‘n Amerikaanse toekomsvisie

Met Justin Bieber se veertigste verjaarsdag gaan die wêreld al baie anders lyk volgens die National Intelligence Council (NIC), ‘n Amerikaanse koalisie van spioenasie-agentskappe wat pas sy voorspellings vir 2030 vrygestel het. Die NIC het Maandag “Global Trends 2030: Alternatief Worlds,” ‘n 140-bladsy verslag vrygestel. Die navorsing is gedoen deur die beste breine binne die

Lees verder: ‘n Amerikaanse toekomsvisie

Honderde polisievuurwapens weg

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se kantoor sê 740 polisievuurwapens is vanjaar óf gesteel óf polisiebeamptes het hulle verloor. Phiyega se kantoor sê ses vuurwapens is in toilette verloor, terwyl ‘n totaal van 246 op ‘n nalatige wyse verlore gegaan het. Die verlies van 286 vuurwapens moet nog geklassifiseer word. In totaal is 350 polisiebeamptes vir

Lees verder: Honderde polisievuurwapens weg

Skade na swaar reën en hael

Miljoene rande om mense te help word benodig ná ‘n erge haelstorm groot skade in KwaZulu-Natal aangerig het, het Nomusa Dube, LUR vir samewerkende regering, Maandag gesê. Die storm het Sondagaand oor Ladysmith en omliggende gebiede uitgesak. “Gebiede soos Acacia, Steadville, Tsakane en Modelkloof in Ladysmith word die ergste geraak. Honderde mense is dakloos gelaat,”

Lees verder: Skade na swaar reën en hael

Vavi takel tenderpreneurs

Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het gister gesê dat staatsamptenare verbied moet word om met die staat sake te doen, want dit het bygedra tot korrupsie. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid, het Vavi gesê dat 360 gevalle van konflik van belange, wat R3.5 miljard beloop, ondersoek word. Hy het in Pretoria ná sy aanstelling as voorsitter

Lees verder: Vavi takel tenderpreneurs

Banke waarsku ANC

Banke het die ANC tot versigtigheid gemaan oor die moontlike gevolge van besluite betreffende beleid wat by die party se komende verkiesingskongres in Mangaung geneem word, het berigte Dinsdag gelui. Cas Coovadia, uitvoerende hoof van die Bankvereniging van Suid-Afrika, het gesê besluite wat by die kongres geneem word kan ‘n negatiewe uitwerking op banke hê,

Lees verder: Banke waarsku ANC

Regeringswebtuistes deur kuberkraker aangeval

‘n Kuberkraker het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontwrigting van drie Suid-Afrikaanse regering webtuistes. Die webwerwe van die Presidensiële nasionale kommissie, die Nasionale bevolkingeenheid en Maatskaplike Ontwikkeling is geteiken. Die kraker is vermoedelik in Marokko geleë en staan bekend as H4K-Sniper. Nie een van die webwerwe bevat sensitiewe inligtig nie. Die sabotasie is klaarblyk gerig op

Lees verder: Regeringswebtuistes deur kuberkraker aangeval

Zim vat Ian Smith se plaas

‘n Plaas wat aan die laaste Rhodesiese eerste minister, Ian Smith, behoort het, is deur die staat gevat. Die Zimbabwiese regering het beslag gelê op Gwenhoro, waar Smith gebore is,  en aan die staatsbeheerde Midlands State University oorhandig. ‘n Paar maande gelede is die plaas in die staatskoerant gelys as een van eiendomme wat gevat

Lees verder: Zim vat Ian Smith se plaas

Min oor Mandela se welstand bekend

Min inligting oor die toestand van oudpres. Nelson Mandela is bekend, maar adjunkpres. Kgalema Motlanthe het Suid-Afrikaners nogtans gevra om vir hom te bid. Volgens berigte het Mandela opgehou praat en lyk hy nie goed nie. Cosatu het ook goeie wense aan Madiba gestuur, wat Saterdag in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria opgeneem is. “Ons

Lees verder: Min oor Mandela se welstand bekend

Vrou kom haar vermeende verkragters by optog teen geweld teë

‘n Vrou wat deur ‘n groep mans verkrag is, het haar vermeende aanvallers by ‘n optog oor vrouemishandeling in Port Elizabeth gesien, het die Weekend Post berig. Die 50-jarige Andy Kawa van Johannesburg het die mans nadat by die Kings Beach-parkeerterrein, waar sy in Desember 2010 verkrag is, gesien. Sy was in Port Elizabeth om

Lees verder: Vrou kom haar vermeende verkragters by optog teen geweld teë