RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het.
Die radiostasie berig die stakers het uit woede die polisie met klippe bestook.
Die stakers is uitmekaargejaag, maar het vinnig weer byeengekom.
Geweld het Woensdag in dieselfde gebied uitgebreek toe stakers ‘n motor van ‘n koerantgroep aan die brand gesteek, ‘n padstal geplunder en die N1 met voorwerpe versper het.
Sapa het vroeër berig die voertuig, wat aan Independent Newspapers behoort het, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.
Die verslaggewer sê hy moes uit sy motor na veiligheid gesleep word nadat betogers dit met klippe bestook het en hy geslaan is.
Hy en ‘n ander joernalis was in die voertuig toe betogers hulle omsingel het, en gedwing het om die gebied te verlaat.
Volgens die polisie is minstens 44 mense daarna in hegtenis geneem.
