Die voorsitter van Media24, prof. Jakes Gerwel (66), is Woensdagoggend om 03:26 in die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier oorlede. Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het. Gerwel het in die laat 1960’s en vroeë 1970’s, betrokke geraak by die Swart Bewussynsbeweging en het gedien as
Arafat se oorskot weer begrawe
Die oorskot van die voormalige Palestynse leier, Jasser Arafat, is Dinsdag weer begrawe ná monsters geneem is om te bepaal of hy vergiftig is. “Die lykskouing is afgehandel, die graf is weer toegemaak en die monsters is aan Franse, Russiese en Switserse wetenskaplikes oorhandig,” het amptenare van die Palestynse kommissie wat Arafat se dood ondersoek,
Mulder se baas gevra om te bedank
Cope het ‘n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, af te dank. Dit volg nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, die minister daaraan skuldig bevind het dat sy die uitvoerende gesag se die etiese kode oortree het. Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson vliegtuigkaartjies van Swede
Plaasmoorde is ‘n nasionale krisis
Moorde en aanvalle op plaaseienaars in Suid-Afrika moet as ‘n nasionale krisis beskou word, het die Solidariteit-navorsingsinstituut gesê. “Plaasmoorde en aanvalle moet gesien word vir die nasionale krisis wat dit is en dus prioriteitstatus en aandag verdien,” het die instituut, in ‘n verslag wat met die hulp van verskeie kenners saamgestel is, gesê. Die verslag
Minder voltooi skool
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het daarop gewys dat meer kinders op ‘n vroeë ouderdom met hul skoolloopbane begin, maar dat minder dit voltooi. Die Instituut sê volgens Sensus 2011 is daar sedert 1996 ‘n 81 persent toename in vyf-jariges wat skool toe gaan. Daar was egter die afgelope 19 jaar ‘n nege persent afname
‘Republiek van Vulkane’
Sowat 20.000 VN-blouhelms met ‘n jaarlikse begroting van $1,5 miljard is klaarblyklik nie in staat om die konflik in die DRK te stop nie. Die vredesmag – Monusco – het die ontruiming van sy nie-noodsaaklike personeel gelas nadat die M23-rebelle Goma verower het, sonder slag of stoot bygesê. Daar was nog nooit vrede òf volskaalse
Ou vlag by die Kasteel verwyder
Nie net Riaan Cruywagen het dié week gegroet nie. Die Parlement het besluit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag nie meer by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad sal wapper nie. Maar dié stap is beskryf as “kinderagtig” deur die Vryheidsfront Plus. Gister het Mokabhe Maziya, ‘n lid van die parlement se portefeuljekomitee oor verdediging
Riaan groet vir oulaas
Haas Das se baas groet vir oulaas. Kyk hier. Hy is naas Nelson Mandela as die mees geloofwaardige Suid-Afrikaner in ‘n meningspeiling aangewys.Данильченко Харьков
Zuma is slag-gereed!
Pres. Jacob Zuma se familie het die naweek 12 koeie in ‘n ritueel geslag, het ‘n koerant berig. The Star berig die ritueel hou moontlik verband met die verlenging van sy ampstermyn voor die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung volgende maand. Volgens wat berig word het die familie Sondag die ritueel by sy Nkandla-woning gehou
DA is party vir die wittes
Die Demokratiese Alliansie is die wittes se party, het die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, Saterdag gesê. “Die DA is ‘n party van wit madams en bosses [wit base],” het Nzimande by die ANC se nominasievergadering in Durban, KwaZulu-Natal, gesê. Nzimande het ook uitgevaar teenoor diegene wat sê daar is geen leierskap in die
