Bob gaan diamantreserwes van die hand sit

Zimbabwe se president het Dinsdag gesê dat die land sy reuse-diamantreserwes sal verkoop, ten spyte daarvan dat hulle nie goedkeuring van die wêreld se diamant-beheerliggaam ontvang het nie. 

‘n Uitdagende president Robert Mugabe het aan wetgewers gesê dat diamantverkope “groot potensiaal” het om die verpletterde ekonomie nuwe lewe te gee.

Hy het bygevoeg dat Zimbabwe ‘n kwart van die wêreld se diamantvoorraad het.

Die Kimberley-proses sertifiseringskema het nie goedkeuring vir internasionale verkope gegee nie, te midde van aantygings van moorde, menseregteskendings en korrupsie in die reusagtige diamantvelde wat in 2006 in die ooste van Zimbabwe ontdek is.

“Niemand moet ons besluit om ons diamante te verkoop betwyfel nie,” het Mugabe aan wetgewers by die opening van die parlement in Harare gesê.

пескоструй купить вДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae