Saoedi-Arabië wil ondersteuners van Sirië deporteer

Saoedi-Arabië se gesant in Libanon het gesê die koninkryk gaan Libanese burgers deporteer wat die militante groep Hezbollah ondersteun. Die koninkryk het die besluit geneem na die Hezbollah-groep se rol in die Siriese burgeroorlog. Ali Awad Assiri, Saoedi-Arabië se amabassadeur in Libanon, het Woensdagaand gesê Saoedi-Arabië sal mense deporteer wat die groep finansieel ondersteun. Hy

Lees verder: Saoedi-Arabië wil ondersteuners van Sirië deporteer

Swart inwoners in Johannesburg oproerig oor dienste

Inwoners van die Alexandra township, noord van Johannesburg, versper Londonweg met brandende bande in ‘n betoging oor swak dienslewering. ‘n Polisiewoordvoerder, Kim Cloete sê daar was nog geen geweld aangemeld nie. Sy het motoriste gewaarsku om Londonweg te vermy tot die betogers uiteen gejaag is en die pad opgeruim is. Die polisie monitor die situasie.

Lees verder: Swart inwoners in Johannesburg oproerig oor dienste

Regering verwerp Agang se onderwyskritiek

Die regering het die stigter van Agang, Mamphela Ramphele, se bewerings dat die jeug in die steek gelaat is weens wanbestuur in die onderwysstelsel, verwerp. “Die verklaring wat deur… Ramphele gemaak is oor onderwys, soos in die media berig, is nie net ongegrond nie, maar van alle waarheid ontbloot, het die departement van basiese onderwys

Lees verder: Regering verwerp Agang se onderwyskritiek

Lewer bewys van ‘bedenklike’ Libiese bates, eis Gordhan

Mense wat bewyse van Libiese fondse en bates het wat onder “bedenklike omstandighede” na Suid-Afrika gebring is, moet dit aan Libiese owerhede of die Verenigde Nasies oorhandig, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Donderdag gesê. “Niemand wat hierdie bewerings gemaak het, het nog bewys gelewer van die oordrag van hierdie bates en fondse na Suid-Afrika

Lees verder: Lewer bewys van ‘bedenklike’ Libiese bates, eis Gordhan

Stakers moet vasgevat word om kragkrisis te vermy

“Die ANC moet nou sy woord gestand doen en kragdadig optree teen stakende werkers by kragstasies om ‘n dreigende kragkrisis in Suid-Afrika af te weer,” sê mnr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se parlementêre leier. Mnr. Groenewald het vandag met ledeverklarings in die parlement gesê daar word gereeld in die aand ‘n beroep op die

Lees verder: Stakers moet vasgevat word om kragkrisis te vermy

Debat oor swart grond moet protektorate Botswana, Lesotho en Swaziland insluit – Pieter Mulder

Om ‘n sinvolle debat oor grond in Suid-Afrika te voer, en veral oor ‘n onderwerp soos die 1913-Wet op Naturellegrond wat vandag in die parlement bespreek is, moet alle feite belig word en nie net die wat sekere agendas pas nie. Dit kan ook net sin en betekenis hê indien toekomslesse daaruit geneem word. Dr.

Lees verder: Debat oor swart grond moet protektorate Botswana, Lesotho en Swaziland insluit – Pieter Mulder

3D-gedrukte kos, die toekoms

Die konsep van 3D-gedrukte kos is moeilik om te sluk, maar tegnologie kan die manier waarop ons kook rewolusionêr verander. In 2009, het Philips Design ‘n visie van die toekoms met ‘n konseptuele kosdrukker gehad wat ‘n perfek gebalanseerde maaltyd produseer met die druk van ‘n paar knoppies. Deel van ‘n navorsingsprojek wat kyk na

Lees verder: 3D-gedrukte kos, die toekoms

ANC wil grondhervorming versnel, maar ignoreer plaasmoorde

Die ANC wil grondhervorming versnel maar weier om die rasse-element in plaasmoorde te erken. Die Direkteur-Generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming, Mdu Shabane, sê die grootste struikelblok in die regstel van historiese ongeregtighede is die stadige proses van grondhervorming. Shabane sê dit is beslis nie net die regering se skuld nie, maar

Lees verder: ANC wil grondhervorming versnel, maar ignoreer plaasmoorde

Nuwe rekord vir sterk vrou

Met alle mag het Madelyn Prinsloo van Pretoria bewys dat sy moontlik die heel sterkste vrou in Suid-Afrika mag wees. Prinsloo het verlede Saterdag by die Grey Owl-winkelsentrum in Centurion gepoog om ‘n dubbel-as Mercedes Benz voorhakkertrok oor ‘n afstand van 20m te sleep asook ‘n 150kg buiteband 30 keer om te dop. “Ons het

Lees verder: Nuwe rekord vir sterk vrou

Vyf vas vir openbare geweld in Kaapstad

Vyf mense is tydens ‘n betoging in Wallacedene, Kraaifontein, Kaapstad in hegtenis geneem vir openbare geweld, het die polisie in die Wes-Kaap Donderdag gesê. “Gister [Woensdag] is ons in kennis gestel dat inwoners in die gebied betoog oor behuisingsprobleme. As deel van die betoging het hulle bande gebrand,” het kol. Thembinkosi Kinana gesê. Die polisie

Lees verder: Vyf vas vir openbare geweld in Kaapstad