Aan die ander kant: die meeste Afrikaanse akademici, veral in die geesteswetenskappe, behoort teen ‘n muur gesit en doodgeskiet te word. Nie net is hulle uiters middelmatig nie, maar die meeste is intellektueel bankrot en moreel verrot. Waarskynlik is dit deesdae belangriker dat ons taal op die internet sal leef as onder hulle wat dit reeds versaak het in ‘n dubbele kulturele en politieke verraad.

Kyk maar net na die RAU wat sonder slag of stoot verengels het en alles aanvaar het wat die kwasi-Britse Asmal op hom afgedwing het.

pool onlineДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Tony Yengeni – die arm kontinent se ?bermensch

ImageDie vyftiende Januarie 2007 was glo ‘n heuglike dag vir beide homself en die ANC, aldus die veroordeelde maar onboetvaardige misdadiger, Tony Yengeni. Waarskynlik was dit syns insiens ‘n heuglike dag vir die land as geheel, gegewe hoe die ANC hom klaarblyklik verbeel dat die party, nes Lodewyk XIV, die staat ís. Yengeni is vandag uit die Malmesbury-gevangenis vrygelaat, nadat hy ‘n hele vier maande van sy tronkvonnis van vier jaar uitgedien het.
Ek sal dit aan die politieke partye oorlaat om te kibbel met die ANC-regime oor die voorregte wat Yengeni as BBP-gevangene in die tronk te beurt geval het. Spesiale behandeling, gourmet-etes of ‘n lekker sagte bed in die hospitaalgevangenis is egter bysake. Die enkele oorblywende blankes wat nog optimisties is oor die reënboognasie, behoort veel eerder snags wakker te lê oor Yengeni en die regime se houding jeens reg en verkeerd, die wet en geregtigheid.

Politici van alle oortuigings en skakerings steel, bedrieg en moor. Word hulle uitgevang, hoort hulle in die tronk. Oudminister Pietie du Plessis van die vorige regering is gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf vir sy wandade, maar sy straf het hy sonder fanfare gaan uitdien. Daar was geen Nasionale Party-afsienkomitee nie.

Dit is nie om dowe neute dat Yengeni soos ‘n held na die gevangenis begelei is deur senior lede van die regerende party nie, ook nie dat hy weer soos ‘n held by sy ontslag ontvang is nie. Die vreesaanjaende realiteit is dat die regerende party, en waarskynlik die hordes ondersteuners wat hom aan bewind hou, hoegenaamd nie u en my konsep van wat reg en verkeerd is, deel nie. Yengeni ís dus vir die regime, en waarskynlik die meerderheid burgers van Suid-Afrika wat vir die regerende party stem, ‘n onskuldige held en slagoffer van ‘n regstelsel wat vreemd is aan hulle. Sy wandade het sy aansien verhoog, nie verminder nie.

Die filosoof Friedrich Nietzsche het geskryf oor ‘n Übermensch, iemand vir wie die normale stel reëls nie geld nie. Die Übermensch is verhewe bo goed en kwaad, omdat die normale waardes van die mensdom nie op hom van toepassing is nie, of omdat ‘n Übermensch hom nie hoef te steur aan sulke nietighede nie. Dit is duidelik dat lede van die regime hulself as ‘n soort Übermensch beskou. Vir hulle geld die normale reëls nie. Steel van die belastingbetaler soos Yengeni en ‘n legio van sy mede-partylede gemaak het en daagliks doen, en jou gewildheid styg.

Struggle accounting soos deur Allan Boesak toegepas, of affirmative procurement soos deur Yengeni of Zuma bedryf, is volledig aanvaarbaar vir die ANC, die enkele stemme wat nou en dan flouerig en sonder entoesiasme opgaan teen misdaad en korrupsie ten spyt. Die logika hieragter lui in breë trekke dat Boesak, Yengeni en Zuma in die verlede ge-struggle het, en dus nou geregtig is op hul rendement. Veral as die slagoffers van sulke misdade blankes soos Europese donateurs is, of blanke belastingbetalers in Suid-Afrika, word die misdaad totaal aanvaarbaar, as ‘n soort weerwraak vir die verlede. Dit is wat in die Afrika-konteks beskryf word as a culture of entitlement.

