BHP Billiton verloor aliminiumproduksie

Die mynreus BHP Billiton verwag om meer as ‘n honderd-en-twintigduisend ton aluminiumproduksie te verloor nadat die maatskappy besluit het om drie smelters in Suid-Afrika en Mosambiek net teen halwe kapasiteit te benut om elektrisiteit te spaar.

Lees verder: BHP Billiton verloor aliminiumproduksie

Reitz-video, rassisme en transformasie

Die Reitz-kamerwoning-video oorheers nou al weke lank nuuskommentaar.

In inter-persoonlike gesprekke word verskillende menings daaroor gehuldig, toegegee dat diegene wat die video in sterk taal verwerp, klaarblyklik die oorgrote meerderheid is.

Die kritici van die video maak dit af as morsig, platvloers en onfatsoenlik. Dit is van ʼn lae intellektuele peil.

Lees verder: Reitz-video, rassisme en transformasie

Zuma gebraai deur Joodse gemeenskap

Van “oningespireerd” tot “plat op die aarde” en “vol selfvertroue” was van die wisselende menings wat deur lede van die Joodse gemeenskap oor Jacob Zuma uitgespreek is.

Zuma is genooi om by ʼn forum oor Suid-Afrika se toekoms te praat wat deur hoofrabbi Warren Goldstein aangebied is. Dit het by Investecbank in Sandton plaasgevind.

Lees verder: Zuma gebraai deur Joodse gemeenskap

Reaksie op video skadeliker as video self

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) spreek sy afkeer uit oor die fasiele en histeriese reaksies vanaf mediakommentators en onlangs, sogenaamde “prominente burgers”, oor die Reitz-video.

Afrikaners, nie swartes nie, is tans die ware slagoffers van rassisme in die nuwe Suid-Afrika. Sedert 1994 is 30 000 van hulle vermoor in swart-op-wit geweld, met tienduisende Afrikanervroue wat deur swart mans verkrag is. Naas dié onophoudelike gruweldade kom die studentevideo onbenullig voor.

Lees verder: Reaksie op video skadeliker as video self

Kovsies staak hul studies

Image

Kovsies

R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei studente in hulle finale jaar en albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, het hul studies gestaak.

Albei was betrokke was by die vervaardiging van die omstrede video wat wêreldwyd opslae gemaak het.

Lees verder: Kovsies staak hul studies

Stilte oor 100 000 blanke slagoffers in SA

ImageDit is met toenemende ergenis dat ek die voortdurende lawaai oor die sogenaamde Reitzhuis-walgvideo bekyk. Die reaksie op beide die Reitzhuis-voorval asook die skietery op Skielik oorskry alle perke van redelikheid en proporsionaliteit.

Omdat vier blanke studente ‘n video gemaak het wat kennelik in swak smaak was, maar waaraan die sogenaamde slagoffers vrywillig deelgeneem het, geen skade gely het nie en ook geen klag gaan lê het nie, raak die linkse en liberale media totaal berserk. Die reaksie in die media oorskry alle normaliteit. ‘n Voorbeeld is Christi van der Westhuizen, welbekend vir haar intense haat vir haar eie volk, wat in hierdie rubriek vra of mens die rassisme uit Afrikaners kan haal.

Lees verder: Stilte oor 100 000 blanke slagoffers in SA