Creecy, Heywood misbruik hul mag om Afrikaans te benadeel – mediaverklaring

Deel op

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

In reaksie op die Rivonia-Primary-hofsaak in die Grondwethof, asook die voortslepende geskil rondom Hoërskool Fochville, herinner PRAAG sowel mev. Barbary Creecy as mnr. Mark Heywood van Section 27 daaraan dat Afrikaans ‘n benadeelde taal in Suid-Afrika is.

Indien dit nie vir byna 200 jaar van blatante Engelse taalfascisme in Suid-Afrika was nie, sou Engels nooit die oorheersende taal in Suid-Afrika gewees het nie. Engelse het ‘n veel swakker rol in die land se kultuur, letterkunde en onderwys as Afrikaners gespeel. Maar vanweë hul koloniale magsposisie en verbintenis aan Brittanje, het Engels ‘n hegemoniese posisie verwerf en is Afrikaans veral sedert 1994 tot die status van minderheidstaal verlaag.

Nieteenstaande die taal se minderheidstatus, is ‘n front tans teen Afrikaans in skole gemonster en word daar van ras gebruik gemaak om ‘n instelling soos Hoërskool Fochville te intimideer om Engels as medium van onderrig te aanvaar.

Sowel mev. Creecy as Section 27 en ander Brits-georiënteerde NRO’s is besig om hul mag te misbruik, iets wat op die duur net tot polarisering en etniese konflik in Suid-Afrika kan lei.

Ongeag die uitslag in die Rivonia-Primary-saak, moet die taalregte van Afrikaners dringend erken word en moet Suid-Afrika hom nie langer aan taalkolonialisme skuldig maak nie. Nêrens ter wêreld sal die blatante ongelykheid wat Creecy en ander teenoor Afrikaans pleeg, geduld word nie. In die Europese Unie bestaan daar verpligtinge op alle state om nie net minderheidstale te beskerm nie, maar ook om sodanige tale uit te bou. Dit sluit vanselfsprekend die reg van minderheidsgemeenskappe om eentalige instellingsg in stand te hou, in.

In koloniale of neokoloniale Suid-Afrika, word minderheidstale egter vir die wolwe gegooi.

Dr. Dan Roodt, Direkteur, PRAAG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.