Die regering moet Anglo American Platinum (Amplats) nasionaliseer as hy wil met die voorgestelde afdanking van 14 000 werkers voortgaan, het die vakbond Amcu Donderdag gesê. “As Anglo voortgaan met die afdankings is dit ‘n geleentheid vir die regering om daardie myne te neem en hulle te nasionaliseer,” het Joseph Mathunjwa, president van die mynwerkersvakbond
Weduwee dagvaar sielkundige van Batman-skieter
Die weduwee van een van die slagoffers wat in Julie verlede jaar doodgeskiet is by die première van ‘n nuwe Batman-film, gaan ‘n sielkundige wat die skieter behandel het, vir nalatigheid dagvaar. Sy voer aan dat die sielkundige nie die skieter by die polisie aangemeld het nie, ten spyte daarvan dat sy geweet het hy
Fietsryer erken net opkikker-episode
Die fietsryer Lance Armstrong het erken dat hy verbode opkikkermiddels gebruik het tussen 1999 en 2005 toe hy die Tour de France fietswedren sewe keer gewen het. Hy het egter ontken dat hy die middels tydens sy terugkeer na die sport in 2009 gebruik het. Armtrong het aan die Amerikaanse kletsprogram-aanbieder Oprah Winfrey
MRK ondersoek geweld teen oproeriges
Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie ondersoek minstens 20 klagte van geweld teen stakende plaaswerkers in die Wes-Kaap, het die kommissie Donderdag gesê. “Minstens 20 klagtes is ingedien, maar ons tel nog die nuutstes. Hierdie klagtes is teen die polisie, boere en privaat veiligheidsbeamptes,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, gesê. Hy sê werkers het gevalle van
Duisende stakers op N1, Weskaap
Duisende stakende plaaswerkers het Donderdagmiddag op die N1 in De Doorns aan ‘n protesoptog deelgeneem, het die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) gesê. Hulle het by plase op die pad gepoog om meer stakendes te werf. “Ek lei die opmars en daar is duisende van ons hier wat gelei word deur
Obama se nuwe kreet
President Obama se tweede inhuldigingsgeleentheid op 21 Januarie 2013 sal saamval met die nasionale vakansiedag van Martin Luther King Jr. in die VSA.лобановский обыск
Ehrenreich blaas geweld aan
“Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, blaas geweld aan met sy stelling van ‘die grondoorlog kom binnekort’. Daardeur sê hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap nie oor lone gaan nie, maar oor grond. Uitsprake soos hierdie grens aan haatspraak en moedig geweld aan. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Zuma
Bundesbank vra goud van VSA, Frankryk terug
Duitsland se sentrale bank eis van sy groot goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug. Die stap volg na ‘n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit “fisies nagegaan” is nie. Die Bundesbank het planne aangekondig om sy hele 374-ton goud te onttrek van die Bank
Pakskuur brand, bruin werkers droom van R150
Gerrit de Beer, finansiële hoof van die Le Roux-boerdery groep, sê etlike miljoene rande se skade is aangerig nadat ‘n “groot en baie moderne” pruimpakskuur vroeg Woensdagoggend op die plaas Sandrivier naby Wellington in ‘n brand beskadig is. Die kantoor en koelkamers wat deel van die pakskuur vorm, het behoue gebly. Die voorraad wat in
Mali-konflik eis eerste Brit
Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, het Donderdag bevestig dat ‘n Brit dood is in ‘n aanval op ‘n gasveld in die ooste van Algerië. Hague het verder gesê enige verband met die krisis in Mali is ‘n verskoning vir “koelbloedige moord”. “Hoewel ek die dood van ‘n Britse burgerlike kan bevestig, kan
