Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Dreigemente oor die uitbreek van xenofobiese geweld in Suid-Afrika is steeds net gerugte, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê. 

“Ek is nie seker of daar al dreigemente van xenofobiese geweld was nie. Maar ek weet daar was gerugte wat aangemeld is,” het hy aan joernaliste in Sandton gesê.

Volgens hom het die regering ‘n ministriële kommissie op die been gebring om die situasie te hanteer.

“Die regering is in beheer van die situasie en ek is seker mense hoef nie bang te wees nie omdat ons na hulle veiligheid sal omsien.”

Zuma het gesê daar is nog nie konkrete bewyse van xenofobiese aanvalle nie.

Daar is egter Maandag berig dat daar aanvalle op immigrante in die Wes-Kaap was.

Altesaam 62 mense het in 2008 gesterf en 1500 is haweloos gelaat nadat xenofobiese geweld in Gauteng gewoed het.

casino games with bonusesлобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae