Afrikalande sal vanjaar ’n skerp styging in groei ervaar, het die IMF Woensdag gesê, terwyl die organisasie steeds beklemtoon het dat gesonde ekonomiese bestuur ’n sleutel bly om die verbetering vol te hou.
Die Internasionale Monetêre Fonds het in ’n ondersoek na die wêreldekonomie die korttermynvooruitsigte vir Afrika as “baie positief” beskryf, wat ’n weerspieëling van stygende ru-oliepryse vir uitvoerders is, asook makro-ekonomiese stabiliteit, ’n sterk vraag na grondstowwe en skuldverligting.
Lees verder: Oorlog en onrus benadeel nie groei in Afrika, meen IMF
