Is die VSA nog ‘n regstaat?

Die Amerikaanse ingryping in Libië se burgeroorlog, ‘n intervensie wat met ‘n surplus verwarring oor vermoëns en ‘n tekort aan eerlikheid oor doelwitte afgeskop het, is besig om die oppergesag van die Amerikaanse regstelsel, en in die besonder die veelbesproke War powers Resolution uit te daag. Die vraag of die WPR goeie of slegte wetgewing

Lees verder: Is die VSA nog ‘n regstaat?

Inligtingswet – die hondjie of die halsbandjie?

Die ANC se woordverbreking en ongekende haas om ‘n hoogs omstrede wetsontwerp deur die parlement te stoomroller, kry nou algaande weer teenspoed in eie geledere. Cosatu dreig die regering nou met die grondwethof sou belangrike konsessies nie gemaak word nie, en die oud-minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, spreek bedenkinge uit. Kasrils is ‘n lid van

Lees verder: Inligtingswet – die hondjie of die halsbandjie?

Begrotingsdebatte word totaal geminag

“Begrotingsposdebatte word tans deur die parlement geminag, aangesien tot ses begrotingsdebatte per dag plaasvind en terselfdertyd vind portefeuljekomitee-vergaderings ook plaas. Die gevolg is dat begrotingsdebatte afgewater is, swak bygewoon word deur LP’s en dit voorkom asof dit nie belangrik is nie. Die begrotingsdebatte is veronderstel om die belangrikste debatte te wees, want die parlement moet

Lees verder: Begrotingsdebatte word totaal geminag

Wapenaankoopkoste het byna verdubbel

Die Weermag se Strategiese Wapenaankope-pakket gaan die belastingbetaler R55,086 miljard kos, amper dubbel soveel as die aanvanklike R30 miljard toe kontrakte gesluit is in 1998. In 2000 is die kabinet ingelig dat die wapenpakket volgens, projeksies, R43,828 miljard behoort te kos, maar nou is dit R55,086 miljard. Die rente op die lening alleen beloop tans

Lees verder: Wapenaankoopkoste het byna verdubbel

Kom in opstand!

Minister Colin Chabane en die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa het tydens ‘n mediakonferensie gepleit dat die privaatsektor meer aktief by werkskepping betrokke raak. “Hierdie beroep is lagwekkend en niksseggend. Dit is juis die ANC-jeugliga waarvan Lungisa die adjunkpresident is, se onverantwoordelike uitsprake en ondeurdagte najaag van nasionalisering wat ‘n ongunstige omgewing vir die privaatsektor in Suid-Afrika

Lees verder: Kom in opstand!

Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Die wetsontwerp wat bedoel is om kundigheid in munisipaliteite af te dwing en partypolitieke ampsdraers verbied om in senior munisipale poste te dien, is nog nie onderteken nie. Nuwe raadslede en burgemeesters van watter politieke kleur ookal wat in die pas afgelope verkiesing aangewys is, sal dus steeds beëdig kan word, al beteken dit hulle

Lees verder: Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Tolhekkostes is glo gekook

Die Vryheidsfront Plus gaan aansoek doen in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om alle dokumentasie van SANRAL/SANPAB te versoek wat sal aandui wat die werklike kostes van die Gautengse snelweg-opgradering sover is en wat die formule is wat gebruik word om die tariewe te bereken. Dit blyk uit ‘n

Lees verder: Tolhekkostes is glo gekook

50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus

Die Republiek van Suid-Afrika het vandag presies vyftig jaar gelede op 31 Mei 1961 tot stand gekom. Suid-Afrika is vandag die ekonomiese reus in Afrika en dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat die afgelope vyftig jaar deur harde werk dit moontlik gemaak het. In die eerste dekade na Republiekwording het Suid-Afrika

Lees verder: 50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus