Gewapende mans het ‘n groot hoeveelheid diamante gesteel terwyl dit op ‘n vliegtuig by die Brussel-lughawe gelaai is, het die Belgiese media Dinsdag berig. Altesaam 10 kg diamante met ‘n waarde van €350 miljoen (sowat R4 miljard) is laat Maandag gesteel, het die uitsaaier VRT berig. Die diewe het glo omstreeks 19:47 (18:47 GMT) met
Ramphele se party kan SA destabiliseer
Die nuutgestigte politieke platform, Agang SA, kan dalk gebruik word om die land te destabiliseer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê. Mantashe het sy kommer uitgespreek oor die sakevrou dr. Mamphela Ramphele se planne vir ‘n nuwe politieke platform, wat Maandag bekendgestel is, berig die SABC. “Die bekommernis wat ons het is
Ramphele, die DA se einde
Die nuus dat Mamphela Ramphele haar eie party gaan stig ten einde “haar land te red” is vir ‘n geruime tyd al bekend. Die bekendstelling is effens vertraag deur haar wens om die openbare steun van Desmond Tutu en diverse ander vername manne te werf. Dr. Mamphela Ramphele se Agang is by Konstitusieheuwel, in Johannesburg
Nestlé ook deur perdevleisskandaal getref
Die Switserse voedselreus Nestlé het die jongste handelaar geword om deur Europa se perdevleis-skandaal getref te word. Die maatskappy het pastageregte van supermarkrakke in Italië en Spanje verwyder weens besmetting. “Ons toetse het tekens van perd-DNS in twee produkte gevind,” het die wêreld se grootste voedselmaatskappy Maandag in ‘n verklaring gesê. “Die verkeerde etikettering van
Chrysler-baas se vermeende skieter gevang
‘n Man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die roof van en moord op Trent Barcroft, die uitvoerende hoof van Chrysler SA, het die polisie gesê. “Die saak is tot volgende week uitgestel vir ‘n polisieparade. Hy is in sy twintigs,” het kapt. Kim Cloete gesê. Die man is Vrydag in Tembisa
Hernieude mynonrus in Rustenburg
Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê. Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is. Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet. Een van die werkers by die myn se
Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing
Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig. “Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die
Kastreer verkragters!
Mans wat skuldig bevind word op aanklagte van verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het Thandi Modise, premier van die Noordwes, gesê. Chemiese kastrasie van verkragters kan dien as ‘n afskrikmiddel en sal dalk die aantal voorvalle van verkragting verminder, het die premier se kantoor in ‘n verklaring
Petrolskok kom
‘n Ekonoom sê gebruikers kan ‘n groot skok te wagte wees wanneer petrol volgende maand na verwagting met 80 sent per liter kan styg. Lulu Krugel, ‘n ekonoom by KPMG, sê die internasionale olieprys neem toe, terwyl die rand verswak. Sy meen ‘n toename in brandstofpryse is dan onvermydelik. “… Ons kyk moontlik na ‘n
Mediamaatskappy verkoop SA-koerantgroep
‘n Ierse mediamaatskappy het sy koerantgroep in Suid-Afrika, wat The Star insluit, vir $227 miljoen (sowat R2 miljard) aan ‘n plaaslike maatskappy verkoop. In ‘n verklaring wat Sondagaand uitgereik is, het Independent News & Media PLC, wat in Dublin gebaseer is, gesê hy het sy Suid-Afrikaanse groep aan Sekunjalo Holdings verkoop. Iqbal Surve is die
