Die ANC in die Oos-Kaap vra dat Suid-Afrikaanse wyn geboikot word. Dié oproep kom te midde van ‘n voortslepende staking deur plaaswerkers wat beter lone en werkstoestande eis. Mlibo Qoboshiyane, woordvoerder van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê mense sal die uitbuiting van werkers ondersteun indien hulle aanhou om wyn, wat in Suid-Afrika gemaak
Sasco moet aanhitsing by Tuks staak
“SASCO (South African Student Congress) se “Rassisme is Misdaad-veldtog”, is nog ‘n poging van die beweging om ANC-beleid op studente af te dwing en onverdraagsaamheid aan te hits”, sê John-Pierre Erasmus, voorsitter van VF Plus Tas. Die veldtog is vanoggend op die Tukkie-kampus in Pretoria geloods. “‘n SASCO-dokument is in aanloop van die loodsing by
Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie
Die minister van vervoer, mnr. Sbu Ndebele, het in ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts in die parlement weer eens bevestig dat geen kennisgewing van padverkeersoortredings per gewone pos afgelewer mag word nie, maar ingevolge artikel 30 van die wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, (AARTO), wet 46 van 1998, slegs
Lees verder: Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie
VF+ wil klag by MRK lê oor Cosatu-uitspraak
Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na die geldigheid van stellings wat aan mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, toegedig word. Volgens sms-boodskappe wat die party ontvang het asook aanhalings wat op die Facebook-blad van “Cape Independence from South Africa” geplaas is, het mnr. Ehrenreich
Boere volg vrye mark, arbeid nie
Na aanleiding van die onrus by De Doorns, het die Minister van Landbou TLU SA, saam met ander rolspelers in georganiseerde landbou, ontbied oor ‘n gesprek rondom minimum lone in die landbou. TLU SA se standpunt was dat daar nie eensydig na die minimum loon van werkers in De Doorns gekyk kan word nie. Die
Mandela-noot reeds vervals
Die eienaar van ‘n drankwinkel in Landanna, Polokwane, waarsku dat die nuwe banknote wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank vrygestel is, reeds deur skelms vervals is. Cuan Crouch, eienaar van New Era Bottelstoor, het gesê hy het Woensdagaand toe hy die daaglikse rekonsiliasies begin doen, ‘n vals R100-noot opgemerk. “Die note is maar slegs ‘n
Duisende wil Oz-sonsverduistering sien
Duisende mense stroom na die noorde van Australië om ‘n seldsame sonsverduistering te sien wat slegs een keer elke een-duisend-300 jaar in die gebied voorkom. Sowat 60 000 besoekers sal more in die duister wees wanneer die son, maan en aarde in ‘n ry agter mekaar inbeweeg. Vanaf sonsopkoms sal die maan geleidelik voor die
Rioolstorting bedreig Brits-besproeiingskemas
‘n Rioolstorting in die Jukskeirivier van Noord-Afval Waterwerke is die ergste in 25 jaar. ‘n Omgewingskonsultant en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, Paul Fairall, het gesê die rioolkrisis het op 24 Oktober begin. Baie omgewings- en openbare gesondheidsaktiviste is kwaad oor die stadige reaksie van Johannesburg Water. “Die rioolbesoedeling wat die vlak van
St. Francisbaai: Forensiese ondersoek kom
‘n Brand het 76 huise in St. Francisbaai in die Oos-Kaap beskadig of vernietig, het die Kouga-munisipaliteit gesê, maar die oorsaak van die brand is nog nie amptelik ondersoek nie. “Die aantal huise wat verwoes of beskadig is deur gisteraand se brand, is op 76 gestel,” het Laura-Leigh Randall, ‘n woordvoerder, gesê. “Die oorsaak van
Skilderye gesteel by Pretoria-kunsmuseum
Die Pretoria-kunsmuseum is Maandag voorlopig gesluit nadat gewapende rowers skilderye ter waarde van R17,5 miljoen gesteel het. Pieter de Necker, woordvoerder vir die burgemeester, het gesê die museum sal op 20 November heropen. “Die kunsmuseum het voorkomende maatreëls ingestel deur ander waardevolle stukke te verwyder tot die polisie se ondersoek voltooi is,” het hy gesê.
