Polisie hardloop weg vir ANC-jeugliga

“Die ANC behoort self  aanspreeklikheid te aanvaar vir die skade aangerig aan eiendom deur ondersteuners van Julius Malema in Johannesburg tydens die dissiplinêre verhoor van die ANC-jeugleier”, het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng gesê.

Mulder wat tans ‘n sitting van  die Gauteng Wetgewer bywoon het gesê dat die aggressiewe wyse waarop die jeuglede die media en die SAPD aanval en in die proses skade aan omliggende eiendom aanrig, voorspel niks goeds vir die toekoms van Suid-Afrika nie.

“Indien die tipe optrede tiperend gaan wees van hoe die ANC-jeug hul protes toon, loop Suid-Afrika die gevaar om in totale wanorde en anargie te verval.”  Mulder wat tans vasgekeer is in die gebou van die Gauteng Wetgewer het die ANC gemaan dat verdere optrede van dié aard brandstof kan wees vir ‘n rewolusie, ook onder ander kultuurgroepe.

Suid-Afrika benodig ‘n nuwe Kodesa, die huidige stelsel is nie volhoubaar nie en is reeds besig om rampspoedig te verloop.

In ‘n privaat epos het Mulder bevestig dat lede van die ANC-jeugliga deur die polisie se versperrings rondom die provinsiale wetgewersgebou gebars het en die polisie op die vlug geslaan het.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae