PRAAG het ‘n klag teen mnr. Julius Sello Malema vir direkte en openbare aanhitsing tot volksmoord gelê by die internasionale strafhof in Den Haag. Dit volg nadat ‘n skrywe aan dr. Dan Roodt van PRAAG gerig is waarin die nasionale vervolgingsgesag bekendmaak dat hy nie vir Malema in terme van die volkereg gaan vervolg nie.
AU wil politieke oplossing in Libië sien
Die Afrika-unie het Woensdag ‘n oproep om ‘n politieke oplossing vir Libië se uitgerekte konflik gedoen. Voorstelle deur dié liggaam is tot dusver egter grootliks geïgnoreer. Die pan-Afrikaanse blok het ‘n skietstilstand gevra en dat ‘n hoë-vlak bemiddelingspan die geskil probeer bylê, maar sy pogings het min effek op die grond met Westerse magte wat
ANC-minister sak inmekaar
Die minister van sport, Fikile Mbalula, het Woensdag tydens ‘n kabinetsvergadering inmekaargesak. Die 40-jarige voormalige leier van die ANC-Jeugliga het egter die “skielike griepagtige simptome” oorkom en behoort Donderdag weer by die werk te wees, het Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, in ‘n verklaring gesê. The New Age het ‘n ongenoemde regeringsbeampte, wat by die vergadering was,
Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal
Die VF+ het reeds in April 2009 ‘n perskonferensie gehou om die beweerde korrupsie in die Midvaal-munisipaliteit onder DA-bestuur aan die kaak te stel. Jaco Mulder, Gautengse leier van die party, het daarna in November 2009, gevra dat die Gauteng regering ingryp. Die VF Plus het ‘n versoek gerig aan die LUR vir plaaslike owerhede
Lees verder: Zille het glo geweet van DA-korrupsie in Midvaal
Vreemdelinghaat prut by Medupi
Die kragreus Eskom het gesê bouwerk by sy Medupi-kragstasie in Limpopo sal voortgaan wanneer arbeidsdispute opgelos is. Die terrein is voor die verkiesing gesluit ná motors en kantore tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is. ‘n Woordvoerder van Eskom, Hillary Joffe het egter aangedui dat die onlangse chaos by die konstruksieterrein nie die 2012-sperdatum
Is daar hoop vir Afrika?
Onlangs in ‘n gesprek met ‘n sakeman van Wes-Afrika, het hy afgesluit deur die wens uit te spreek dat Suid-Afrika Afrika so kan help ontwikkel, dat Afrika meer soos Europa en Suid-Afrika kan word. “Afrika is so ver agter julle,” het hy moedeloos afgesluit. Kan Suid-Afrika dit doen? Ja. Suid-Afrika is ekonomies meer as twee
DA-munisipaliteit ondersoek vir korrupsie
President Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid versoek om Gauteng se Midvaal-munisipaliteit te ondersoek. Zuma het dié ondersoek na bewerings van korrupsie, wanbestuur en die verduistering van fondse aangevra, het die SABC berig. Die DA het dié munisipaliteit verower in die plaaslike verkiesings. Bewerings van korrupsie, wanbestuur en geldverduistering het reeds voor die verkiesing gesirkuleer.
Om in die duister gehou te word
Die verkiesing is skaars afgehandel, of blou moord word geskree dat die ANC teruggaan op sy woord oor die weglating van konsessies in die wetsontwerp oor toegang tot inligting Verslaggewers sonder Grense het reeds voor die konsessies Suid-Afrika laat tuimel op die persvryheidsindeks, en dié wetsontwerp as een van die redes daarvoor aangegee. Die ander
Steve vir president!
Volgens sekere fluisterstemme in die Afrikanergeledere is daar ‘n groot groep mense wat vir Steve Hofmeyr wil nomineer vir die VVK-verkiesing. Of dit die waarheid is of nie, weet ek nie, maar dit het my aan die dink gesit oor hoekom ons vir Steve bewonder? Nee, hy is nie noodwendige ‘n “geliefde” van die volk
VN waarsku Nigerië oor hoë geboortesyfer
‘n Spesiale adviseur van Ban Ki-moon, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, het Nigerië Maandag gewaarsku teen ‘n bevolkingsontploffing. Hy meen die huidige bevolking van 158 miljoen kan teen die jaar 2100 groei tot 730 miljoen. “Ek is regtig bekommerd oor ‘n bevolkingsontploffing in Nigerië. Dit is nie gesond nie. Nigerië moet mik om ‘n maksimum
