Soos wat ek kyk na die indrukke wat daardie Ierse kaviaarkommunis die afgelope naweek met sy alewige sonbril en cowboyhoed op die menigte agtergelaat het, het my waardering vir Ierland min of meer dieselfde kant opgegaan as hul staatsskuld. Dit het ‘n nuwe dieptepunt bereik. Paul ‘Bono’ Hewson is daardie groot kleinburgerlike weldoener wat bittergraag
Gaan Vlaandere ‘n frietrewolusie tegemoet?
’n Wêreldrekord vir politieke onderhandelinge om ’n nuwe regering te vorm, is gister geslaan. Dié nuwe rekordhouer is België. ’n Opskrif in die Vlaamse dagblad De Standaard lui vanmôre: “België breekt het wereldrekord politiek onderhandelen”. Die rekord van 249 dae van onderhandelinge is dus geslaan. Die vorige rekordhouer was Irak, en ’n Irakese afvaardiging het
‘Boer’-ekstremiste ontwrig VVK-vergadering
‘n Klein groepie “Boer”-ekstremiste onder leiding van mnr. Piet Rudolph het gisteraand ‘n vergadering van die Volksraadverkiesingskommissie by die Paardekraalmonument op Krugersdorp ontwrig. ‘n Volgeling van mnr. Rudolph het uit die bloute op mnr. Paul Kruger van die VVK afgestorm en hom in die gesig geslaag dat die bloed spat. ‘n Bebloede Kruger het daarna
‘n Vergete saak
Af en toe gebeur dit dat die oorlog verby is voor die verloorders mooi besef hulle was in ‘n oorlog betrokke. Volgens oorlewering het ‘n kabinet so lank getob oor die vraag of hulle oorlog moet verklaar, dat, toe die vergadering verdaag, hul land klaar oorgeneem was. Oud-Kovsies, studente en dosente is skynbaar ewe verdwaas
Iran stuur 2 oorlogskepe na Suez
Iran het met Egiptiese amptenare ooreengekom om twee van sy oorlogskepe na die Suez-kanaal te stuur, het Iran se Press TV berig. Die Suezkanaalowerheid sê egter dat nog geen skepe van Iran toestemming verkry het om deur dié waterweg te vaar nie. Die Israeliese minister van buitelandse sake Avigdor Lieberman het gister gesê dat Iran
Zuma kap Mulder oor NP-vergelyking
Zuma het dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, berispe nadat hy in sy toespraak vroeër die week die ANC met die NP vergelyk het. “So ‘n vergelyking is jammer en dit behoort reggestel te word,” het Zuma gesê. “‘n Mens kan nie sê die ANC gaan misluk
RA en SEB bly, sê Zuma
President Jacob Zuma het Donderdag gedurende die opvolgdebat ná sy staatsrede, gesê dat die regering nie gaan afsien van sy beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie. “Die ekonomie kan nie vinnig genoeg groei, werk skep of volhoubaar wees as die meeste van ons land se burgers uitgesluit word nie,” het hy gesê.
Roodt vra vir referendum ná Zuma-uitspraak oor ‘Afrikanertuiste’
“Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners is so deel van die geskiedenis en politiek in Suid-Afrika soos biltong en beskuit of koeksisters en rooibostee.” Só sê dr. Dan Roodt van PRAAG in sy reaksie op pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende stelling dat “die Afrikaner ‘n sielkundige tuiste waar hy veilig is” nodig het. Roodt, wat so pas
Lees verder: Roodt vra vir referendum ná Zuma-uitspraak oor ‘Afrikanertuiste’
VSA onderhandel veto teen Israel
Die VSA het Dinsdag gesê hulle sal ‘n VN-Veiligheidsraadverklaring ondersteun dat Amerika “nie die legitimiteit van voortgesette Israeliese nedersettingsaktiwiteite aanvaar nie,” ‘n skuif wat daarop gemik is om ‘n sterker Palestynse vetoresolusie te omseil. Maar die Palestyne het reeds die Amerikaanse aanbod verwerp ná ‘n vergadering laat Woensdag van Arabiese verteenwoordigers en gesê hulle is
Apartheidmusiek
на кухнелобановский обыск
