Drie polisiebeamptes is Maandag beseer in ‘n skietery tydens oproerigheid wat in Belfast, Noord-Ierland uitgebreek het.
Bykans 30 polisiebeamptes is beseer toe hulle deur Ierse nasionaliste aangeval is. Niemand is noodlottig gewond nie.
Die voorvalle het in die gebied van North Queenstraat in die noorde van die stad plaasgevind.
