Die hoof van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap het gister gesê dat klimaatsverandering veroorsaak dat groot getalle mense uit hul huise gedwing word.
Afrika maak op selfone staat vir bankwese
In die ontwikkelende wêreld wag mense vir die koms van selfoonbankwese of m-bankwese, om te vergoed vir die volslae gebrek aan takke in landelike gebiede
Twee ANC-lede deel buit van R1 miljard-kontrak
Frankryk kan nie meer sy weermag bekostig nie
Nicolas Sarkozy beplan om na die NAVO-beheer terug te keer en sal aansienlike inkortings van militêre en burgerlike verdedigingspersoneel vandag aankondig.
Jeug sal vir Zuma se onthalwe moor
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê dat die jeug van Suid-Afrika bereid is om te sterf ter ondersteuning van Jacob Zuma. Hy het gesê hulle is bereid om die wapen op te neem en dood te maak vir Zuma. Die toespraak is tydens 'n Jeugdagsaamtrek by Taba Nchu gehou.
Prys van ru-olie daal na nuwe rekord gister
Die prys van ru-olie het gister tot 'n historiese rekord van $140 per vat gestyg maar het vandag in die Verre Ooste gedaal te midde van onsekerheid oor 'n belofte van Saoedi-Arabië om produksie op te stoot, sê handelaars.
Skollie-rap beeld Brittanje se nasionale identiteit uit
'n Hip-hop-groep wat bekend staan as ZooNation sal Brittanje en Londen se nasionale identiteit uitbeeld tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese spele in Beijing. Die volgende gasheerstad vir Spele kry gewoonlik agt minute om 'n konsert gedurende die sluitingseremonie aan te bied.
Lees verder: Skollie-rap beeld Brittanje se nasionale identiteit uit
Ontvoer vir was en stryk
'n Italiaanse man is gearresteer op 'n klag dat hy sy vorige meisie vanuit 'n kroeg ontvoer het, haar huis toe geneem en gedwing het om sy klere te stryk en die skottelgoed te was, het die polisie gister gesê.
Vloede in China laat ongeveer een miljoen dakloos
Weke van gietende reën het veroorsaak dat rivier oor hul walle gestoot het in suidelike China waar 1,27 miljoen mense uit hul huise vedryf is en ander gister gedwing is om op dakke te sit in afwagting op verdere reënbuie.
Lees verder: Vloede in China laat ongeveer een miljoen dakloos
Brittanje se Noordsee-olie
Toe Margaret Thatcher as eerste minister in Brittanje oorgeneem het in 1979, was Brittanje bekend as Europa se "Siek Man". Daar was legio redes vir die Britse ekonomie se sklerose wat sedert die Tweede Wêreldoorlog geteister is deur hoë werkloosheid, relatiewe armoede, en selfs sosiale onrus. 