Die foto van Steve Hofmeyr in Beeld voor die mikrofoon met sy donkerbril en ’n vierkleur in die agtergrond gee iets weer van ons betoging Maandag teen die gebruik van die woord “Tshwane” pleks van Pretoria op die SAUK-TV. Ongeveer tweehonderd Afrikaners van alle politieke oortuigings het daaraan deelgeneem. Daarom was die geroesemoes van kleur simbolies van hierdie spontane samekoms van belanghebbendes wat nie langer met die SAUK se ge-tshwane in nuusbulletins gediend is nie.
Volkleurbetoging teen SABC se ge-tshwane

DERTIEN jaar ná die ANC-oorname in 1994 en 20 jaar ná die einde van segregasie in Suid-Afrika, verkry die debat oor “koshuisintegrasie” aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n nuwe aanskyn. Immers gaan dit nie hier om kritiek jeens segregasionistiese wetgewing soos dit in die ou Suid-Afrika, die suide van Amerika en Britse kolonies in Afrika toegepas is nie, maar om die ordening van die multikulturele samelewing wat oral ter wêreld krake begin vertoon.