Penisdiewe veroorsaak paniek in Kinshasa

ImageDie polisie in Kinshasa, die hoofstad van die Kongo, het dertien vermeende toordokters gearresteer wat daarvan beskuldig word dat hulle mans se penisse laat krimp of verdwyn het. Die polisie moes skares tot bedaring bring wat die toordokters wou ophang.

Lees verder: Penisdiewe veroorsaak paniek in Kinshasa

Eskom bederf die land met elektrisiteit aanstaande week

Eskom het gister aangekondig dat die land aanstaande week bederf gaan word met elektrisiteit sonder beurtkrag. Vanweë die groot aantal vakansiedae word verwag dat verbruik laer as die normale gaan wees sodat geen kragverminderings nodig gaan wees nie.

Lees verder: Eskom bederf die land met elektrisiteit aanstaande week

Weskaap die provinsiale misdaadkampioen

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het aangekondig dat die Weskaap die provinsie met die hoogste misdaadkoers in die land is. Daar vind meer gewapende rooftogte in Gauteng plaas, maar sowel moord as diefstal is meer algemeen in die Weskaap.

Lees verder: Weskaap die provinsiale misdaadkampioen

Joost van der Westhuizen word verhoed om seun te sien

Image

Joost en gesin

Joost van der Westhuizen, die voormalige Springbok- en Bloubulkaptein, is verhoed om sy seun te sien sokker speel by die Dainfern-gholflandgoed in Johannesburg.

Lees verder: Joost van der Westhuizen word verhoed om seun te sien

Volksmoord in Zimbabwe?

ImageEk was gisteroggend nie seker dat ek reg gelees het toe ek die eerste keer gesien het van die waarskuwing teen volksmoord in die styl van Rwanda en Burundi wat moontlik nog in Zimbabwe kan gebeur nie. En dan is dit nogal geestelike leiers wat die waarskuwing rig ook. Mense, waar is julle geloof ? Ek moes toe teruggaan en die stuk ’n tweede keer lees totdat ek heeltemal vertroud was met alles.

Dit wil voorkom asof die Afrikageestelikes ’n wesentlike vrees het dat Zimbabwe sterk op dieselfde pad is as wat sekere kleiner Afrikalande in ons onlangse geskiedenis geloop het, die een van volksmoord. Dit wil sê: die amper totale uitwissing van die minderheidsgroepe in die betrokke streek.

Lees verder: Volksmoord in Zimbabwe?

Regeringskoerant vra vir regering van nasionale eenheid in Zimbabwe

‘n Hoofartikel in die regeringsbeheerde koerant van Zimbabwe, die Herald, het voorgestel dat ‘n regering van nasionale eenheid in Zimbabwe saamgestel word om die verslegtende politieke en ekonomiese krisis te beëindig. Dit verteenwoordig ‘n afwyking van die koerant se gewone standpunt waarin hy gewoonlik die opposisie daarvan beskuldig dat hy die stemme manipuleer.

Lees verder: Regeringskoerant vra vir regering van nasionale eenheid in Zimbabwe