‘n Seder val in Potchefstroom

Deel op

skoppensboer

deur Skoppensboer

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Skoppensboer dink Afrikaners het mal geword. Ten minste volgens Einstein se definisie. Hy het mos gesê die definisie van waansin is wanneer jy keer op keer dieselfde ding doen en ‘n ander resultaat verwag.

Die Noordwes-universiteit op Potch, vir diegene wat nie weet nie, het so pas ‘n nuwe rektor gekry. Hy is swart. Hy praat nie eintlik Afrikaans nie. Hy dra snaakse, glinsterende hemde met goue mansjetknope wat hy nie by sy langbroek insteek nie. As jy swart is, mag jy maar. En dít alles kwalifiseer hom seker vir die rektoraat.

Hy heet Dan Kgwadi. Vandag verklaar “die prof” – Skoppensboer kan dié Afrikaanse gemeensaamheid nie verdra nie – in Rapport: “Ek meen, ek het eers my menswaardigheid as student in Amerika ontdek, dáár bevry geraak…”

Skoppensboer wil amper uitroep: “Nes Jonathan Jansen!” As jy swart is, ontdek jy jouself eers in Amerika, want dis mos waar die anti-wit ideologie en swart identiteit voortdurend messkerp geslyp word. Veral aan daardie land se kultureel-marxistiese universiteite.

En soortgelyk aan Kovsies waar Faan Hancke en sy mede-oud-NP-Kruiperkaners vir Jansen ingevoer het, het Potch se spierwit senaat besluit hulle kort ‘n swart rektor. Vanuit Dan Kgwadi se perspektief beteken dit net een ding: ““Ons senaat is grootliks wit en mens sou kon dink die universiteit is nie gereed vir só ’n drastiese verandering nie. Dié steun sê vir my, wow, ons ís.”

Hoe lyk “drastiese verandering” op die Potch-kampus. Hanlie Retief se onderhoud in Rapport draai dit alles mooi in witskuldewatte toe, maar elders op KykNET praat Kgwadi vrylik oor hoe Potch “getransformeer” gaan word. Meer “sosiale integrasie”: met ander woorde die koshuise moet eers gemeng en dan swart word, net soos dit aan die voormalige RAU en toe op Bloemfontein gebeur het. Volgens Kgwadi moet daar ook “mobiliteit” tussen die verskilende Noordwes-kampusse kom, wat beteken dat die knyp-die-kat-in-die-donker-Afrikaans wat op Potch gehandhaaf is, ook in die gedrang gaan kom.

Dis lekker om mal te wees, volgens Einstein se definisie. Skoppensboer herinner hom daaraan dat fw de klerk gedink het hy beheer Mandela. Toe beheer Mandela hom. Faan Hancke en sy mede-Kruiperkaners op Bloemfontein het ook gedink hulle beheer Jansen, toe geskied die teendeel. Hoe lank voordat die hele Potchefstroom na Dan Kgwadi, die “bevryde swartman met Amerikaanse waardes” se pype dans? Nie lank nie, reken Skoppensboer.

Die noordwestelike transformeerder gaan glo nou “Afrikaans leer”. Bravo! Op KykNET, wat kwansuis ‘n Afrikaanse kanaal is, het hy Engels gepraat met so elke drie minute ‘n halwe sin Afrikaans. Dis seker hoe “Afrikaans” binnekort op Potch gaan lyk. En die Afrikaanse “prof” op Potch, Wannie Carstens, werk kliphard aan ‘n taalteorie wat gaan bewys dat ons taal eintlik deur die Khoisan uitgevind is. Alvorens dit deur veramerikaanste Tswanas tot Engels “verfyn” is?

Volgens Kgwadi word Afrikaans “as taal deur die grondwet beskerm”. Nêrens het dit egter die verengelsing van alles wat bewe verhoed nie, ook nie die pleknaamveranderings nie. Nietemin voel hy tydens die KykNET-onderhoud op sy Ingels dat daar “balans moet wees tussen Afrikaanse taalregte en die reg op toegang vir studente”.

Daar het jy dit! dag Skoppensboer. Miskien moet Skoppensboer maar groendakkies toe gaan, hy het so ‘n gevoel van déjà vu… Of is ons almal reeds daar? Want hoeveel keer het ons nie dít al gehoor nie? Die “reg op toegang” wat beteken dat Engels – en swart – voorrang moet kry! Dis seker waarom die polisie vir Renate Barnard bevordering in die polisie geweier het, want sy het ‘n swarte “toegang” tot sy rassevoorkeurpos ontsê. As ‘n mens die voormalige technikons daarby inreken, is daar seker dertig tot veertig hoëronderwysinstellings in dié land waar nie net plaasike swartes nie, maar die uitverkore ras van oor die hele Afrika, vrylik “toegang” tot Engelse kursusse geniet. Maar die laaste paar Afrikaanse lesingsale op Potch is ‘n steen des aanstoots vir die heer Kgwadi met sy snaakse hempies.

Kgwadi voel ook dat die Potchefstroomkampus agter raak by die res van die land as dit by “transformasie” kom. Lees: hier is nog te veel wit gesigte op die kampus. Wat hy vir ons gaan regstel.

Let wel: die verbasende is nie dat hy dié menings huldig nie, want swart tropdenke in Suid-Afrika neig tot die eindelose herhaling van verslete Amerikaanse rasse-idees. Jansen op Bloemfontein dweep mos met “diversiteit”. As ‘n kampus honderdpersent swart is, het hy die toppunt van “diversiteit” bereik. Op Potch gaan die hele dosentekorps seker ook binnekort die D-woord begin prewel.

Wat Skoppensboer egter ligweg raaiselagtig vind, is dat al daardie akademici wat gewoonlik met rooi pennehale kritiek op studente se logika of idees lewer, hul eie ondergang so klakkeloos aanvaar. Dat nog ‘n episode van Einsteiniaanse kranksinnigheid hom op Potchefstroom – komende ná Pretoria, Stellenbosch, Johannesburg, Bloemfontein, Port Elizabeth en wat nog – afspeel.

Soms voel Skoppensboer: hoe gouer iemand ‘n vuurhoutjie onder die oorblywende pseudo-Afrikaanse universiteite insteek, hoe beter. Laat die spul Kruiperkaner-akademici ander betrekkings gaan soek. Of karre begin oppas in Pretoriase parkeerruimtes.

Die snode verraaiers verdien niks beter nie.

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.