Gerrit Brand van Die Burger meen ek was teenstrydig in my onlangse kommentaar oor Die gevare van demokrasie. Een van die Burger se lesers, Joan (Hambidge) reageer op Brand se webjoernaaldeur te sê dat sy polemiek die essensie van my argument misken, naamlik dat demokrasie in Afrika dikwels tot geweld lei en dat enige magstryd tussen twee groot swart partye (indien die ANC byvoorbeeld sou skeur) heel moontlik tot grootskaalse onluste of selfs burgeroorlog kan lei.
Duitse magte storm KLM-vliegtuig
Duitse spesiale magte het Vrydag 'n KLM-straler by die Keulen-Bonnlughawe bestorm en twee verdagtes wat 'n "heilige oorlog" wou loods, gearresteer. Die Duitsers vermoed die twee het aanvalle op Duitse teikens beplan.
VSA red grootste bank in Amerikaanse geskiedenis
Die Amerikaanse regering het Donderdag die grootste bank ooit in Amerikaanse geskiedenis oorgeneem. Washington Mutual, die sinkende spaar- en uitleenbank is volgens 'n noodplan in stukke opgedeel om die Amerikaanse belastingbetaler nog pyn te spaar. Dele daarvan is aan JPMorgan Chase verkoop.
Lees verder: VSA red grootste bank in Amerikaanse geskiedenis
Barbara Hogan is die nuwe gesondheidsminister
Manto Tshabalala-Msimang, die omstrede minister van Gesondheid, is deur Barbara Anne Hogan vervang.
Nuwe party ‘kan geweld laat uitbreek’
ANC-president Jacob Zuma se eerste besoek sal aan die Oos-Kaap wees waar Mbeki se steunbasis lê. Die Zuma-kamp is bekommerd oor gerugte dat 'n inisiatief geloods is vir die stigting van 'n nuwe party. Dié party sal geskoei wees op die UDM, die United Democratic Movement, en waarskynlik baie van die DA – wat intussen onder Zille links beweeg het – se steun trek.
McBride sit sonder werk
Die Ekurhuleni Metroraad het gister besluit om van Robert McBride ontslae te raak. Beeld berig dat hy van vandag af sonder werk sal sit.
Duitsland veroordeel Amerikaanse hebsug
Duitsland het Amerika daarvan beskuldig dat hulle 'n wêreldwye finansiële krisis veroorsaak het. In die skerpste taal wat 'n bondgenoot tot
hede toe nog in die krisis gebruik het, het die Duitse minister van Finansies, Peer Steinbrueck, gesê die probleem is deur die VSA veroorsaak en sal "diep merke" aan albei kante van die Atlantiese Oseaan laat.
Zim stoei nog met vier poste
Robert Mugabe het aan die media by die VN se Algemene Vergadering gesê daar is net vier poste wat nog gevul moet word in sy kabinet. Dit is nie duidelik watter vier hy bedoel het nie.
Motlanthe is Suid-Afrika se nuwe president
Kgalema Motlanthe, die ANC se adjunk-president, is met 'n groot meerderheid verkies tot Suid-Afrika se nuwe president. Hy vervang
Thabo Mbeki wat herroep is deur die ANC en daarom bedank het.
Plaaslike bandwydte striem Suid-Afrika se IT-industrie
Suid-Afrika beklee tans die 37ste plek op 'n lys van 66 lande vir mededingendheid in die IT-sektor volgens 'n verslag van die Businees Software Alliance, BSA, se Ekonomiese Intelligensie Eenheid.
Lees verder: Plaaslike bandwydte striem Suid-Afrika se IT-industrie
