Egipte en Iran smee nuwe bande

Iran en Egipte se nuwe regering het Maandag te kenne gegee hulle sal vinnig beweeg om dekades van swak verhoudings te herstel. Dié stap bekommer die VSA, Israel en Saoedi-Arabië dat die nuwe toenadering die brose balans in die Midde-Ooste mag ontwrig. Iran het gesê hulle het ‘n ambassadeur aangestel na Egipte vir die eerste

Lees verder: Egipte en Iran smee nuwe bande

Terreuraanvalle neem af

Die aantal terreuraanvalle in die Europese Unie was verlede jaar slegs 249 – ‘n daling van 21,2%, vergeleke met die vorige jaar, het Europol Dinsdag gesê. “In 2010 is 249 terreuraanvalle in nege lande van die Europese Unie aangemeld,” het Europol in ‘n jaarlikse verslag bekend gemaak. Sewe mense is dood in dié aanvalle. Meeste

Lees verder: Terreuraanvalle neem af

Zuma sal optree teen Shiceka

Pres. Jacob Zuma het gesê daar is genoeg rede om op te tree teen Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, oor bewerings dat hy belastingbetalers se geld misbruik, het The Star Dinsdag berig. “Daar sal geen huiwering wees as die bewerings waar is nie. Absoluut geen huiwering nie. Ek het dit in

Lees verder: Zuma sal optree teen Shiceka

Verdien ANC-politici betrokke by seksskandale ons respek?

Die nuus dat die Britse oliemaatskappye, veral BP en Shell, regstreeks by die beplanning van die inval in Irak betrokke was, het vir eens en altyd die internasionale knoeiery van Groot Brittanje ontbloot. ‘n Land wat bereid is om te lieg en ander lande aan te val, bloot terwille van oliekonsessies, is nie net gewetenloos

Lees verder: Verdien ANC-politici betrokke by seksskandale ons respek?

Rotte neem Johannesburg oor

Die huidige vullisstaking in Johannesburg is besig om die aantal rotte vinnig te laat vermeerder. In die middestad waar hope vullis op die sypaadjies rondlê, meen straatsmouse dat die aantal  rotte sedert die aanvang van die staking verdriedubbel het. Volgens ‘n smous in Pleinstraat, is die rotte tans “baie gelukkig”. “Al dié vullis is soos

Lees verder: Rotte neem Johannesburg oor

Dit was nie vir olie nie!

Geheime Britse memorandums het die skakel tussen die oliemaatskappye en die inval in Irak ontbloot. Planne om Irak se oliereserwes te ontgin, is deur Britse regeringsministers en die wêreld se grootste oliemaatskappye bespreek in die jaar voordat Brittanje ‘n leidende rol in die aanval op Irak geneem het  het regeringsdokumente getoon. Irak se ontluikende olie-industrie

Lees verder: Dit was nie vir olie nie!

Onregmatige mynregte ‘n skande

Die Vryheidsfront Plus beskou die 434 onreëlmatige mineraleregte, 713 verbrekings van die wetlike omgewingsvereistes, en die 120 dubbeltoekennings van mineraleregte as ‘n nasionale skande. Die minister van mineralebronne, Susan Shabango, het vandag die feite bekend gemaak na aanleiding van ‘n interne ondersoek in haar department. Adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor mineralebronne, het aangedui

Lees verder: Onregmatige mynregte ‘n skande

Boer en gesin se lyke in bakkie gevind

‘n Bekende boer en sy gesin van De Aar, in die Noord-Kaap, is Maandag op ‘n grondpad in hulle bakkie dood aangetref, het die polisie gesê. “Een van die plaaswerkers het teen 06:00 op die bakkie afgekom, sowat 1km van die plaas af,” het lt. kol. Hendrik Swart, polisiewoordvoerder, gesê. Die man het die boer

Lees verder: Boer en gesin se lyke in bakkie gevind