Anton Barnard gee onlangs op Litnet ‘n uiteenseting van Saci Macozoma se onderhoud waarin hy beweer dat dit net Afrikaners is wat oor misdaad begaan is. Geruime tyd reeds is dit duidelik dat die Xhosa-heersersklas besig is om teen ons te groepeer en ook poog om die hele nie-Afrikaanse bevolking teen ons op te maak."Alle reaksionêre is papiertiere."
Die Xhosas is reaksionêr in die sin dat daar geen vernuwing in hulle denke is nie: hulle klou vas aan die swart nasionalisme en Afrosentrisme van vyftig jaar gelede, van Kwame Nkrumah en die Afro-Amerikaners. Hulle dink dat hulle op grond van beskuldigings van rassisme ons vir altyd gaan intimideer, beheer en regeer.
"’n Revolusie is nie ‘n dinee nie, of behels nie die skryf van ‘n essay, die verf van ‘n skildery of om borduurwerk te doen nie; dit kan nie so verfynd, so gemaklik en so sag wees nie, so gematig, so gaaf, galant, beperk en vrygewig nie. ‘n Revolusie is ‘n opstand, ‘n gewelddaad waarmee een klas ‘n ander omverwerp."