Israel waarsku aanvallers uit Gasa, Sinai

Die hoof van Israel se weermag het militante in Gasa gewaarsku om Israel se mag nie uit te daag nie, nadat gerugte onthul het dat ‘n aanval vanuit Sinai beplan word. “Hamas en ander terreurgroepe in Gasa moet weet hulle sal ‘n fout maak om ons mag uit te daag en dat enige poging om

Lees verder: Israel waarsku aanvallers uit Gasa, Sinai

Polisie moet hoof red van opstandige leerlinge

Die polisie in Mpumalanga moes ‘n skoolhoof van sy betogende leerlinge red. Hy het homself Woensdag in sy kantoor toegesluit uit vrees dat die leerlinge hom sou aanrand. Die polisie het hul omstreeks 10:00 na die Vukuzame Sekondêre Skool in Tweefontein C naby KwaMhlanga gehaas en honderde betogende skoolkinders op die perseel aangetref, het kapt.

Lees verder: Polisie moet hoof red van opstandige leerlinge

Malema se klag teen tugbeamptes verwerp

Die ANC se dissiplinêre komitee het ‘n aansoek verwerp wat deur Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, gebring is teen drie van die tugkomiteelede, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê. Die komitee het bevind dat onvoldoende feite voorgelê is om vooroordeel of ‘n persepsie van vooroordeel wat bestaan, by Derek Hanekom, voorsitter, Susan Shabangu, minister van

Lees verder: Malema se klag teen tugbeamptes verwerp

Geen arrestasies ná tugverhoor-chaos nie

Die Gautengse polisie het niemand tot dusver in hegtenis geneem in verband met die geweld wat Dinsdag in die Johannesburgse middestad opgevlam het nie. Die oproerigheid het saamgeval met Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), se dissiplinêre verhoor in die ANC se hoofkwartiere, Luthuli-huis. “Ons het nog nie enigiemand in hegtenis geneem nie,” het

Lees verder: Geen arrestasies ná tugverhoor-chaos nie

Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie

Prof. Amanda Gouws aan die Universiteit van Stellenbosch sê dis “gevaarlik” om van ‘n burgeroorlog te praat nadat gewelddadige betogings Dinsdag die Johannesburgse middestad ontwrig het. Sy het aan Eyewitness News gesê sy glo nie Dinsdag se geweld buite Luthuli-huis kan tot ‘n burgeroorlog lei nie. Sosiale netwerke het gegons oor vrese dat die geweld ‘n voorloper

Lees verder: Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie

Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC

Die Vryheidsfront Plus verwerp die pogings van verskeie vakbonde en ANC-lede in die parlementêre portefeuljekomitee oor mineralebronne om wit vroue en Chinese as bevoordeeldes uit die bemagtigingshandves van die mynbousektor uit te skryf. “Hierdie poging is deel van ‘n breër tendens om minderhede uit die ekonomiese hoofstroom te rangeer, soos voorheen verwoord deur onder andere

Lees verder: Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC

Malema: Amerikaanse ambassade waarsku sy burgers om te registreer

In ‘n boodskap op sy webwerf, waarsku die Amerikaanse ambassade in Pretoria sy burgers om te registreer om veiligheidsbedreigings die hoof te bied indien Suid-Afrika onstabiel sou raak. Die ambassade het insgelyks alle Amerikaanse burgers gewaarsku om die Johannesburgse middestad tydens die tugverhoor van Julius Malema by Luthuli-huis te vermy. Amerikaners wat hulle in Suid-Afrika

Lees verder: Malema: Amerikaanse ambassade waarsku sy burgers om te registreer

Johannesburg in chaos gedompel

Hernieude chaos het omstreeks 14:00 uitgebreek toe ‘n groep Malema-ondersteuners weer oproerig geraak het, berig Beeld. Beeld-verslaggewers op die toneel het getwiet dat hulle moet hardloop na veiligheid omdat oproeriges hulle weer met klippe bestook. Verskeie berigte word ontvang dat ondersteuners by die versperrings verby gekom het en slaags is met polisie. Die polisie takel

Lees verder: Johannesburg in chaos gedompel

Polisie hardloop weg vir ANC-jeugliga

“Die ANC behoort self  aanspreeklikheid te aanvaar vir die skade aangerig aan eiendom deur ondersteuners van Julius Malema in Johannesburg tydens die dissiplinêre verhoor van die ANC-jeugleier”, het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng gesê. Mulder wat tans ‘n sitting van  die Gauteng Wetgewer bywoon het gesê dat die aggressiewe wyse waarop die jeuglede

Lees verder: Polisie hardloop weg vir ANC-jeugliga