In sy eerste perskonferensie ná sy vrylating het Yengeni dit duidelik gemaak dat hy homself steeds as onskuldig beskou. Hy sien homself per implikasie as verhewe bo die gereg ingevolge waarvan hy skuldig bevind is, want hy ontken nie dat hy die afslag op die motor ontvang het nie. So ook per implikasie sien die senior ANC-lid wat hom ontvang het met sy ontslag, ook vir Yengeni as iemand wat hom nie hoef te steur aan die kleinighede soos die landswette nie. Miljoene ANC-ondersteuners vermoedelik ook.

As genoeg individue onder die massa ANC-ondersteuners in Suid-Afrika vir Yengeni as ‘n held aansien, en elkeen glo dat hy ‘n Übermensch op grond van beide sy velkleur en die verlede is, watter moontlike hoop kan enige redelike mens koester dat die grootste misdaadprobleem op aarde – Suid-Afrika – hoegenaamd oplosbaar kan wees?

 
{mos_mb_discuss:13} 

advertising cost onОлександр Фільчаков прокурор

Misdaad – tyd vir ‘n volksaksie

ImageOnder groot druk van die media het Thabo Mbeki uiteindelik erken dat misdaad in Suid-Afrika bestaan. Maar so pas tydens ‘n onderhoud op SABC2 het die ANC-leier teruggekrabbel deur te beweer dat "misdaad in alle lande bestaan" en dat die hoë voorkoms daarvan in ons land "’n blote persepsie" verteenwoordig.

Synde ‘n radikale organisasie wat in die sewentiger- en tagtigerjare nog oor Radio Freedom vanuit Dar-es-Salaam die swart bevolking tot moord op blankes aangehits het, kan lewensverlies die ANC-leierskap seker min skeel. Soos uit die huidige debat blyk, bekommer die ANC hom eerder oor die toeriste van 2010 as oor die inwoners van Suid-Afrika wat daagliks sneuwel in die vlaag geweld en wanorde wat die land teister.

Die gevoelloosheid van so ‘n benadering is genoeg om elke redelike mens tot raserny te dryf. Met Jackie Selebi aan die stuur van die Nasionale Polisiediens, kan ons seker wees dat geen daadwerklike optrede teen bendes wat na hartelus roof en moor geneem sal word nie. Net gisteraand nog het die sfinksagtige Mbeki sy nasionale polisiehoof wat van bande met georganiseerde misdaad verdink word, verdedig. In die ANC se 8 Januarie-verklaring wat met al die pompeuse pretensie van ‘n piesangrepubliekparty aangebied is, word apartheid vir misdaad geblameer.

Bid jou dit aan! Die halfgod Mandela het met sy bewindsoorname in 1994 onmiddellik 9000 gemeneregmisdadigers vrygelaat, waarna misdaad sy eerste hupstoot gekry het. Soos ek egter al voorheen geargumenteer het, hits die ANC indirek sy volgelinge tot misdaad aan deur die indruk te skep dat blankes hul bates en besittings van swartes "gesteel" het of ten minste wederregtelik bekom het. Dit geld natuurlik veral landbougrond wat tans aan ‘n absurde proses van herverdeling wat as "grondhervorming" bekend staan, onderwerp word.

Wat die foute van apartheid ook al was, kan ‘n gebrek aan wet en orde, asook onbekwame polisiëring, nie op die brood van die vorige bewind gesmeer word nie. Trouens, in die verlede het linkse en sommige liberale kommentators na Suid-Afrika as ‘n "polisiestaat" verwys. Moordenaars en verkragters is dikwels ter dood veroordeel en opgehang, tot die konsternasie van dieselfde kommentators. Of wil die ANC en Mbeki nou argumenteer dat Suid-Afrika voorheen ‘n "polisiestaat" sonder polisie was?

