VSA red grootste bank in Amerikaanse geskiedenis

Die Amerikaanse regering het Donderdag die grootste bank ooit in Amerikaanse geskiedenis oorgeneem. Washington Mutual, die sinkende spaar- en uitleenbank is volgens 'n noodplan in stukke opgedeel om die Amerikaanse belastingbetaler nog pyn te spaar. Dele daarvan is aan JPMorgan Chase verkoop.

Die Federale Reserwe en Tesourie is al 'n geruime tyd senuweeagtig oor die lot van WaMu – soos die bank bekendstaan – en het druk toegepas dat die bank self kopers soek. Amerikaanse reguleerders het uiteindelik sonder die medewete van die bank kopers gewerf.

Die oorname en JPMorgan-ooreenkoms het trouens as 'n algehele verassing vir die bestuur van Washington Mutual gekom. Dit is die tweede keer dat die VSA se regering 'n sukkelende bank in die arms van JPMorgan dryf. In Maart het JPMorgan Bear Stearns oorgeneem wat op die rand van bankrotskap gehuiwer het.

Kenners meen dat regeringsingryping nodig was omdat die nadraai van die bank se ondergang te omvangryk en destabiliserend kon inwerk indien dit deur die Federal Deposit Insurance Corporation oorgeneem sou gewees het. 'n Banknavorser sê Washington Mutual was te groot om te vou in die gewone sin. Dit sou die reeds sinkende Federal Deposit tussen $20 en $30 miljard uit die sak gejaag het, 'n bedrag wat die FDIC nie sou kon bekostig nie.

Die bank het in April 'n kapitaalinspuiting van $5 miljard gekry, maar die uitkoms het onveranderd gebly.

детская палатка с тоннелемФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae