De Doorns: ANC-voorsitter getref

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om stakende plaaswerkers in De Doorns in die Wes-Kaap uitmekaar te jaag. Duisende plaaswerkers het die polisie getart, en met klippe bestook. Die plaaswerkersvakbond Bawusa beweer nege mense is deur rubberkoeëls beseer sedert die staking Woensdag hervat is. “Pat Marran, voorsitter van die ANC in die Boland, is

Lees verder: De Doorns: ANC-voorsitter getref

Mini-oorlog woed in De Doorns

Geweld het opnuut uitgebreek op De Doorns in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep stakende plaaswerkers losgebrand het. RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het. Die radiostasie berig

Lees verder: Mini-oorlog woed in De Doorns

Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is. Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het. Hulle het

Lees verder: Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê. Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors. “Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt

Lees verder: Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Drie tieners is dood toe hulle Woensdagaand in KwaChezu, Nkandla, in die noorde van KwaZulu-Natal, deur weerlig getref is, het owerhede gesê. “Twee van hulle, 13 en 14 jaar oud, van die Dlamini-familie, en een van die Zwane-familie, is dood toe weerlig hulle getref het terwyl hulle huis toe geloop het van ‘n plaaslike snoepwinkel

Lees verder: Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

Die polisie is steeds op soek na die swart aanvallers wat ‘n bejaarde egpaar van Belfast in Mpumlanga in ‘n vrieskas gedruk het. Hulle het later versmoor, het RSG Donderdagoggend berig. Die polisie het Woensdag in Rudolph en Elma van Heerden se huis op hulle lyke afgekom. Die Van Heerdens, albei 79, is vermoedelik oor

Lees verder: Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

De Doorns weer gebuk onder geweld

Die N1-snelweg by De Doorns was Woensdagmiddag steeds gesluit nadat gewelddadige botsings tussen stakende plaaswerkers en die polisie uitgebreek het.  Betogers het die pad met klippe versper en ook klippe na die polisie gegooi, wat rubberkoeëls gebruik het om hulle uitmekaar te jaag. Die hoofpad wat van die N1 na die dorp lei was met

Lees verder: De Doorns weer gebuk onder geweld

Duitsers stel laser bekend wat onbemande tuie kan afskiet

Die Duitse wapenvervaardiger Rheinmetall het ‘n lasertoestel vrygestel wat onbemande tuie kan afskiet. ‘n Laserstelsel wat  twee tuie op ‘n afstand van meer as ‘n kilometer ver kan klits is deur Rheinmetall Verdediging ten toon gestel. Die Duitse firma gebruik die hoë-energie-lasertoerusting om vinnig-bewegende tuie op ‘n afstand te skiet. Die stelsel, wat gebruik maak

Lees verder: Duitsers stel laser bekend wat onbemande tuie kan afskiet

Oranje bo!

Nuwe navorsing toon dat oranje-kleurige bekers ‘n warm sjokoladedrankie lekkerder laat smaak. Navorsers van die Polytechnic Universiteit in Valensië in Spanje en die Oxford universiteit het dié proefneming gedoen. Die 57 deelnemers moes hul mening gee oor sjokoladedrankies wat in verskillende kleure bekers bedien is. Volgens die verslag het die drankie in die oranje- en

Lees verder: Oranje bo!

Amerikaanse filmman sterf in SA

David R. Ellis (60), bekende Amerikaanse rolprent-regisseur, se lyk is in die SandtonSun-hotel gekry. Ellis was die regisseur van rolprente soos Snakes On A Plane, The Final Destination en Shark Night 3D. Hy was in Suid-Afrika om aan ‘n rolprent te werk. Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wat Ellis se dood veroorsaak

Lees verder: Amerikaanse filmman sterf in SA