Vyf redaksielede loop voor ANC-koerant die lig sien

Vyf redaksielede van die nuwe nasionale dagblad, The New Age, het Dinsdag kort voor druktyd uit hul poste bedank. Dié koerant sou op 20 Oktober vir die eerste keer op die rakke gewees het, maar weens die nuutste verwikkelinge sal dit nie gebeur nie. “Dit is met groot teleurstelling dat ons Dinsdag die bedankings van

Lees verder: Vyf redaksielede loop voor ANC-koerant die lig sien

Woolworths verkoop glo nie ‘godsdiens en politiek’

Die winkelketting Woolworths het besluit het om onder meer Christelike tydskrifte van sy winkelrakke te verwyder en dit nie langer te koop aan te bied nie. Tydskrifte soos Lig, Juig, Joy en Lééf sal dus nie langer in Woolworths-winkels te koop wees nie. Adri-Louise van Renen, redakteur van Lig, het gister aan Die Burger gesê

Lees verder: Woolworths verkoop glo nie ‘godsdiens en politiek’

Minister kwaad

Die minister van samewerkende regering, Sicleo Shiceka, is boos omdat opposisiepartye die indruk skep dat plaaslike regerings uitmekaar val. Sickea meen dis net enkele munisipaliteite wat verbrou, en die ander se beeld skaad. Boonop meen hy munisipaliteite het veel daartoe bygedra dat besoekers aan die wêreld-sokkerbekertoernooi ‘n positiewe beeld oor die land het. Die minister

Lees verder: Minister kwaad

‘n Blanke ANC-kader leer op die harde manier

Dit ly geen twyfel nie dat me Mary Metcalfe, tot gister toe die direkteur-generaal van Hoër Onderwys in die Departement van Onderwys, ‘n toegewyde, bekwame, professionele en intelligente persoon is. Sy het al verskeie senior poste beklee, onder andere as ‘n professor in die Opvoedkunde op Wits. So ook is me Metcalfe ‘n jarelange getroue ANC-kader,

Lees verder: ‘n Blanke ANC-kader leer op die harde manier

Swarte in hegtenis weens kinderverkragting

‘n Sestigjarige man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy blykbaar ‘n 13-jarige meisie in Dalasile, 30 km buite Engcobo, verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. “Die meisie was by ‘n spaza-winkel, toe sy glo deur die man bygedam is,” het die polisiewoordvoerder lt. kol. Mzukuisi Fatyela gesê. “Hy het gedreig om haar

Lees verder: Swarte in hegtenis weens kinderverkragting

As die pot die ketel verwyt

‘n Onlangse verkiesingsplakkaat van die studente-organisasie Sasco laat ‘n mens onwillekeurig aan die spreekwoord dink:, as die pot die ketel verwyt. Die Engelse weergawe: “The pot calls the kettle black,” is dalk meer toepaslik vir die bewoording op ‘n verkiesingsplakkaat by ‘n opvoedkundige inrigting in Kaapstad. Dit lui: A vote for SASCO is a vote

Lees verder: As die pot die ketel verwyt

Suid-Afrikaner is (halwe) wêreldystermankampioen!

Die Suid-Afrikaner James Cunnama het gister die wêreld se ystermankampioen geword in die 70.3-wedstryd wat in Austin, Texas gehou is. Cunnama het die moordende driekamp van 70.3 myl (112 km), ook bekende as ‘n “halwe ysterman”, in ‘n tyd van 3:35:57 gewen. Deelnemers moet vervolgens 1,93 km swem, 90 km fietsry en ‘n halwe marathon

Lees verder: Suid-Afrikaner is (halwe) wêreldystermankampioen!

Merkel erken multikulti het misluk

Die poging om van Duitsland ‘n multikulturele samelewing te maak, het misluk, sê die Duitse kanselier. Angela Merkel het Saterdag op ‘n byeenkoms in Potsdam met jongmense van haar Christendemocratische Party, die CDU, gepraat. Merkel het gesê dat Duitsland onrealisties was, deur te dink dat die gasarbeiders wat in die sestigs na die land gekom

Lees verder: Merkel erken multikulti het misluk