Die prys van petrol het om middernag met tussen 15 en 18 sent per liter gedaal. Die daling is verlede week reeds deur die departement van energie aangekondig. Die prys van 93 oktaan loodvrye petrol en LRP sal 15 sent per liter minder wees, terwyl 95 oktaan loodvrye petrol se kleinhandelsprys met 18 sent gedaal
Vyfde skool afgebrand, 19 gesluit
Negentien skole in Noordwes is vir ‘n onbepaalde tyd gesluit, nadat ‘n vyfde skool deur inwoners van Tlakgameng buite Vryburg aan die brand gesteek is. Cosatu asook opposisiepartye in Noordwes het die onbepaalde sluiting van 19 skole noord van Vryburg in die provinsie veroordeel. Inwoners het drie klaskamers, ‘n personeelkamer en stoorkamer by die Sebitlwane-hoërskool
Webblad vir plaasmoorde
Die Rustenburgse boer wat die ANC-jeugleier, Julius Malema, by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom gaan verkla het, het ‘n webblad geskep om plaasmoorde in Suid-Afrika te monitor. Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het gevra dat enigiemand met inligting aangaande plaasaanvalle, dié besonderhede vir
Bob gaan diamantreserwes van die hand sit
Zimbabwe se president het Dinsdag gesê dat die land sy reuse-diamantreserwes sal verkoop, ten spyte daarvan dat hulle nie goedkeuring van die wêreld se diamant-beheerliggaam ontvang het nie. ‘n Uitdagende president Robert Mugabe het aan wetgewers gesê dat diamantverkope “groot potensiaal” het om die verpletterde ekonomie nuwe lewe te gee. Hy het bygevoeg dat Zimbabwe
Weer ontkenningspolitiek?
Pas is berig dat pres. Jacob Zuma meen xenofobiese geweld is steeds net gerugte, en dat hy nie seker is of daar dreigemente was nie. Op dieselfde dag is onder meer berig dat ‘n Bangladesji van Bloemfontein se winkel afgebrand is deur mense wat in geen onduidelike taal nie dit aan xenofobie toegeskryf het. Die
Belfast, Noord-Ierland, smaak opnuut geweld
Drie polisiebeamptes is Maandag beseer in ‘n skietery tydens oproerigheid wat in Belfast, Noord-Ierland uitgebreek het. Bykans 30 polisiebeamptes is beseer toe hulle deur Ierse nasionaliste aangeval is. Niemand is noodlottig gewond nie. Die voorvalle het in die gebied van North Queenstraat in die noorde van die stad plaasgevind. изготовление саунДанильченко Юрий Брониславович Харьков
Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal
‘n Franse sakeman het aangebied om eiendomme te verkoop om Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk opgelê mag word, indien hulle die boerka dra. Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbod op die dra van ‘n boerka. Frankryk sal waarskynlik die verbod op die boerka Dinsdag goedkeur,
Besnydenisdodetal styg
Die besnydenisdodetal in die Oos-Kaap het gestyg tot 41 nadat nóg swart seuns tydens tradisionele seremonies besny is, het die provinsiale departement van gesondheid Maandag gesê. “Die mees onlangse slagoffer was ‘n 19-jarige seun wat Vrydag gesterf het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê. Hy was deel van ‘n inisiasieskool by die Nyanisweni-informele nedersetting in Bizana
Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood
Vier polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag ‘n motoris in Pretoria se middestad doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê. Nkosinathi Ntuli (23) van Doornpoort het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy doodgeskiet is, het Moses Dlamini, ‘n woordvoerder gesê. Volgens Dlamini is die beamptes, wat
Lees verder: Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood
Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle
‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die
Lees verder: Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle
