Mbalula: Sportontwikkelingsplan sal lei na transformasie

Suid-Afrika moet so gou moontlik ‘n ontwikkelingsplan vir sport in plek kry, het Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, Woensdag gesê. “Ons benodig ‘n enkele ontwikkelingsteorie vir Suid-Afrika in ooreenstemming met wat ons wil bereik as ‘n land, en wat ons op die oomblik nie het nie,” het hy aan verslaggewers by die parlement

Lees verder: Mbalula: Sportontwikkelingsplan sal lei na transformasie

Malema sê tugbesluit was voor verhore geneem

Die besluit om die ANC-Jeugligaleiers te skors, is geneem voordat die dissiplinêre verhore begin het, het sy president, Julius Malema, verklaar. “Daar was deurentyd tekens dat die besluit was om die leierskap te skors,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “‘n Besluit om die ANC Jeugliga-leierskap te skors en te sanksioneer is deur die

Lees verder: Malema sê tugbesluit was voor verhore geneem

Iran bied Turkye kernhulp aan

Teheran is bereid om sy omstrede kerntegnologie te deel met naburige lande, wat daarop dui dat Turkye Iranese hulp kan ontvang vir die bou van ‘n atoomkragstasie. “Iran beskik oor baie gesofistikeerde kernwetenskap en ‘n tegnologiese vermoë, wat ons heeltemal gereed is om te deel met … die naburige lande en vriendelike lande in die

Lees verder: Iran bied Turkye kernhulp aan

Die geheim is uit: Dis ras!

President Barack Obama se algehele goedkeuring bly maar beroerd, en hy ontvang steeds veel hoër punte vir sy buitelandse beleid as vir huishoudelike sake, volgens ‘n nuwe nasionale opname een jaar voordat hy vir herverkiesing wil staan. Vroue is verdeeld oor hoe Obama presteer, maar mans toon ‘n duidelike afkeur met ‘n 55% – 43%

Lees verder: Die geheim is uit: Dis ras!

‘Koelie-klag’ waarskynlik laat vaar

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal tot Woensdag moet wag om te hoor of klagte wat teen hom aanhangig gemaak is deur die SA Minority Rights Equality Movement (Samrem) laat vaar is. Dít het aan die lig gekom ná ‘n vergadering in Pietermaritzburg tussen Malema en Samrem-beamptes Dinsdagaand. Ashwin Singh, woordvoerder van

Lees verder: ‘Koelie-klag’ waarskynlik laat vaar

Opkoms van nuwe terreurnetwerk in Afrika

Die Nigeriese owerhede het bevestig dat drie bomaanvalle in die noordelike stad Maiduguri voorgekom het. Een van die aanvalle het ‘n voertuig geteiken wat aan die gesamentlike polisiemag behoort wat veiligheid in die stad moet handhaaf. Niemand is in die voorval dood nie. Luidens vroeëre berigte is die radikale Islamitiese groep – Boko Haram –

Lees verder: Opkoms van nuwe terreurnetwerk in Afrika

Nog ‘n dienste-opstand

Woedende inwoners van wyk 27 by die Rooigrond-gevangenis buite Mahikeng in Noordwes het in ‘n optog na die provinsiale regeringsgeboue beter dienslewering en onmiddellike optrede geëis. Die inwoners het steeds nie water, elektrisiteit, of die huise wat twee jaar gelede aan hulle beloof is nie. Hulle eis dat die provinsiale regering ingryp omdat hulle nie

Lees verder: Nog ‘n dienste-opstand

Ontevredenheid oor swak dienste slaan oral uit

Meer as 50 inwoners van informele nedersettings op Vryburg in Noordwes het hulle intrek, sonder magtiging, in HOP-huise geneem omdat hulle sê hul geduld opgeraak het. Hulle sê hulle wag te lank vir die voltooiing van die huise. Die projek van 86 miljoen rand sluit die bou van 500 huise in en het vier jaar

Lees verder: Ontevredenheid oor swak dienste slaan oral uit

SA se belastinginvordering eersteklas

Suid-Afrika se belastingstelsel is nommer een op die ranglys vir opkomende ekonomieë vir sy doeltreffendheid en die maklike wyse waarop belastingbetalers hul opgawes kan indien. Die ranglys is vervat in ‘n verslag van die Wêreldbank, die Internasionale Korporasie oor Finansies en die ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper. Volgens die verslag is Suid-Afrika die leier op dié

Lees verder: SA se belastinginvordering eersteklas