Cosatu se erkenning dat ‘n ANC-taakspan ‘n nasionaliseringsplan en die implementering daarvan bestudeer het, is bewys daarvan dat die ANC “blatant lieg”, het die die Transvaalse Landbou-Unie (TLU-SA) gesê. “Dit is duidelik dat die ANC-jeugliga se eise… [van nasionalisering] nie net opmerkings van ‘n spul heethoofde is nie,” het Ben Marais, president van TLU-SA, gesê.
Wat sit agter Naspers se spel?
Geagte dr. Scholtz, Wat weet u van die APK behalwe dat hulle nie bereid was om deur die nuwe SA geassimileer te word nie? Dat daar “regses” in die APK is, is ‘n feit maar kop vir kop is daar seker tien maal soveel regses in die NGK wat steeds meer as 900 000 lidmate
SAAB-omkopery moet ondersoek word
Pres. Jacob Zuma se kantoor het vandag ‘n skrywe ontvang van die Vryheidsfront Plus waarin hy versoek word om ‘n regterlike kommissie van ondersoek in te stel na bewerings van omkoopgeld deur SAAB met die aankoop van die Gripen-vegvliegtuie. SAAB het erken dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle
Botswana moet Malema van sedisie aankla
Die Vryheidsfront Plus glo dat daar genoeg regsgronde vir die Botswana-regering blyk te wees om Julius Malema en die ANC-jeugliga vir die misdaad, sedisie, te ondersoek en aan te kla na aanleiding van uitsprake wat onlangs deur die organisasie gemaak is waarvolgens hulle ‘n Botswana Command Team wil skep om die Botswana-regering uit die kussings
Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom
Johannesburg – Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê. “As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak … Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor,” het Cosatu
Links-radikales bedreig spraakvryheid
Sowel Leopold Scholtz as Amanda Gouws het onlangs in Die Burger ‘n pleidooi vir groter verdraagsaamheid en meer genuanseerde debat gelewer sodat ons nie sonder meer as hetsy “fasciste”, hetsy “bose wittes” uitgeskel word nie. Scholtz meen dat onverdraagsaamheid “van regs” kom, maar die meeste regses in dié land lees die oorwegend linkse koerante en
Vrystaat-landbou sit aanvalle op Afrikanerbond voort
Nadat mnr. Louw Steytler, die president van Vrystaat-landbou gister tydens sy openingstoespraak by die organisasie se jaarlikse kongres ‘n striemende aanval op die Afrikanerbond geloods het, is die rusie tussen die twee organisasies vanmôre oor die lug op RSG voortgesit. Mnr. Dan Kriek, visepresident van Vrystaat-landbou, het met verontwaardiging gereageer op die suggestie dat sy
Lees verder: Vrystaat-landbou sit aanvalle op Afrikanerbond voort
Iranse Rewolusionêre Wag neem presidentskap van OPUL oor
‘n Gewilde senior Iranse bevelvoerder in die Revolusionêre Wag het die presidentskap van die OPUL oorgeneem nadat hy Woensdag Iran se olie-minister geword het. Rostam Ghasemi, hoof van die Khatam al-Anbia militêre en industriële basis, is tans onderhewig aan die VSA, die EU en Australië se sanksies en sy bates is deur die Amerikaanse Tesourie en
Lees verder: Iranse Rewolusionêre Wag neem presidentskap van OPUL oor
‘Mosambiek is veilig’
Die vakbond AgriSaMoz sê Mosambiek se regstelsel en bilaterale ooreenkomste sal daarvoor sorg dat Suid-Afrikaanse boerdery-belange beskerm word, het RSG berig. Grondhervormingsontleders het bekommerd geraak toe daar op ‘n oord in Suid-Afrikaanse besit in die Bilene-gebied van die Gaza-provinsie beslag gelê is. Dirk Hanekom, AgriSaMoz se uitvoerende hoof, het gesê hy is tevrede dat daar
Polisie ontvang berading na skietery by stasie
Lt.kol. Thandi Mkhize, ‘n bevelvoerder van die Rosebank-polisiestasie wat deur ‘n polisieklerk geskiet is, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal, het die Gautengse polisie gesê. Volgens lt.kol. Tshisikhawe Ndou kan geen verdere inligting oor haar toestand verskaf word nie. Mkhize is Maandagmiddag ná die skietery per helikopter na die Milpark-hospitaal geneem. Die
