Polisieteenwoordigheid opgeskerp vir Malema-verskyning

Polisievoertuie staan buite die Polokwane-landdroshof, waar Julius Malema en vier ander mense Donderdagoggend verskyn. Omstreeks 07:15 is twee polisie-njalas en ten minste 10 motors buite die hof opgemerk. Die vyf verskyn op aanklagte van ondermeer bedrog, geldwassery en rampokkery. Die hof sal na verwagting Donderdag ‘n verhoordatum vasstel. Malema en die vier ander beskuldigdes sal

Lees verder: Polisieteenwoordigheid opgeskerp vir Malema-verskyning

VSA waarsku oor SA se misdaad

Die Verenigde State het ‘n misdaadwaarskuwing elk vir Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad uitgereik, berig The New Age. Die Amerikaanse staatsdepartement se buro vir diplomatieke veiligheid het die waarskuwing in ‘n dokument vrygestel. “Gewelddadige en konfronterende misdaad is ‘n groot bekommernis in Suid-Afrika. Die soort misdade sluit in huisroof, inbrake, kapings, straatrooftogte, grypdiefstal, georganiseerde aanvalle

Lees verder: VSA waarsku oor SA se misdaad

Twee van Denel in Mogadisjoe in aanval dood

Twee Suid-Afrikaners wat vir die wapenvervaardiger Denel werk is Woensdag in ‘n aanval in Somalië dood, het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Ek kan bevestig dat twee van ons werknemers in die aanval op die Verenigde Nasies in Somalië dood is, het ‘n woordvoerder vir Denel, Vuyelwa Qinga, gesê. Die oorledenes se name is

Lees verder: Twee van Denel in Mogadisjoe in aanval dood

ANC-konsortium gebruik staatsdienspensioenfonds om Independent-nuusgroep mee te koop

Die regering het in antwoord op ‘n geskrewe vraag van die Vryheidsfront Plus erken dat geld van die pensioenfonds vir staatsdienswerkers wel gebruik gaan word om te belê in die Independent News & Media-groep wie se Suid-Afrikaanse beleggings deur die ANC-georiënteerde konsortium Sekunjalo Independent Media gekoop is. Dit beteken in effek dat die ANC met

Lees verder: ANC-konsortium gebruik staatsdienspensioenfonds om Independent-nuusgroep mee te koop

Boer van Cradock in plaasaanval doodgesteek

‘n Bejaarde boer van Cradock, Louis Traut (80), is Sondagaand in ‘n plaasaanval op sy plaas Doornkop tussen Cradock en Hofmeyr vermoor. Sy vrou en twee dogters is aangerand in die aanval, berig Volksblad. ‘n Polisiewoordvoerder,sê Traut (80) is vermoor en sy vrou, Coleen (48), en dogters, Mariska (45) en Louisa (50), het steek- en

Lees verder: Boer van Cradock in plaasaanval doodgesteek

Senior polisieman was gedugte teen-korrupsielid

Die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko het die moord op ‘n senior polisiebeampte, wie se liggaam gisteroggend in ‘n veld naby Hammanskraal, noord van Pretoria gevind is, skerp veroordeel. Generaal-majoor Tirhani Maswanganyi se hande en voete was vasgebind. Die polisie ondersoek na bewering die moontlikheid van ‘n sluipmoord. Volgens inligting het hy talle korrupte

Lees verder: Senior polisieman was gedugte teen-korrupsielid

Angie bevraagteken wit organisasie se skielike belangstelling in swart skoolkinders

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aangekondig dat ‘n hersieningsdokument van die norme en standaarde vir skoolinfrastruktuur nie voor Desember gereed sal wees nie. Die nie-regeringsorganisasie, Equal Education, wil haar hof toe neem omdat sy na bewering ‘n ooreenkoms om die finale dokument teen 15 Mei te publiseer, nie nagekom het nie. Die

Lees verder: Angie bevraagteken wit organisasie se skielike belangstelling in swart skoolkinders

Predikant kort voor preek doodgeskiet

‘n Predikant van KwaZulu-Natal is die afgelope naweek minute voor sy preek doodgeskiet. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapveiligheid, het Dinsdag sy “skok en afgryse” oor die voorval uitgespreek. Ds. Agrippa Cibane van die African Gospel Church in eLovu, suid van Durban, is Sondag kort voor sy preek doodgeskiet, het Mchunu in ‘n verklaring gesê. Die

Lees verder: Predikant kort voor preek doodgeskiet

Versigtig met 1913-wet herdenking!

Met die herdenking van die Wet op Naturelle Grondbesit, wat op 19 Junie 1913 in werking gestel is, is dit nodig om sekere sake net in perspektief te plaas. Ter wille van ‘n politieke beleid is gepoog om grondbesit te orden in volks- of stamverband. Of daardie beleid reg of verkeerd was, is ‘n ander

Lees verder: Versigtig met 1913-wet herdenking!

Pangas, byle en handbyle ‘uitverkoop’ in Marikana

‘n Winkeleienaar by Marikana se voorraad pangas en byle het tydens die onluste in die gebied van Marikana weens die verhoogde aanvraag daarna opgeraak. “Daar was ‘n skielike en geweldige aanvraag na pangas, byle en handbyle vanaf 11 Augustus,” het die algemene handelaar, Mohammed Cassim, in ‘n verklaring vermeld. Adv. Vuyani Ngalwana, namens die polisie,

Lees verder: Pangas, byle en handbyle ‘uitverkoop’ in Marikana