Occupy Wall Street is in September gestig om teen ekonomiese ongelykheid te betoog. Die beweging is daarna deur tientalle protesoptredes van oor die hele wêreld heen gevolg.
Luidens The New York Times het die sending in Zuccotti Park Dinsdagoggend omstreeks 01:00 begin.
“Die stad glo vas dat die voortdurende besetting van Zuccotti Park ‘n toenemende gesondheid- en brandveiligheidsrisiko inhou,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.
Kennisgewings is uitgedeel waarin betogers gevra word om die park te verlaat. Hulle mag op ‘n later stadium weer terugkeer as die park eers ontruim is, maar hulle sonder kampgeriewe.
Die opruimaksie was by tye gewelddadig. Plaaslike verslaggewers het op hul Twitter geskryf dat die polisie pepersproei gebruik het en betogers hardhandig weggesleep het.
Meer as 70 betogers is in hegtenis geneem omdat hulle hulself verset het daarteen om Zuccotti Park te verlaat.
Die park wat as kampeergrond gebruik is, moes met water afgespuit word.
Inwoners en besighede langs die park het gekla van ontwrigting van hul daaglikse aktiwiteite, want die protesskares het die media en toeriste gelok.
Geakkrediteerde plaaslike nuusjoernaliste het gesê die polisie het verhoed dat hulle video of foto’s neem van die betogers wat beseer is deur die polisie.
‘n Plaaslike verkeersnuushelikopter is bo die park verbied om die polisie-optrede te verfilm, wat gelei het tot beskuldigings van sensuur.
Zuccotti Park is in besit van Brookfield Properties, en is vernoem na die maatskappy se uitvoerende hoof, John E. Zuccotti.
Die 3100-vierkante-meter eiendom, geleë oos van die Esplanade in die voorkant van die HSBC-gebou op Broadway, is gelys as ‘n “privaatbesit openbare ruimte” op ‘n regeringswebwerf.
