Soos dit ‘n kommunistiese of fascistiese staat betaam, is hul voortbestaan puur gebaseer op ‘n vyandbeeld waarteen agressief gereageer moet word. Die Jode en Sigeuners was die teendeel van Ariese superioriteit tydens Nazisme, en staatsvyande van die Sowjetunie was enigiemand wat die staat nie as die hoogste gesag wou erken nie. In die geval van die Sowjetstate, was die kriteria moeiliker om vas te stel wie presies die vyand was. Die oppergesag het die vryheid gehad om die bakens te skuif van wie "vriend" en wie "vyand" was, afhangende van die vereistes van die beweging.
Hierdie Boeremag-tameletjie is ‘n klassieke voorbeeld van hoe ver die Suid-Afrikaanse regering al gegaan het om sy ware totalitêre vleuels te wys. Teenoor die vyftig babaverkragtings wat daagliks plaasvind, die 17 plaasaanvalle per week, onwettige immigrante en derglike ellendes, jaag die SAPD met fascistiese ywer agter ‘n spook aan. Die Boeremag is by verre die Suid-Afrikaanse apparatjieks se eerste prioriteit. Duisende Suid-Afrikaners sterf elke maand as gevolg van aanhitsing, plaasmoorde en die newe-effekte daarvan (soos misdaad as gevolg van honger), Mbeki se weiering om miv as ‘n probleem te erken, die kranksinnige soustrein-vir-swartesbeleid en onvermoë om werk te skep, maar die Boeremag is geteiken as staatsgevaarlik.
Tydens Stalin se terreurveldtogte het hy gebruik gemaak van Pawlik Morozof, ‘n seun van ‘n Kossakboer wat sy "dissidente" vader aan die staat verklik het. Pavlik is later deur sy familie gedood, waardeur hy tot ‘n martelaar van die Sowjetstaat uitgeroep is. Die geskiedenis aangaande Pavlik is baie interessant en het historici al lank besig gehou, maar daar is te veel onbekendhede wat nooit goed opgehelder is nie. Die algemene konsensus onder die geskiedkundiges blyk te wees dat dit alles op ‘n relatief klein familierusie berus het wat deur die staat heeltemaal buite verhouding opgeblaas is. Die staat se patologiese behoefte aan nuwe helde en martelare bied ‘n verklaring vir hierdie ywerige soeke na ‘n nuwe gesig vir die Sowjetstaat. Dit is origens nie seker of Pavlik werklik deur sy familie gedood is nie. Die simbool is belangriker as die werklikheid. Dit vervang as’t ware die werklikheid.
Met hierdie verheerliking van ‘n naïewe tiener in gedagte, is ‘n mens outomaties geneig om te dink aan die "wise and pensive" nuwe gesig van Pretoria, die eunug Tshwane, en natuurlik die Boeremag, wat tot agtien jaar in voorarres moet sit voordat hulle voor die regter mag verskyn.
Om mense van dieselfde etnisiteit as die voortvlugtiges te gebruik om hulle te arresteer is ‘n manier om die uitgangspunt te bevestig dat die staat as oppergesag erken moet word. Pawlik se familie was ondergeskik aan die staat, en diegene wat familie bo die staat wou stel is destyds ook as gevaarlike reaksionêre beskou. Dit was die doel gewees van Stalin se verheerliking van Pawlik. Wie weet, dalk gaan Oom Thabo ook ‘n standbeeld laat oprig vir die taakmaglede wat die arrestasies verrig het.
Sulke aksies word geskep om verdeeldheid onder Afrikaners te saai. Kom ons hoop Thabo maak eendag martelare van hierdie taakmaglede. Dan kan Afrikaners hulself weer verenig met oranje, wit en blou verfblikke.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.