– Søren Kierkegaard.
In Beeld se By-rubriek van 14 Desember trek professor Marinus Wiechers Verwoerd se groot intellek in twyfel deur na sy beleid te verwys as ’n uitwas van Britse imperialisme en kolonialisme in ’n nuwe vorm weergegee. Wiechers pleeg ’n soort historiese karaktermoord teen Verwoerd deur te stel dat sy hele beleid puur die resultaat was van sy halsstarrigheid en dat hy nie voldoende rekbaarheid aan die politieke realiteite gehad het nie. Alhoewel daar ’n mate van waarheid skuil in hierdie opvatting, maak dit grotendeels afbreuk aan die politieke kragte waaraan Verwoerd blootgestel was, wat belangriker medebepalers vir sy beleid was.
Lees verder: Die mite van Marinus Wiechers se groot intellek

Teen dié tyd weet almal dat Jacob Zuma die ANC-leierskapsverkiesing loshande gewen het met 2 329 stemme teenoor Mbeki se 1 505. Die Zuma-faksie het ook skoonskip gemaak sover dit die res van die hoogste posisies in die party betref.