In Afrikanergeledere is daar tans uiteenlopende reaksies op die moord-en-roofkultuur wat in die land posgevat het. Aan die een kant is daar die reste van die ou Broederbond en NP wat ons die "oorgawe-elite" kan noem wat min of meer die houding inslaan dat misdaad ongelukkig is, maar dat die voordele van demokrasie daarvoor vergoed. Onlangse uitsprake van oud-minister Pik Botha wat meen dat die NP al in die vroeë sestigerjare aan die ANC moes oorgegee het, verteenwoordig die klugtige laagtepunt van hierdie oorgawe-denke. Die Nasionale Perskoerante, hoewel hulle plek-plek kortstondige oomblikke van onstokenheid oor die ergste misdaadvoorvalle toon, stel ook hul vertroue in die ANC-bewind om weer wet en orde te begin handhaaf en verwag van die publiek om met die Afrikanistiese owerheid saam te werk in sy halfhartige pogings om geweld in bedwang te bring.

Meer kommerwekkend as die NP-Broederbond-Naspers-lekkergeloof in die ANC se politieke wil om geweldsmisdaad, veral teen blanke Afrikaners, te bekamp, is die reaksie van ‘n apatiese meerderheid wat agter veiligheidsmure wegkruip en stilletjies emigrasieplannetjies beraam. Gerugte van grootskaalse emigrasie deur kundige en opgeleide Afrikaners wat die handdoek ingegooi het, doen die rondte. Een verhuisingsmaatskappy in Centurion, die vorige Verwoerdburg, beweer dat tussen veertig en vyftig gesinne per maand die pad Australië en Nieu-Seeland toe vat. Die huidige stroom Afrikaner-emigrante dreig om ‘n stortvloed te word. Indien dit gebeur, gaan nóg ‘n oorwinning op ‘n skinkbord aan die radikale Xhosa-elite van die huidige bewind oorhandig word, want die Afrikanervolk gaan sodoende uit die land verdryf word sonder om ‘n skoot te skiet.

‘n Derde reaksie, veral op die Transvaalse en Vrystaatse platteland en in boeregemeenskappe, is vir mense om te begin saamwerk om buurtwagte en plaaswagte te organiseer om hulself teen die swerwende moordbendes te beskerm. Dit spyt my om dit te sê, maar hierdie derde groep is die enigste wat rasioneel op die misdaadbedreiging reageer. Hulle besef dat die polisie hulle nie kan of wil beskerm nie en daarom doen hulle dit self.

Dis geen uitgemaakte saak dat die Afrikaner ná 350 jaar op die Afrikakontinent steeds gaan oorleef nie. Daarvoor is die geweldskrisis en anargie wat in die land heers eenvoudig te groot. Maar indien ons daarin kan slaag om ‘n landwye volksaksie op tou te sit wat elke weerbare man, vrou en kind teen die misdadigers kan mobiliseer, is daar hoop vir ons. Dit kan die nodige stabiliteit bring terwyl ons poog om die politieke oorheersing en selfs tirannie waarin ‘n onbesonne FW de Klerk en Roelf Meyer ons gedompel het, te oorkom.

Indien die meerderheid van ons mense egter hetsy landuit vlug, hetsy uitgemoor word deur misdadigers, is daar geen hoop vir ons nie. Oor die volgende maande, terwyl die onverklaarde oorlog voortwoed wat rowers en moordenaars teen ons voer, gaan ons hele volk se toekoms deur ons eie optrede bepaal word.

Elke regdenkende Afrikaner sal sy gewig by ‘n volksaksie terwille van groter veiligheid en stabiliteit moet ingooi. Diegene wat dit nie doen nie, sal wees soos die verraaiers en hensoppers van 1899. Vergeleke met die gemiddelde misdadiger wat die ANC in onlangse tye op ons losgelaat het, was die gemiddelde Britse soldaat honderd jaar gelede heel beskaafd met agting teenoor lewe vervul.

{mos_mb_discuss:13}

кладка печиФильчаков прокурор отзывы