Aanklagte van aanranding en roekelose en nalatige bestuur wat deur die Pretoriase fietsryer Hein van der Merwe aanhangig gemaak is, word ondersoek, het die polisie Dinsdagaand gesê. Die fietsryer het die aanklagte aanhangig gemaak teen ‘n onbekende buitelandse diplomaat se motorbestuurder ná ‘n struweling op 8 Mei. Brig. Phuti Setati het Dinsdag gesê die diplomaat
Bobby: Regte slang, verkeerde plaas
Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het groot reaksie ontlok na hy ‘n foto van ‘n reuse-luislang langs ‘n dooie vlakvark op sy Facebook-blad gepubliseer het. “My vrou se ouers het dit op hulle plaas buite Brits op Sandrif gekry! Hy het dood geskok teen die hek… toe hulle hom oop sny toe kry hulle
Te veel Afrikaners in Sharks-span, kla kaptein
Die kaptein van die Sharks, Keegan Daniel, hou nie van die feit dat daar so baie Afrikaners in sy span is nie. Sport24 het Dinsdag berig dat Daniel glo gekla het dat daar te veel Afrikaners in die Sharks-span is. Volgens bronne voel Daniel glo “geïsoleerd”. Die Afrikaners in die span is natuurlik ontstoke oor
Afrikaners voer ‘teleurstellende’ gesprek met Menseregtekommissie oor selfbeskikking
Die Afrikanervolksraad onder voorsitterskap van mnr. Andries Breytenbach het eergister samesprekings met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor selfbeskikking gevoer. Die Volksraad is in 2011 verkies, met ongeveer 22 000 mense wat aan die stemming deelgeneem het. PRAAG het die volgende verslag oor die vergadering ontvang. Die Volksraad het gister ‘n gesprek gevoer met die SA Menseregtekommissie
Lees verder: Afrikaners voer ‘teleurstellende’ gesprek met Menseregtekommissie oor selfbeskikking
Eet ‘n gogga!
Die VN is besig om maniere te ondersoek honger in die wêreld te beëindig, maar hul nuutste idee behels nie ekonomie, politiek, of selfs kos nie: Die organisasie adviseer mense om meer insekte te eet. Insekboerdery is “een van die talle maniere om voedsel en voersekuriteit aan te spreek,” het die agentskap gesê in ‘n
Rassespanning tussen swart en Indiër weens Guptas
Die Gupta-debakel het rassespanning tussen swartes en Indiërs verhoog. ‘n Klag van crimen injuria deur Newcastle se burgemeester Afzul Rehman, omdat hy ‘n “Gupta” genoem is, is nou opgevolg deur ‘n hete konfrontasie in Durban met die ANC oor sy “noue bande met Indiërs”. Phumlani Mfeka, die woordvoerder van die Mazibuye Africa Forum – met
Lees verder: Rassespanning tussen swart en Indiër weens Guptas
Cosatu kap DA oor befondsing deur Israel-lobby
Die Demokratiese Alliansie het bewerings ontken dat die party befondsing van die Israeliese “lobby” ontvang. “Die DA het nog nooit verklaar dat ons enige geld ontvang het [van die lobby] nie,” het woordvoerder Mmusi Maimane gesê. Hy het gereageer op Cosatu se sekretaris Tony Ehrenreich, wat gesê het die DA sal nie teen die Israeliese
Miljoene van Bieber-konsert gesteel
Miljoene rande is gesteel tydens ‘n rooftog by die FNB-stadion, suid van Johannesburg, het die polisie in Gauteng Maandag gesê. “‘n Werknemer van die stadion het na bewering ná die Justin Bieber-konsert geld in die instapkluis gesit en omstreeks 23:00 gisteraand [Sondag] huis toe gegaan,” het lt. kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê. Mogale het gesê
DA wonder waarom ‘Al-Kaida’ in SA sluit
Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder, het Maandag gesê die Demokratiese Alliansie “soek antwoorde oor hoekom ‘n ondersoek na Al-Kaida-bedrywighede in Suid-Afrika gestaak is”. “Suid-Afrikaners verdien ‘n verduideliking hoekom dit gebeur het en hoekom die ondersoek gestaak is,” het sy gesê. Kohler-Barnard, wat nie Afrikaans magtig is nie, is klaarblyklik nie bewus van berigte wat aandui dat die
Bengazi: Obama se doppie kan klink
Amerikaanse presidente verloor in hul tweede termyn heeltemal kontak met die werklikheid: Volgelinge en vertrouelinge span saam om die leier van die “vrye wêreld” te isoleer van wat in die wêreld gebeur. Die slegte nuus, en erger persdekking, word nie oorgedra nie en hulle knik instemmend vir sy elke opmerking, hoe absurd ookal. Obama het
