Die stem van rede sal seëvier in die debat oor grond, sê uitgaande voorsitter van Vrystaat-landbou Louw Steytler, maar daardie stem is gewis nie syne nie. Steytler se sieninge van die beskerming wat die Grondwet bied, is só verbysterend, dat ‘n mens wonder hoe so ‘n onbekwame man tot ‘n leiersposisie verkies kon gewees het!
Kommersiële boere moet glo kleinboere ondersteun
‘n Suksesvolle Suid-Afrika vra die insette van kommersiële boere oor grondhervorming, sê Agri SA se voorsitter, Johannes Möller. “Die mark alleen sal die grondkwessie in Suid-Afrika nie uitsorteer nie,” het hy gesê by Vrystaat Landbou se jaarlikse konferensie in Bloemfontein. Hy het gesê dit was omdat die situasie deel van ‘n politieke stelsel is en
Lees verder: Kommersiële boere moet glo kleinboere ondersteun
Drie oproeriges doodgeskiet in NW
Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie. Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom. “Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit
Die gevaarlikste sielkundige ter wêreld
Na aanleiding van die skuldigbevinding van die Boeremaglede, terwyl dit bekend is dat die Boeremag deur die polisie georganiseer was, begin ek, soos sekerlik baie besorgde burgers, die nodige kritiese vrae te stel. Wat gaan hier aan? Is hier sprake van ‘n komplot van rampokker polisieagente of is hier meer op die spel? Dit is
Gierige Britte verwelkom Malema
Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, glo dalk boere moet doodgemaak word, maar nie omdat hulle wit is nie. Vir wit Britte het hy baie tyd. Hy is baie vriendelik in Londen ontvang met aansienlike mediadekking. Hy het selfs sy ontvangs daar as “baie positief” beskryf. Die Britte het betaal, sowat R255, om hom
Geweld in Kagiso ruk hand uit, een dood
Die polisie het Dinsdag hul hande vol gehad toe ‘n skare oproeriges in Kagiso gewelddadig geraak het omdat ‘n sesjarige vroeër doodgery is. Oproeriges waarmee die SABC onderhoude gevoer het, het gesê “hulle word doodgemaak”, en “ons kinders word doodgemaak”. Dit was egter nie duidelik wie verantwoordelik gehou word nie. Die kameraspan van die SABC
Openbare vakansiedae hersien
‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit. Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van
Pragtige eindpoging van Le Clos
Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen. Le Clos het die 200 meter vlinderslag in ‘n tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes afgelê en die wêreldkampioen, Michael Phelps van Amerika moes met die tweede plek tevrede wees. Phelps is tans die suksesvolste Olimpiese swemmer tot
Vierde Boeremaglid skuldig
Die vierde Boermagbeskuldigde is Dinsdag skuldig bevind aan hoogverraad, het Beeld berig. Regter Eben Jordaan het in die Pretoriase hooggeregshof vir Adriaan van Wyk, ‘n rekenmeester, by die Boeremag se staatsgreepplan, dokument 12, ingesluit omdat hy sekere take moes verrig en aangewys is as die bevelvoerder in die Pretoria-omgewing. Lukas van Rensburg, een van die
SANW se geheime fonds van R13miljard
Die weermag spandeer miljarde rand van ‘n spesiale rekening, maar jy sal nie vertel word wat hulle koop nie. Verlede week het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, drie jaar se uitgawes op die Spesiale Verdedigingsrekening (SVR) uit die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gehou, blykbaar om seker te maak dat die besteding geheim bly.
