Duisende wil Oz-sonsverduistering sien

Duisende mense stroom na die noorde van Australië om ‘n seldsame sonsverduistering te sien wat slegs een keer elke een-duisend-300 jaar in die gebied voorkom.

Sowat 60 000 besoekers sal more in die duister wees wanneer die son, maan en aarde in ‘n ry agter mekaar inbeweeg.

Vanaf sonsopkoms sal die maan geleidelik voor die son in beweeg.

Op die Australiese vasteland sal die sonsverduistering slegs twee minute en vyf sekondes duur. Die beste plek om die verskynsel te sien is tussen Cairns en Port Douglas naby die Groot Barrière-rif.

Toergidse sê van kampeerterreine tot vyfster-hotelle is vol bespreek.

александр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae