Die Suid-Afrikaanse rolprent Fanie’s Lobola het nog ‘n toekenning gekry. Die rolprent is op ‘n boek deur Kleinboer, getiteld Kontrei, geskoei. Die rolprent is by die Seatle internasionale filmfees, die grootste rolprentfees in die VSA, as die gehoor se gunsteling aangewys. Die rolprent deur Henk Pretorius is reeds by die Sedoda Internasionale filmfees in Arizona
Jeugliga laat meer as R100 miljoen verdwyn
Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, se kool- en tamatieplaas is Maandag vir R2,5 miljoen verkoop, berig enca.com. Die plaas is sowat R4 miljoen werd. In Mei is Malema se halfvoltooide huis in Sandown, Johannesburg, vir R5,9 miljoen verkoop op ‘n veiling wat die kurator vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gereël het. Malema skuld
SA, EU vergader agter geslote deure oor sitrus
Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale verhoudinge, en die Europese Kommissie se vise-president Barones Catherine Ashton het Maandag sitrusinvoere bespreek. “Ja, ons is besig op die sitruskwessie en daar is ‘n onderneming, en produsente sal steeds betrokke wees,” het Mashabane het aan verslaggewers gesê in België. “Onderhandelinge is reeds versnel, en wetenskaplike navorsing sal voortgaan [in
Mandela ernstig, maar bestendig
Die presidensie het Maandag bevestig dat pres. Jacob Zuma die oudpresident Nelson Mandela in die hospitaal gaan besoek, berig Eyewitness News. Die presidensie het vroeër ‘n verklaring uitgereik oor Mandela se gesondheidstoestand wat steeds onveranderd bly. Mandela is vroeg Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem. Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het ook berigte ontken dat slegs Mandela
Swartes se grondaansprake onrealisties en opruiend
“Lulu Johnson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou in die parlement, se stelling dat niemand in die verlede uit Europa hier aangekom het met grond op ‘n skip nie, kan nie onaangeveg gelaat word nie,” sê mnr. Werner Weber, die VF Plus se woordvoerder oor grondsake en provinsiale leier in Mpumalanga. Volgens Weber is die
Lees verder: Swartes se grondaansprake onrealisties en opruiend
Hou op kla, sê Ramaphosa
Cyril Ramaphosa, adjunk-president van die ANC, het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om op te hou kla oor die probleme in die land, het die Sunday Times berig. “Suid-Afrikaners moet daarvan wegskram om die grootste klakouse te wees,” het hy die naweek in ‘n toespraak aan die Black Management Forum (BMF) gesê. Ramaphosa sê Suid-Afrikaners
Swak rand wek kommer
Die skerp daling in die waarde van die rand kan die tekstielbedryf negatief raak, het die Kaapse Sakekamer Vrydag gewaarsku. “In die Wes-Kaap sal die klerebedryf meer moet betaal vir die invoer van materiaal, en omdat 80% van die materiaal wat gebruik word, ingevoer word, kan dit die bedryf skade berokken,” het Viola Manuel, hoof
Siriese rebelle skiet kind
Islamitiese rebelle wat teen die Siriese regering veg, het ‘n 15-jarige seun voor sy ouers en broers doodgeskiet nadat hulle hom van lastering teen Allah beskuldig het. Die Siriese direkteur vir Menseregte, Rami Abdel Rahman sê die seun het as ‘n koffieverkoper in die stad Aleppo gewerk. Hy het die seun se teregstelling as ‘n
Vrou in koele bloede doodgeskiet
‘n Vrou is die naweek op ‘n plaas naby Gravelotte in Limpopo doodgeskiet. Kol. Ronel Otto sê Melinda Bam (30) en haar vriend het in die bed gelê toe drie of vier mans die kamer binnegestap het. Die voorval het Saterdagoggend net ná 01:00 plaasgevind. Die aanvallers het die vrou doodgeskiet, terwyl die man in
Geen nuus van Mandela nie
Oudpresident Nelson Mandela het vir ‘n derde nag in ‘n hospitaal in Pretoria deurgebring sonder dat enige verdere inligting oor sy toestand bekendgemaak is. Volgens berigte het Mandela se mediese span aangedui dat hulle verkies om slegs bekend te maak as daar ‘n belangrike verandering in sy toestand is. Die oudpresident sukkel weer met ‘n
