Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het op versoek van president Zuma bedank. Die oud-regter het aan Die Burger gesê sy besluit was in landsbelang. Dit is nog nie seker of die talle bewerings ivm korrupsie en omkoopgeld wat gedurende Heath se baie kort termyn gemaak is, ondersoek sal word nie.
Polisiekaptein wat uniforms, ammunisie verkoop vas
‘n Polisievrou wat in hegtenis geneem is nadat sy na bewering polisie-uniforms en ammunisie verkoop het, het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn, het die SABC berig. Esmerelda Bailey en haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks, sal na verwagting Woensdag ‘n formele aansoek om borgtog bring. Die Valke het Bailey meer as ‘n week gelede in hegtenis geneem.
Lees verder: Polisiekaptein wat uniforms, ammunisie verkoop vas
Paaie eis meer as 500 in Desember
Padongelukke het Maandag reeds sowat 500 lewens sedert 1 Desember in Suid-Afrika geëis. Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het motoriste gevra om geduldig te bly en verkeersbeamptes met die nodige agting te behandel. Die publiek beledig glo dikwels verkeersbeamptes. Ismail het nie kommentaar gelewer oor die bevoegdheid van sekere beamptes nie. “Verkeersbeamptes het ‘n
Twee van Waterkloof vry
Twee lede van die groep bekend as die Waterkloof-vier is Maandag uit die Zonderwater-tronk in Pretoria vrygelaat, het die departement van korrektiewe dienste (DKD) gesê. “Hulle is in die proses om vrygelaat te word, het Zacharia Modise, die DKD se adjunk-hoofkommissaris van korreksies, omstreeks 13:30 Maandagmiddag gesê. Hy het gesê Gert van Schalkwyk en Reinach
Grondeisehofregter en guerrilla-oorlogspesialis oorlede
Regter-president van die Grondeisehof, Fikile Bam, is Sondag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede, het die SAUK radionuus berig. Bam (74) het glo aan kanker gely vir baie jare. Bam is in die Oos-Kaap gebore en het regte studeer aan die Universiteit van Kaapstad vanaf 1960. Bam was ‘n lid van die Yu-Chi Chan Club
Lees verder: Grondeisehofregter en guerrilla-oorlogspesialis oorlede
Malema is terug, met hare
Beleërde ANC-jeugliga president Julius Malema en sy belangrike bondgenoot, Cassel Mathale, het die eerste ronde gewen in wat waarskynlik ‘n bitter stryd gaan wees in Mangaung. Mathale is Sondag herverkies is tot provinsiale voorsitter van Limpopo. Die ANC in Limpopo se verkiesingskonferensie gaan Maandag voort, met die verkiesing van 20 provinsiale uitvoerende komitee-lede. Die konferensie
Tsjegge rou oor Havel
Huldeblyke stroom van regdeur die wêreld in vir die ontslape Tsjeggiese-leier, Waslaf Havel wat gister oorlede is. Hy was onder meer bekend vir sy ‘Fluweel-rewolusie’ wat in 1989 tot die einde van Sowjet-kommunisme in die destydse Tsjeggo-Slowakye gelei het. Amerika se president Barack Obama het Havel geloof vir wat hy genoem het, sy vreedsame weerstand
Kim Jong Il oorlede
Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Il, is in die ouderdom van 69 oorlede. Die nuus van sy dood is deur die land se staatstelevisie uitgesaai. Hy het in 2008 volgens destydse gerugte ‘n beroerte gehad, hoewel hy in foto’s en beeldmateriaal relatief gesond voorgekom het. Die leier het ‘n groot liefde vir sigare, konjak en
Hollandse koerante in die Kaapkolonie
Baie Kaapse Afrikaners was omstreeks 1855 nog onverskillig teenoor die politiek en die verontregting van hul taal. Die Engelssprekendes wat aktief was in die politiek, was bang dat die Afrikaners hulle sou oorheers. So was baie Engelssprekende liberale in die westelike distrikte gekant teen die bepaling dat alle mans kon stem, mits hulle eiendom van
Identiteitsoorlog en geskiedenis
Twee dae gelede is Geloftedag gevier, met die verskil dat ‘n pad tussen die ANC se Vryheidsmonument en die Voortrekkermonument deur president Jaco Zuma geopen is, kwansuis om die “versoening” tussen die Afrikaner en die ANC-alliansie te simboliseer. Met die afskaffing van Republiekdag op 31 Mei, het 16 Desember die belangrikste Afrikaner- patriotiese dag geword,
