ANC-president Jacob Zuma se eerste besoek sal aan die Oos-Kaap wees waar Mbeki se steunbasis lê. Die Zuma-kamp is bekommerd oor gerugte dat 'n inisiatief geloods is vir die stigting van 'n nuwe party. Dié party sal geskoei wees op die UDM, die United Democratic Movement, en waarskynlik baie van die DA – wat intussen onder Zille links beweeg het – se steun trek.
Limpopo se Premier Sello Moloto, Gauteng se Premier Mbhazima Shilowa en adjunk-minister van Verdediging Mluleki George asook eertydse Ekhuruleni burgemeester Duma Nkosi is almal betrokke by die plan om 'n nuwe politieke groepering van die grond af te kry.
Al die betrokkenes het die beweringe ten sterkste ontken, maar 'n senior ANC-leier in Limpopo meen die grondslag is gelê en dat aankondigings binnekort gemaak sal word. Die idee is dat ministers wat onder Mbeki goed gevaar het, die gesigte na buite sal wees.
Mbeki sal klaarblyklik deel vorm van die groep, maar hy sal nie 'n leiersposisie beklee nie omdat dit nie moet lyk asof hy aan mag vasklou nie. Alhoewel die planne en navorsing reeds 'n gevorderde stadium bereik het, is ANC-leiers wat deel vorm van die wegbreekgroep traag om dit openbaar te maak omdat hulle vrees dat só 'n aankondiging geweld kan laat uitbreek.
школьные рубашки для девочекДанильченко