Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. 

Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk het.

Die aanvalle beteken ‘n verinternasionalisering van Somalië se burgeroorlog van 20 jaar.

“Ons het die aanvalle geloods omdat ons oorlog voer teen hulle,” het Mohamoud Rage, die Shabaab-groep se woordvoerder gesê.

Sy uitlating volg nadat Uganda troepe gestuur het namens die Afrika-Unie wat die Somaliese regering in die burgeroorlog ondersteun.

Volgens Kale Kayihura, ‘n plaaslike polisiehoof, het drie ontploffings die stad geskud. Een was glo as gevolg van plofstof wat in ‘n gebou geplant is, maar die ander twee was moontlik weens selfmoordbomaanvalle.

no depositФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae