Die VSA mag dalk net nie die soort demokrasie in die wêreld kry waarvoor hulle gewens het nie. Selfs op die tuisfront in die deelstaat Wisconsin is daar populistiese roeringe. Wisconsin is waar vakbonde die diepste ingegrawe is, maar dit lyk asof die Republikeine die taai unie-greep gaan loswikkel. Populistiese winde van onrus wat oor
Nog 2 dae voor PRAAG-kongres
Daar is nog enkele plekke beskikbaar by die PRAAG-kongres wat Vrydagmiddag 25 Februarie en Saterdagoggend 26 Februarie in die noorde van Johannesburg gehou word. Klik hier vir volle besonderhede. ф.086-уФильчаков прокурор харькова
Veiligheidsmagte gryp in om Zuma te beskerm
President Jacob Zuma is Dinsdag in die Ivoorkus deur ontstoke jeugdiges, ondersteuners van presidentskandidaat Alassane Ouattara, oorval. Meer as twee dosyn pro-Ouattara jeugdiges het op Jacob Zuma se motor toegesak en Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte moes ingryp om die president te beskerm. “Zuma, Zuma, vertel die waarheid,” het die jeugdiges geskree. Zuma word gesien as ‘n ondersteuner
Onrus en Libië se energie
Libië se politieke twis het reeds begin om sy energieproduksie te kortwiek, en dit is net die begin. In teenstelling met energie in die meeste Afrika-lande, word byna al Libië se olie en aardgas binnelands geproduseer. Dit verminder ontwikkelingskoste, maar verhoog die kanse dat politieke onstabiliteit uitset kan benadeel. Libië se 1,8 miljoen vate per
Oorwinning vir die padgebruiker
“Die Vryheidsfront Plus is tevrede met die aankondiging dat die tolhekstelsel tydelik opgeskort is totdat die tariewe-kwessie opgelos is. Hierdie stap is ‘n reuse oorwinning vir die padverbruiker asook vir die alreeds oorbelaste belastingbetaler,” het adv. Anton Alberts-parlementêre woordvoerder oor Vervoer vir die Vryheidsfront Plus gesê. Dit blyk dat die besluit geneem is na ‘n
Wys Bheki en Gwen die deur
“Die Polisie kommissaris, genl. Bheki Cele en die minister van Openbare Werke, me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, moet dadelik afgedank word. Dit is duidelik uit die verslag van die Openbare Beskermer dat die tenderprosedures nie korrek gevolg is nie, dat verskeie wetgewing oortree is en dat daar nie ‘n noodsaaklikheid bestaan vir die huur van die Sanlam
Goedkoop vergifnis
Die befaamde prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het sy verleentheid met “die lang en moeilike (Reitz-)sage” vir oulaas probeer verberg met ‘n “versoeningseminaar en –seremonie” wat as deel van ‘n skikkingsooreenkoms bereik is. “‘n Wonderlike einde aan die sage,” noem Jansen dit. Die man het kennelik goeie advies van
Aardbewing skud NZ
Talle sterftes word in Nieu-Seeland gevrees nadat ‘n aardbewing wat 6.3 op die Richterskaal geregistreer het, Christchurch getref het. Geboue het ineengestort en voertuie is onder puin begrawe nadat die aardbewing Dinsdag die stad geskud het. Berigte oor slagoffers en skade is nog skraps. Volgens die polisie is daar verskeie ongevalle. Premier John Key sê
Gesels saam!
Praag wil ‘n beroep doen op lesers om saam te gesels! Ons het die afgelope paar dae gesien hoe ons aantal lesers die hoogte inskiet nadat ons berig het oor die gebeure by Paardekraal. Dankie vir die talle interessante en insiggewende insette van ons lede. Julle maak die harde werk wat ons insit om die
Brics, ‘n steen des aanstoots
Suid-Afrika het uitendelik ‘n tree gegee om tot die “elite” groepering van Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) te tel, nadat ondersteuning deur China en Rusland vir Pretoria se toetrede gekom het. Daar word verwag dat Suid-Afrika formeel aanvaar sal word as ‘n nuwe lid in April. Bric sal dan Brics word. Maar wat behels
