Iran en Egipte se nuwe regering het Maandag te kenne gegee hulle sal vinnig beweeg om dekades van swak verhoudings te herstel.
Dié stap bekommer die VSA, Israel en Saoedi-Arabië dat die nuwe toenadering die brose balans in die Midde-Ooste mag ontwrig.
Iran het gesê hulle het ‘n ambassadeur aangestel na Egipte vir die eerste keer sedert die twee kante diplomatieke betrekkinge meer as drie dekades gelede opgesê het, het die webwerf van die regering se amptelike Engelse taalkanaal, Press TV, laat Maandag berig.
Ook Maandag, het amptenare by Egipte se Ministerie van Buitelandse Sake bevestig dat die nuwe minister van buitelandse sake Nabil Elaraby, ‘n besoek aan die Gazastrook, ‘ n gebied onder beheer van Hamas, oorweeg.
Die aankondiging volg na ‘n buitengewone vergadering vroeër vandeesmaand tussen ‘n hoë-vlak Iranse diplomaat en Elaraby, waarna die minister van buitelandse sake aan verslaggewers gesê het dat Egipte ‘n “nuwe bladsy” met Iran geopen het.
Amerikaanse amptenare het gesê hulle is bekommerd dat Egipte se oënskynlike vasberadenheid om verhoudings met Iran te herstel, deel is van ‘n breër herordening van sy buitelandse beleid. Hulle is bekommerd dat Egipte se steun sal toelaat dat Iran sy plaaslike kliënte Hamas in die Gazastrook en die Hezbollah in Libanon – beide as terroriste groepe deur die VSA gelys – kan bemagtig
Egipte se uitreik sluit ook Sirië in, ‘n noue bondgenoot van Iran. In die begin van Maart, het Egipte se nuwe intelligensiehoof, Murad Muwafi, Sirië gekies vir sy eerste buitelandse reis. Dit bly onduidelik wat bespreek is tydens die vergadering, wat deur die Wall Street Journal gerapporteer is.
