Van die 1860jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is gebruik gemaak van ‘n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets geskryf is soos: “I am a donkey”.
Alles in SA en VSA wentel om ras
Ek dink as ons land eers vorentoe in volslae chaos verval, gaan daar gewonder word oor al die verlore geleenthede wat nooit aangegryp is nie. Ons moes lankal ‘n rassedebat in dié land aan die gang gesit het soos wat Pat Buchanan in sy jongste rubriek It’s All About Race Now, doen. Toe ek dit
DA sal tweede stuggle uit Oos-Kaap lei
Die Oos-Kaap benodig ‘n “tweede struggle” om hom van inteel-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, Saterdag in Grahamstad gesê. Zille het uit ‘n ongepubliseerde manuskrip, deur Greg Mills, kenner op die gebied van internasionale sake, aangehaal en gesê: “Baie van Afrika het twee vryhede ervaar; die eerste van die koloniale en of
Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
Tydens ‘n spesiale bosberaad tussen die ANC en invloedryke Afrikaanse organisasies, is daar besluit dat blankes meer “struggle”-liedjies moet leer. Verreikende besluite is ook oor die herstandaardisering van Afrikaans geneem. Die bosberaad is Vrydag en Saterdag op ‘n wildsplaas naby Modimolle gehou. Verteenwoordigers van Solidariteit, Naspers, die Afrikaanse Taalraad, die Akademie en die Afrikaanse Handelsinstituut
Lees verder: Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
Nog ‘n bruine deur Akademie vereer
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het nog ‘n bruin toekenning uitgeloof, dié keer aan Zelda Jongbloed, afgetrede adjunkredakteur van Rapport. Die akademie het Vrydag bekend gemaak dat die Markus Viljoen-medalje aan Jongbloed toegeken word vir 2012. Sy word glo vereer vir haar langdurige en hoogstaande bydrae in Afrikaanse joernalistiek. Jongbloed het haarself ook
Ryksdienaar wil weet of sy ‘kaffer’ is
Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, se terugreis van die Commonwealth Africa Regional Colloquium uit Ghana, het haar duidelik onder die indruk gelaat dat sy die Empaaier dien en dienooreenkomstig behandel moet word. Die geleentheid wat Xingwana bygewoon het, Women Leaders as Agents of Change is gereël deur die Statebondsekretariaat se
Rugby: Haaie skraap deur teen Brumbies
Haaie 29, Brumbies 26 Ag, sal iemand tog met die Haaie, veral hulle agterste driehoek, hulle voorspelers en hulle losskakel praat? En ek bedoel, praat stadig met groot gebare en, indien nodig, teken prentjies. Want blykbaar verwar die regstreekse uitskopreël hulle. Telkens, wanneer hulle die bal met die afskop ontvang, dryf die voorspelers waaghalsig tot
Petrol voor Paasnaweek duurder
Die petrolprys sal voor die Paasnaweek styg met tussen 66c en 71c per liter. Die styging tree Woensdag in werking. Die departement van energie het die maandelikse brandstofprysverhogings by ‘n mediakonferensie in Midrand bekend gemaak. Motoriste sal in die binneland 71c per liter meer meer betaal vir 95 oktaan-petrol Dit sal nou R11,94 per liter
Basson het geen regte oortree nie
Kardioloog Wouter Basson het nooit menseregte of mediese etiese standaarde oortree toe hy die hoof van Suid-Afrika se chemiese oorlogvoering was nie, het die Raad vir Gesondheidsberoepe Vrydag gehoor. Voormalige geneesheer-generaal Niel Knobel het gesê hy stem nie saam met die siening van die Amerikaanse mediese etiekdeskundige Steven Miles dat Basson verskeie Wêreld Mediese Vereniging
Rugby: Cheetahs vang die Hurricanes
Dis nou maar eenmaal hoe ’n jagluiperd jag: Hy laat die prooi glip en dan haal hy hom van agter af in. Die gevolglike hoëspoedbotsing is so ontsenuend dat die slagoffer verdwaas en verwilderd gelaat word, reg vir die finale wurgslag. Wel, dit ís ’n metode, maar die sukseskoers is wisselvallig want soms as die
