Weduwee dagvaar sielkundige van Batman-skieter

Die weduwee van een van die slagoffers wat in Julie verlede jaar doodgeskiet is by die première van ‘n nuwe Batman-film, gaan ‘n sielkundige wat die skieter behandel het, vir nalatigheid dagvaar.

Sy voer aan dat die sielkundige nie die skieter by die polisie aangemeld het nie, ten spyte daarvan dat sy geweet het hy het gefantaseer oor hoe hy baie mense gaan vermoor.

Die dagvaarding, wat ook teen die universiteit van Colorado gebring is, beweer dat dr. Lynne Fenton die kampuspolisie in kennis gestel het van haar bekommernis oor James Holmes ná hy haar in Junie 2012 van sy fantasieë vertel het.

Die kampuspolisie het glo toe aangebied om Holmes in hegtenis te neem, maar Fenton het nee gesê. Die skietery by die rolprentteater het ‘n paar weke later plaasgevind.

Holmes is die Amerikaanse student wat in Julie na bewering 12 mense doodgeskiet en 58 gewond het by ‘n rolprentteater in Aurora, Colorado.

Fenton het geweet Holmes is ‘n gevaar en moes die publiek teen Holmes beskerm, lui dokumente wat deur Chantel Blunk, wie se man Jonathan in die skietery dood is, ingedien is.

Die hof het verlede week beslis dat die 25-jarige Holmes geskik is om verhoor te word.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae